OPENBARINGE 1 TOT 200 AAN BERTUS HANEKOM
BERTUS HANEKOM

Hoofstuk 68

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200.

Openbaring 68
Diepteverskil tussen ‘n graf en ‘n groef.
14 Desember 2007 om 00h15
Julle gebruik almal dikwels die verskoning: “Ek is te besig. Ek het nie tyd nie!” Besig waarmee? Nie tyd waarvoor nie? Wanneer jy jou prioriteite probeer bepaal, vind jy dat jy dikwels besig bly met onbenullighede wat niks bydra tot die kwaliteit van jou lewe nie. As jy te besig is om op My te vertrou, is jy inderdaad te besig.
Kyk, die Griekse mitologie vertel van ‘n koning van Korinte met die naam Sisyphus. Hy was verwaand, trots en hoogmoedig. As gevolg daarvan het Zeus hom ‘n sware straf opgelê: Hy moes ‘n groot marmerrots met sy kaal hande teen ‘n steil heuwel uitstoot. Hy het vroeg die oggend begin. Teen sononder was hy feitlik op die kruin toe die rots op ‘n onverklaarbare wyse uit sy hande gly en afrol na die vallei. Die volgende oggend het hy weer probeer, maar met dieselfde tragiese gevolge. So het dit elke dag gegaan. Hy het sy krag gemors op ‘n sinnelose taak.
Die opwindende, die avontuurlike, die nuwe, het vir hom uit die lewe verdwyn. Hy het die slaaf geword van ‘n sieldodende roetine. Elke dag was vir hom die sinlose herhaling van ‘n eentonige patroon: Met moeite opstaan; traag na werk gaan; gefrustreerd gaan slaap. Dag in en dag uit; jaar in en jaar uit.
Jy is so besig; jy het nie die tyd nie! Wat is die antwoord op hierdie troostelose opstaan-en-gaan-werk, hierdie hunkering na vernuwing en verlange na avontuur. Daar is net een antwoord en dit is Ek, julle Vader. Die wat op My vertrou, kry nuwe krag. Julle moet tyd maak om by die Goddelike kragstasie uit te kom, sodat jy daagliks jou lewe en jou ideale kan herlaai met besieling en entoesiasme. Wat jy in die lewe nodig het is: Om te wag op My, sodat jy weer arendsvlerke kan hê en sinvol in die lewe kan loop en hardloop.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205