OPENBARINGE 1 TOT 200 AAN BERTUS HANEKOM
BERTUS HANEKOM

Hoofstuk 37

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200.

Om vir God weg te kruip
03/12/07 om 21h00
Ja, nie elkeen wat vir My sê: “Vader, Vader”, sal in die koninkryk van die hemel ingaan nie, maar net hy wat die wil doen van jou Vader wat in die hemel is.
Dit is reg ja, julle kruip op baie plekke vir My weg; agter julle werk; agter julle vermaaklikheid en plesier; agter julle sonde; selfs agter julle twyfel. Maar die gevaarlikste wegkruipplek is agter die godsdiens, juis omdat julle wat dit doen, dikwels nie bewus is dat julle dit doen nie.
Terwille van julle eie veiligheid en vrede moet julle baie duidelik die versoekings uitken wat die wegkruip agter die godsdiens vir julle inhou:
Daar is die versoeking om van godsdiens ‘n tydverdryf of stokperdjie te maak. Dan word julle godsdiens iets wat in die lug hang; ‘n doel op sigself wat met julle alledaagse lewe niks te doen het nie.
Daar is die versoeking om in ‘n uiterlike vormgodsdiens te verval. Sommige van julle kom nooit tot ‘n ware, lewende, dinamiese geloofslewe nie. Jy kan jou verbly in die nakoming van al die uiterlike eise van die godsdiens, sonder om deur te dring tot geloofsoorgawe. Ware godsdiens gaan nie om die uiterlike dinge nie – hoewel hierdie dinge nie woordeloos is nie. Belangrikste egter is wat in jou hart gebeur en wat jou verhouding met My, die Verlosser, is. Uiterlike moet nooit die eindpunt van jou godsdiens word nie.
Die versoeking om juis deur julle godsdiens onverdraagsaam te word, is nie ‘n verdigsel nie. Een van die deugde wat julle as ware Christene moet kenmerk, is die vermoë om verdraagsaam te wees. Te veel bloedvergieting en haat is al in die naam van godsdiens goedgepraat. Ja, Ek sou baie eensaam gewees het, as die tollenaars en sondaars nie My vriende was nie. Die Heilige Gees het die vroeë kerk gedwing om uit sy bekrompenheid uit te breek en om die hele wêreld voorwerp van die Blye Boodskap te maak.
Ja, daar is die gewaar dat julle deur julle godsdiens alles wat nuut is, kan weerstaan. Godsdiens was die bewaarder van al die onvervangbare waardes uit die verlede. Dit is goed en reg. Maar dit moet nooit ‘n struikelblok word sodat Ek nie My kinders tot nuwe waarheid, nuwe insigte en nuwe lewenswyse kan lei nie.
Ek het op aarde vir julle kom wys hoe om julle godsdiens in gees en waarheid uit te leef. Ja, Ek sal julle weer help om My voorbeeld te volg deur die krag van My Heilige Gees.
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205