OPENBARINGE 1 TOT 200 AAN BERTUS HANEKOM
BERTUS HANEKOM

Hoofstuk 176

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200.

Openbaring 176
Kyk, Ek kom gou.
17 Januarie 2008 om 00h15
Ja, met hierdie woorde sluit die Skrif af. Kyk, daar moes nog baie eeue verloop het voor die koms van My, julle Messias. Maar Ek is haastig om te kom en is steeds besig om die verloop van dinge so te lei dat dit op die presiese oomblik op My koms sal uitloop. Daarom moet julle nie so dwaas wees om die beslissing vir My en My Ewige Koninkryk uit te stel nie.
Kyk, Ek kom gou! Julle moet geestelik paraat word! Ja, julle beleef reeds desperate toestande in die land. Julle mense word daagliks op die wreedaardigste maniere vermoor, verkrag en beroof. Julle word van julle voorregte ontsê. Boere word van hulle plase gedryf en daar is reeds wetgewing goedgekeur om julle te ontwapen. Ja, julle het vreemdelinge in julle eie land geword. Julle sal weer gesuiwer moet word van vreemde gode wat onder julle is en weer vir My, Elohim, ‘n altaar oprig. Kyk, My wette word vertrap. Maar in hierdie stryd sal Ek weer aan julle verskyn, wanneer Ek kom sal julle ‘n uitstorting van die Heilige Gees ervaar, maar dit sal eers gebeur nadat julle, julle weer tot My bekeer het en die vreemde gode verwyder is.
Daar staan geskrywe: “Onderwerp julle dan aan My; weerstaan die duiwel, en hy sal van julle wegvlug.” Die ware feit is dat geen mens ooit deur My geroep word om ‘n opdrag van My uit te voer, sonder die salwing, of toerusting van die Heilige Gees om jou vir die taak te bekwaam, waarvoor Ek jou geroep het nie. As Ek jou roep, sal Ek jou ook toerus! Julle finale stryd vir vryheid en om dit te kry, sal saamval met My wederkoms. Eers nadat julle in julle benoudheid na My geroep het, julle bekeer het, julle sondes bely het, julle gereinig het en julle voor My verootmoedig het, sal die Verlosser kom. Die Skrif sê: “Vandag as julle My stem hoor, verhard nie julle harte nie.” Ja, My wil sal nooit suksesvol weerstaan word nie.
Wat julle nodig het, is weer ‘n manifestasie van My krag in julle lewens en onder My volk, sodat julle kan hoor wat Ek sê. Julle moet vergesel word met die krag van die Heilige Gees. Julle moet sê wat Ek sê, en doen wat Ek sê. In My teenwoordigheid oefen julle dan jul koninklike, priesterlike en profetiese amp uit. Deur volmaakte liefde teenoor mekaar en teenoor die God van liefde vervul, leef julle in volmaakte harmonie wat nooit deur geen enkele wanklank versteur word nie.
En nou moet julle tot ‘n besluit kom: Om My belofte aan te neem. Mag Ek jou die krag gee, dat jy wat hier lees, jou vandag nog sal oorgee aan My, jou Elohim en Vader in die hemel. Word Wakker!
Kyk, Ek kom gou! So spreek Ek, julle Hemelse Vader.
Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205