OPENBARINGE 1 TOT 200 AAN BERTUS HANEKOM
BERTUS HANEKOM

Hoofstuk 81

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200.

Openbaring 81
Dankbaarheid jul lewensreël.
17 Desember 2007 om 02h00
Jy is dit verskuldig aan My om dankie te sê vir My bemoeienis met jou. Maar woorde kan goedkoop wees. Wat is goedkoper as woorde wat nie uit die hart kom nie en slegs daarop gerig is om te beïndruk?
Wanneer jy dankie sê aan My, behoort dit met die duursame woorde te wees wat voortvloei uit ‘n gehoorsame hart wat ontvanklik geword het vir My Woord, My genade en teenwoordigheid. So ‘n hart wil altyd eers luister na My om daarna te doen wat Ek verwag. Nie meer jou eie wil nie, maar My wil. My wil is die norm vir elke beslissing en elke lewensuiting. Wanneer jy tog nog oortree, dan verskoon jy jouself nie en noem dit nie ‘n swakheid of fout nie. Jy sien dit soos Ek dit sien en noem dit by die naam. Dit is vir My ‘n oortreding – die wet van My is oortree, jou lewe was buite die wil van jou skepper. Dit is vir My sonde – en sonde beteken dat jy die doel van My met jou lewe gemis het, jy het op ‘n dwaalweg beland. Dit is vir my ongeregtigheid – jy het geknoei met die reg en was ongehoorsaam. En hierdie opstand teen My, grief My. Dit is ‘n pyniging vir jou gewete.
Jy durf nie swyg nie. Jy moet praat. Jy moet met My praat oor jou opstand en jou dwaalsieke hart. Alleen die vergifnis van My kan jou weer vrymaak, gesond maak en vrede gee. Ek vergewe nie net nie, Ek bedek en skrap. Ek maak die lewensbladsy, die hart, weer skoon vir ‘n nuwe begin. En dit bring vreugde. Dit gaan goed met jou. Jy word omvou deur My liefde.
Jy het dit mos al ondervind. Daardie dag toe jy jou hart oopgemaak het vir My en alles uitgesê het wat sondig en verkeerd in jou lewe was. Daardie dag het Ek, jou hemelse Vader, jou verhoor, jou skuld vergewe en ‘n blydskap wat die verstand te bowe gaan, jou deel laat word. Maar nou moet jy nie uit daardie verlede bly leef nie. Elke dag het sy eie kwaad en nood. Elke dag moet jy jou hart leegmaak voor My en met blydskap vir My vul. Ja, Ek weet die goddelose het baie smarte, maar wie op My vertrou, die omvou Ek met My liefde.
Verbly jou in My jou Hemelse Vader.
Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205