OPENBARINGE 1 TOT 200 AAN BERTUS HANEKOM
BERTUS HANEKOM

Hoofstuk 69

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200.

Openbaring 69
Pligsvervulling.
14 Desember 2007 om 03h05
Isak het ongetwyfeld ‘n diepe sin vir verantwoordelikheid gehad en het sy hele lewe oorkoepel. Hy het sy plig duidelik gesien teenoor My, teenoor sy huisgesin en teenoor sy medemens. Soos hy sy plig gesien het, het hy dit nagekom.
Hy het ‘n altaar gebou en daardeur het hy sy plig teenoor My nagekom. Hierdie wêreld is geskep tot eer van My en Isak het sy altaar gebou as bydrae tot die lof en verheerliking van My. Iewers in jou lewe moet jy ‘n altaar hê, waar jy aan My die lof en dank en aanbidding kan toebring wat My toekom. Daar is die gemeenskaplike altaar van die gemeenskap van die gelowiges waar julle saam met ander My verheerlik; die familie-altaar waar julle as huisgesin My aanbid en dien en daar is die persoonlike altaar waar jy in die binnekamer jou persoonlike verhouding met My, julle Ewige Vader bou. Sonder ‘n altaar kan jy nie jou verantwoordelikheid teenoor My ten regte nakom nie.
Ja, Isak het sy tent opgeslaan en daardeur het hy sy verantwoordelikheid teenoor sy huisgesin nagekom. Sentraal in Isak se lewe was sy verantwoordelikheid teenoor My, maar onmiddellik daarnaas was sy plig teenoor sy huisgenote. Hy sorg vir ‘n plek waar hy sy gesin kan beskerm; sy kinders kan opvoed; hulle karakters kan bou; hulle gewoontes kan vorm. Daar in die tent word die liefdesplig vervul. Hy weet dat voordat hy vir ander tot seën kan wees, hy vir sy eie gesin tot seën moet wees. Om te sorg dat jou tentpenne stewig ingedryf is; dat jou seile sterk en jou lyne stewig is, is ‘n Godgegewe plig wat op elkeen van julle rus.
Isak het daarna ’n put gegrawe en daardeur het hy sy verantwoordelikheid teenoor sy medemens nagekom. Slegs baie ryk mense kon putte grawe. As daar water gevind is, kon die mense vir kilometers in die omtrek gratis van die heerlike, vars water kom neem. Daar kon hulle hul vee laat suip en met die water kon hulle lewe ‘n beter kwaliteit verkry. ‘n Heel besondere diens word aan die gemeenskap gelewer. Christenskap is diens uit liefde en dankbaarheid. Hierdie troostelose wêreld het putte van vriendelikheid en hulpvaardigheid baie nodig. Daar is soveel mense wat smag na ‘n beker koue water; na ‘n vriendelike glimlag; na ‘n warm handdruk of ‘n besoek in die gevangenis. En Ek het julle geleer dat as julle dit vir julle medemens doen, dan het julle dit vir My gedoen. Deur ‘n put te grawe, dra julle mekaar se laste en vervul julle so die wet van My.
Deur My genade sal jy jou altaar kan opbou, jou tente kan opslaan en jou putte kan grawe. Ek maak jou getrou in die vervulling van jou Christelike plig deur My wat gekom het om My wil te doen en gehoorsaam te word.
Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205