OPENBARINGE 1 TOT 200 AAN BERTUS HANEKOM
BERTUS HANEKOM

Hoofstuk 116

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200.

Openbaring 116
Wat die meeste saakmaak.
31 Desember 2007 om 23h20
Die lewe draai meeste om liefde, omdat Ek, Jahshua liefde is. My belangrikste les vir jou op aarde is dat jy moet leer hoe om lief te hê. In jou liefde is jy soos Ek, julle Meester, dus is liefde die grondslag van elke opdrag wat Ek jou gee: “Die hele wet word in hierdie een gebod saamgevat: ‘Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.’” As julle mekaar liefhet, sal almal weet dat julle dissipels van My is.
In die hemel gaan julle My familie vir ewig geniet, maar hier op aarde lê daar eers ‘n gedugte taak voor om julle op die ewigheid van liefhê voor te berei. Liefde behoort julle hoogste prioriteit, eerste doelwit en grootste ambisie te wees. Liefde is nie ‘n goeie deel van jou lewe nie, dis die belangrikste deel. Julle moet die liefde nastreef. Die wese van liefde is nie wat julle van ander dink of vir hulle gee nie, maar hoeveel julle van julleself gee. Jy kan sonder liefde gee, maar jy kan nie liefhê sonder om te gee nie.
Dwarsdeur die wêreld is mense besig om te soek na groter kennis en bewustheid van My. Soos wat die Heilige Gees julle laat ontwaak het, het julle gestreef om My, julle Meester en Elohim in gebed, aanbidding, gemeenskap en studie te ontmoet. Julle moet egter onthou dat in jou ywer om My beter te leer ken, jy nie die basis van die Christelike geloof uit die oog verloor nie: Die liefde. Die geboorte, lewe, dood en opstanding van My verklaar aan jou My onpeilbare liefde vir julle. Laat My liefde toe om jou wese te vul, sodat jy dit in jou elke daagse lewe kan weerkaats.
Om vir My te vertel dat julle My liefhet, is meer as sentiment, want liefde sonder konstruktiewe aksie is nutteloos. As jy vir My sê dat jy My liefhet, offer jy aan My jou allerbeste en gee jy uitdrukking aan jou gewilligheid om My te dien op enige terrein waar Ek jou wil gebruik. Liefde moet prakties tot openbaring kom.
Terwyl jy nie vir ‘n oomblik wil beweer nie dat die gelowige nie kan sondig of deur skuldgevoelens oorweldig kan word nie, is die belangrikste feit die manier waarop jy sulke situasies hanteer. Ten volle bewus van die liefde wat Ek vir jou het. Aanvaar met dankbaarheid My versekering van My liefdevolle vergiffenis. Gaan voort met jou lewe: Oorwinnend en met volle vertroue in die liefde van My, jou Elohim.
Ek is jou Elohim, die fontein en oorsprong van jou lewe en wese. Wees lief vir My.
Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205