OPENBARINGE 1 TOT 200 AAN BERTUS HANEKOM
BERTUS HANEKOM

Hoofstuk 90

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200.

Openbaring 90
‘n Vinnige oor; ‘n versigtige tong; ‘n kalm humeur!
20 Desember 2007 om 01h00
Gewilligheid om te luister is ‘n hoogaangeskrewe deug. Dit word ‘n verlore kuns in die wêreld waarin julle vandag leef. Julle is so besig met selfverheerliking dat julle nooit kans kry om te luister nie. Julle moet soos Ek dikwels die stilte opsoek, sodat julle met julle siele kan luister. As jou siel luister, spreek die heelal ‘n taal wat leef. Vir die wat wil luister, het Ek wonderlike dinge deur die natuur en die Skrif te sê. Julle moet leer om na My liefdestem te luister, maar ook na My bevele. Ja, julle moet weier om na Satan te luister. Soos Samuel moet julle steeds gewillig wees om te doen wat Ek sê.
‘n Versigtige tong is van groot belang in hierdie wêreld waarin die man wat die hardste skree, gehoor word. Woorde wat uitgespreek is, is onherroeplik. Daarom moet elke woord met groot versigtigheid gekies word. Julle strewe moet wees om altyd woorde van waarheid te praat. Julle het twee ore en een mond, sodat julle twee maal soveel moet luister as wat julle praat. Daar is soveel vorme van die onversigtige gebruik van die tong: vloektaal; skeltaal; kwaadspraak; leuentaal; bedrog; karaktermoord en nog vele ander. Dit is die snydende woord wat vriendskappe breek, misverstande veroorsaak en harte pynig.
‘n Kalme humeur help jou om nie te gou kwaad te word nie. Elke uitbarsting van woede is ‘n erkentenis dat jy jouself nie kan beheers nie en dit doen ook afbreuk aan die kwaliteit van jou godsdiens. ‘n Mens wat kwaad word, doen nie reg wat voor My reg is nie. Woede is ‘n wind wat die lamp van redelike denke doodwaai. Die beste teëmiddel vir woede is die gereelde beoefening van die liefde.
Deur My krag en genade kan jy jou swakhede oorwin. Deur My Heilige Gees kan jy jou ore, jou tong en jou humeur onder dwang hou. En dit kan alles geskied deur My oneindige Liefde aan jou.
Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205