OPENBARINGE 1 TOT 200 AAN BERTUS HANEKOM
BERTUS HANEKOM

Hoofstuk 100

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200.

Openbaring 100
Tollenaar of Fariseër.
27 Desember 2007 om 08h45
Kyk, daar is gesê: “Almal moet trouens teenoor mekaar nederig wees en mekaar help, want Ek weerstaan die hoogmoediges, maar aan die nederiges gee Ek genade.”
Nederigheid is een van die belangrikste genadegawes van My aan My kinders. Dit is ook die fondament van ‘n edel karakter. Ja, selfverheffing bring vernedering, wie nederig is, het wysheid. Kyk, julle word opgeroep om ootmoedig en opreg te wandel met My. Ja, Ekself was die volmaakte verpersoonliking van nederigheid. My geboorte, My lewe en My sterwe was een groot daad van nederigheid. Ek het nie alleen in die gelykenis van die Fariseër en die tollenaar (Lukas 18:9-14) hoogmoed streng veroordeel nie, maar nederigheid treffend gedemonstreer toe Ek die voete van My dissipels gewas het.
Ootmoed en nederigheid beteken om altyd innig bewus te wees van julle afhanklikheid van My. ‘n Hoogmoedige mens is ‘n produk en pronkstuk van Satan. Slegs volle oorgawe aan My breek die trots en hoogmoed in julle lewe en gee aan julle ‘n rustige en gebalanseerde persoonlikheid.
Wanneer julle in ootmoed op julle aangesig voor My is, skenk Ek aan jou My rykste seëninge. Onthou die woorde: “Ek moet meer word en jy minder”
Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205