OPENBARINGE 1 TOT 200 AAN BERTUS HANEKOM
BERTUS HANEKOM

Hoofstuk 113

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200.

Openbaring 113
Moenie terugdraai nie.
31/12/2007 om 03h55
Vir My dissipels was die lewe saam met My baie opwindend en hulle was getuies van baie van My magtige dade en wonderwerke. Ja, hulle was ook by My toe skares om My saamgedrom het om te luister wat Ek sê en leer.
Hulle entoesiasme het egter skielik begin te kwyn. Hulle het vir ‘n wyle tot stilstand gekom om te dink en twyfel het in hulle binneste begin knaag. Die opgewondenheid het plek gemaak vir kommer; in so ‘n mate dat baie besluit het om nie meer saam met My te wandel nie. Hulle het belangstelling verloor en weer teruggedraai na hulle ou lewens.
As jy eers die liefde van My in jou lewe ondervind het; as jy My krag in jou lewe ervaar het; as jy daagliks in My teenwoordigheid gewandel het en dan toegelaat het dat hierdie wonderlike gebeurtenis niks meer as pragtige herinneringe geword het nie, dan beleef jy waarlik ‘n groot tragedie.  
Min mense is tevrede met hierdie ongelukkige situasie, want julle weet wat julle eenmaal besit het en julle word uitgedaag om te word wat julle eenmaal was. Dieselfde uitdagings konfronteer julle nog en die versoeking om om te draai is vir elke gelowige ‘n werklikheid. Intussen probeer die duiwel die saad van twyfel en ontmoediging saai. Om te weet dat julle eenmaal in diep waters van My genade was, kan julle nooit tevrede wees om in die modderwater rond te ploeter nie. Dit is nie My wil dat enigiemand van My geskei moet word nie. Moenie wegdraai nie, maar stel liewer jou lewe oop vir die invloed van die Heilige Gees. Wees egter daarvan seker, dat indien jy na My toe terugkeer, Ek reeds vir jou wag met die uitgestrekte arm van My Seun, Messias aan die kruis. As jy van die verkeerde pad wil afdraai, sal jy al die krag en liefde van My ontvang om dit te doen en te volhard daarin. Ek sal jou die vermoë gee om My tot die einde toe te volg.
Wie ookal een tree na My beweeg, vind uit dat Ek twee treë na jou beweeg. Selfondersoek beteken nooit om iets prys te gee nie, want iets wat jy opgee, behalwe jou sondes, is ‘n verlies. Ek, julle Hemelse Vader en Meester vra van julle slegs om die verkeerde dinge van die wêreld prys te gee in ruil vir dinge wat baie beter is.
Die hemel sal die eindelose beloning wees vir elkeen wat die hemel in sy hart dra.
So spreek Ek, julle Elohim.
Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205