OPENBARINGE 1 TOT 200 AAN BERTUS HANEKOM
BERTUS HANEKOM

Hoofstuk 117

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200.

Openbaring 117
Wat is ons aan mekaar verskuldig/
01 Januarie 2008 om 00h05
As julle daaroor nadink, het julle almal baie om My, Jahweh voor dankbaar te wees. Ten spyte van die feit dat julle terneergedruk en pessimisties raak as dinge verkeerd loop, sal jy besef dat My genade en liefde vir jou oneindig groot is. Ek het aan jou lewe geskenk en die vryheid van keuse om met jou lewe te maak wat jy daarvan wil maak. Jy is moontlik geseën met iemand wat liefde ruim aan jou gee. Selfs die mees terneergedrukte mens sal, as hy ernstig en eerlik daaroor nadink, altyd iets vind waarvoor hy My kan dank en loof.
Ja, hoe bewys jy teenoor My jou dankbaarheid vir die oorvloedige genade in jou lewe? Geen geld, geen ware, geen ure van diens is voldoende om aan My te offer nie ter betaling vir ‘n liefde so groot dat Ek aan jou al hierdie weldade skenk, en dan tot die uiterste gaan en ook My lewe vir jou gee.
Liefde kan nooit voldoende terugbetaal word nie, want dit is ‘n artikel wat tegelyk kosbaar en onbetaalbaar is. Jy kan die omvang daarvan nie meet nie; dit kan nie geweeg word om die waarde te bepaal nie. Liefde kan net deurgegee en gedeel word. Hier het jy dan, die enigste manier waarop jy die groot die liefde wat Ek vir jou het, kan erken: Om dit met elkeen te deel met wie jou pad kruis. En ook met My, jou Elohim.
Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205