OPENBARINGE 1 TOT 200 AAN BERTUS HANEKOM
BERTUS HANEKOM

Hoofstuk 45

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200.

6 Desember 2007 om 00h05
Ek, jou Vader, het jou ‘n lewensboodskap gegee om met ander te deel.
Toe jy ‘n gelowige geword het, het jy ook My boodskapper geword. Ek wil deur jou met die wêreld praat. Paulus het ook gesê: “Ons verkondig die woord in opregtheid, in verbondenheid met Christus, in opdrag van My, julle Vader, en in verantwoordelikheid aan My.”
Jy voel miskien jy het niks wat jy kan deel nie, maar dis die duiwel wat jou mond probeer snoer. Jy het ‘n rykdom aan ervarings wat Ek wil gebruik om ander mense deel van My familie te maak. Die Bybel sê: “Wie in die Seun van My, julle Vader glo, besit die getuienis in jou hart...” Kyk, jou lewensboodskap bestaan uit vier dele:
1)                  Jou getuienis: Die storie van hoe jy ‘n verhouding met My begin het.
2)                  Jou lewenslesse: Die belangrikste lese wat Ek jou geleer het.
3)                  Jou Goddelike passies: Die dinge waaroor Ek jou die meeste laat omgee.
4)                  Die Blye Boodskap: Die boodskap van verlossing.
 
1)                  Jou getuienis: Die storie van hoe jy ‘n verhouding met My begin het.
Jou lewensboodskap sluit jou getuienis in. Jou getuienis is die storie van hoe Christus ‘n verskil in jou lewe gemaak het. Petrus vertel julle dat julle deur My gekies is om “die verlossingsdade te verkondig van My wat julle uit die duisternis geroep het na My wonderbare lig”. Dit is die wese van getuienis – dat jy eenvoudig jou persoonlike ervarings met die Vader deel. Jesus het gesê: “... julle sal My getuies wees ...” en nie “julle sal My advokate wees” nie.
Jou getuienis is ‘n noodsaaklike deel van jou sending op aarde, want dit is uniek. Ja, jou persoonlike getuienis is eintlik doeltreffender as ‘n preek.
 
2)                  Jou lewenslesse: Die belangrikste lese wat Ek jou geleer het.
Jou lewensboodskap sluit jou lewenslesse in. Dit is die waarhede wat Ek jou uit ervarings met My geleer het. Dit is lesse en insigte wat jy oor My, verhoudings, probleme, versoekings en ander aspekte van die lewe gekry het. Die Bybel sê die volgende oor die Israeliete: “Talle kere het Ek, die Vader, My volk gered, maar hulle het opstandig gebly en dieper in hulle sonde weggesink.”
Dis goed om uit ervaring te leer, maar dis verstandiger om uit ander mense se ervarings te leer. Julle moet uit mekaar se lewenslesse leer. Het jy werklik nagedink oor jou lewenslesse? Hier is enkele vrae om jou geheue te verfris en jou aan die gang te kry:
Wat het Ek jou uit mislukkings geleer?
Wat het Ek jou uit ‘n gebrek aan geld geleer?
Wat het Ek jou uit pyn of hartseer of depressie geleer?
Wat het Ek jou uit siekte geleer?
Wat het Ek jou uit teleurstellings geleer?
 
