OPENBARINGE 1 TOT 200 AAN BERTUS HANEKOM
BERTUS HANEKOM

Hoofstuk 140

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200.

Openbaring 140
Dit is jou verantwoordelikheid
08 Januarie 2008 om 02h00
Die diepte en kwaliteit van jou geestelike lewe is jou verantwoordelikheid. Ja, jy hunker na meer geloof en jy pleit daarom by My, maar tensy jy die geloof, wat jy reeds besit, nie beoefen nie, kan jy nie verwag dat Ek aan jou meer sal gee nie. Jy smag ook na ‘n dieper en meer realistiese gebedslewe, maar slegs jy kan in die stilte op My wag en ‘n bewustheid van My heilige teenwoordigheid kweek. Ek, jou Elohim, het in jou diepste wese ‘n hunkering na My geplant. Hierdie honger om My beter te ken, is een van My groot gawes aan jou. Ek roep gedurig: “Kom na My toe!” en dit is deur jou antwoord op hierdie wekroep, dat die kwaliteit van jou Christelike volharding geopenbaar word.
Om Christelike verantwoordelikheid te aanvaar is ‘n plegtige onderneming en as dit op ‘n halfhartige wyse aanvaar word, is dit vir My ‘n belediging en vir jou onbevredigend. Ek vereis toewyding wat jou hele lewe omsluit en dit is van hierdie toewyding wat baie van julle terugdeins. Julle is onwillig om die eise van totale oorgawe te beantwoord en die ongelukkige gevolg is dat julle in die skemerlig van onvoldoende geloof lewe. Ek eis nooit van jou om iets prys te gee sonder dat Ek iets beter in die plek daarvan plaas nie. Wanneer Ek vra vir toegewyde lewe gee Ek jou die ewige lewe in ruil en jy betree ‘n dimensie wat jy ook nooit sou glo jy kon belewe nie. Deur verantwoordelikheid te aanvaar vir jou eie geestelike groei, beweeg jy steeds nader aan My, jou Meester en Verlosser.
Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205