OPENBARINGE 1 TOT 200 AAN BERTUS HANEKOM
BERTUS HANEKOM

Hoofstuk 105

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200.

Openbaring 105
Die son skyn, maar ek is blind.
28/12/2007 om 21h30
Kyk, die son staan in glorie en majesteit hoog in die hemelboog, ver en ongenaakbaar is sy heerskappy. Die oog kan nie onbeskermd daarna kyk sonder om verblind te word nie. Soos die son is Ek, julle hemelse Vader. Hoog verhewe bo die aardse rumoer heers Ek oor die wêreld. Al probeer jy jou oë teen My glans beskerm, Ek bly steeds daar. Soos die son wat met sy koesterende strale lig, warmte en groei bring, so kom Ek in die tyd na julle. Maar anders as die son, is Ek in My onaantasbare heerlikheid tog ook naby julle.
Julle kan nie na die son toe gaan nie, maar die son kan na julle toe neerdaal. Ek stuur My lig om julle donker verstand te verlig, julle koue harte te verwarm en die nag van julle sondes in ‘n genadedag te omskep. In My daal die Son van geregtigheid tot julle neer. Lig uit Lig. Daar is soveel wat verdwaal is in die duister gange van die sonde. Die son skyn, maar julle is blind, ja Ek skyn, daar is genesing in My strale. Ek neem julle krankhede op My en dra julle smarte. Julle moet nou teruggaan na die alledaagse lewe en die lig wat julle van My ontvang het, in ‘n duister wêreld gaan uitdra.
My werk wat in vernedering begin is, sal voltooi word wanneer Ek weer in heerlikheid sal kom om die oes in te samel. My aardse pad sou ‘n pad deur die dieptes wees, sodat ek die verlore mensheid kon ophef tot die hoogtes van verlossing en salige kindskap.
So roep Ek en soek Ek: Ek roep na julle met ‘n ster; Ek roep julle met engelekore. My sondaarsliefde gee aan julle sterre om julle te lei en julle dank my vir die sterre. Maar julle mag nie in verwondering by die sterre bly staan nie. Dis maar die begin van die verlossingsweg. Julle moet van die ster na die Woord gaan; van die woord van My in die natuur, na die woord van My in die skrif. Die ster is dus ondergeskik aan die Woord. Emosie en romantiek verdamp en die Woord van my triomfeer. So is die finale reis altyd ‘n reis op grond van My Woord.
Die verstommendste waarheid is dat Ek julle liefhet. Ek is liefde, en Ek het julle lief met ‘n liefde wat altyd omgee, net die beste en kosbaarste. Ek het julle ook lief met ‘n liefde wat vergewe en versorg. Die liefde moet in julle alledaagse lewe seëvier. Nie net met woorde nie, maar met liefdesdade. Daarom mag julle ook nie as My volgelinge, suigelinge in die geloof bly of bly vassteek nie. Julle moet groei tot geestelike volwassenheid. Julle moet gaan vertel van die wonder van liefde: Vergiffenis, genade en vrede.
Die poort staan altyd oop vir elkeen wat toegang soek: die is die liefdeswaarheid van vandag. Ek het julle nie lief omdat julle kosbaar is nie; julle is kosbaar omdat Ek julle liefhet. As jy ware vreugde wil beleef, moet Ek in jou lewe gebore word en jy moet My in die sentrum van jou ganse lewe plaas.
Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205