3)                  Jou lewenslesse: Die belangrikste lese wat Ek jou geleer het.
Jou lewensboodskap sluit in dat jy oor jou goddelike passies praat. Wanneer jy nader aan My groei, gaan Ek jou ‘n passie vir iets gee waaroor Ek so baie omgee, dat jy vir My ‘n woordvoerder in die wêreld kan word. Dis miskien ‘n passie oor ‘n probleem, beginsel, of groep mense. Maak nie saak wat dit is nie – jy gaan voel jy moet net daaroor praat en alles in jou vermoë doen om ‘n verskil te probeer maak.
Ja, jy kan eenvoudig nie ophou praat oor dit waaroor jy die meeste omgee nie. Jesus het gesê: “Waar die hart van vol is, loop die mond van oor.” Twee voorbeelde is Dawid, wat gesê het: “Omdat ek U huis liefhet, moet ek ly ...” en Jeremia, wat gesê het: “En wanneer ek dink ek sal my nie aan Hom steur nie en nie meer in sy Naam praat nie, dan word dit in my soos ‘n vuur wat brand.”
Kyk, Ek gee sommiges ‘n goddelike passie om ‘n saak voor te staan. Dis dikwels ‘n probleem wat jyself ervaar het, soos mishandeling, verslawing, onvrugbaarheid, depressie of ‘n ander siekte. Soms gee Ek julle ‘n passie om namens ‘n groep te praat wat nie vir hulself kan opkom nie: Ongeborenes, vervolgdes, armes, gevangenes, mishandeldes, benadeeldes of mense wat geregtigheid ontsê word. Ja, die Bybel wemel van opdragte om die weerloses te verdedig. Ek gebruik julle met passie om My koninkryk te bevorder.
Ek gee julle verskillende passies, sodat alles wat Ek in die wêreld gedoen wil hê, gedoen sal word. Julle moet eerder na mekaar se lewensboodskappe luister en dit waardeer, want niemand kan alles sê nie. Moet iemand anders se goddelike passie nooit verkleineer nie. Die Bybel sê: “Om jou vir ‘n goeie saak te beywer, is goed, maar dan moet dit altyd die geval wees en nie net as Ek by julle is nie.”
 
4)                  Jou lewenslesse: Die belangrikste lese wat Ek jou geleer het.
Jou lewensboodskap sluit die Blye Boodskap in. Wat is die Blye Boodskap? “In die evangelie kom juis tot openbaring dat Ek julle van julle sondes vryspreek enkel en alleen omdat julle glo.” “Die boodskap van versoening bestaan daarin dat Ek, deur Christus, die wêreld met Homself versoen het en julle oortredinge nie toegereken nie. Die boodskap van versoening het Hy (Christus) aan julle toevertrou.” Die Blye Boodskap van versoening is dat wanneer ons vertrou dat Ek, jou Vader, se genade jou red, danksy wat Christus gedoen het, word jou sondes vergewe, kry julle ‘n rede om te lewe, en word julle ‘n toekomstige tuiste in die hemel belowe. Die heel belangrikste is dat jy moet leer om mense lief te hê soos Ek julle liefhet.
Ek het nog nooit iemand gemaak vir wie Ek nie lief is nie. Almal maak vir My saak. Julle moet vir ongelowiges omgee, want Ek doen dit, die liefde gee julle geen keuse nie. As jy bang is om die Blye Boodskap met ander mense te deel, moet jy My vra om jou met liefde vir hulle vol te maak. Solank jy van selfs net een persoon weet wat My nie ken nie, moet jy vir hom bly bid, hom in liefde dien, en die Blye Boodskap deel.
Wat is jy gewillig om te doen sodat die mense wat jy ken, hemel toe kan gaan? Gaan jy hulle kerk toe nooi? Jou storie vertel? Hulle vir ete uitneem? Elke dag vir hulle bid totdat hulle gered word? Jou sendingveld strek orals om jou uit. Moenie die geleenthede wat Ek jou gee, verbrou nie.
Gaan iemand danksy jou hemel toe? Sal iemand in die hemel kan sê: “Ek wil jou bedank. Ek is hier omdat jy genoeg omgegee het om die Blye Boodskap met my te deel”? Dink hoe wonderlik dit gaan wees om in die hemel mense te groet wat danksy jou daar is. Die ewige redding van ‘n enkele siel is belangriker as enigiets anders wat jy in die lewe sal bereik.
Jy het nou gelees van My vyf doelwitte met jou lewe op aarde: Ek het jou gemaak om ‘n lid van My familie te wees; om ‘n model van My karakter te wees, om My glorie te vergroot, om ‘n bediener van My genade te wees, en om ‘n boodskapper van My Blye Boodskap aan ander mense te wees. Kyk, van die vyf doelwitte kan die vyfde net op aarde geskied. Jy gaan die ander vier op die een of ander manier steeds in die ewigheid doen. Dis waarom dit so belangrik is om die Blye Boodskap te versprei. Ja, jy het maar net ‘n kort rukkie om jou lewensboodskap te deel en jou sending te vervul. Wees lief vir My.
Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205