OPENBARINGE 1 TOT 200 AAN BERTUS HANEKOM
BERTUS HANEKOM

Hoofstuk 135

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200.

Openbaring 135
Die sononderpad wat op dagbreek uitgeloop het.
06 Januarie 2008 om 00h15
Uit hierdie boodskap leer julle van ‘n paar besondere lewenswaarhede. Julle lees hier van twee mense wat met swaar harte die sononder tegemoet stap. Hulle is teleurgesteld verward en op die grens van wanhoop oor die tragiese gebeure in Jerusalem, toe Jahshua aan die ruwe vloekhout gesterf het. Hulle hoop dat Ek Israel sou verlos, is vernietig. Maar wat hulle nie geweet het nie, is dat Ek saam met hulle wandel. Ek het immers gesê: “Ek sal julle nie begewe en julle nie verlaat nie.” Dit mag julle nooit in julle hartseer en teleurstelling vergeet nie. Geen nag is so donker dat dit die lig van My vriendelike aangesig vir julle kan verberg nie.
Ja, julle lees ook van My vermoë om sin te maak uit die mees verwarrende lewensomstandighede. Die twee mense is sonder hoop en verwagting, maar terwyl Ek met hulle praat, word die sin van dinge vir hulle duidelik en skep hulle weer nuwe moed. Die lewe kry eers sy ware sin en betekenis as julle in gebed tot My nader en My toelaat om deur My Woord met julle te praat. Met My as julle leermeester oor die lewe word dit opnuut duidelik: “Laat jou lewe aan My oor en vertrou op My; Ek sal sorg.”
Kyk, hier word ook geskryf soos Ek spreek van die matelose hoflikheid van My. Aan die einde van die reis het Ek gemaak of Ek verder wou gaan. Ek breek nooit vrymagtig in julle lewe in nie; Ek forseer nie deure oop nie; Ek moet binnegenooi word. Die deurknop van julle harte sit aan die binnekant en julle moet dit self oopmaak. Dit is julle keuse of julle My toelaat om verder te gaan en of julle My binnenooi.
Toe hulle die vreugdevolle nuus ontvang het, het hulle hul gehaas om dit met ander te deel. Hulle het hulle dadelik terug gehaas na Jerusalem. Die onbekende vriend het hulle opgestane Heiland geword. Daar vind hulle tot hulle verrassing ander wat in dieselfde heerlike ervaring gedeel het. Die boodskap van My is nie waarlik julle s’n voordat julle dit met ander gedeel het nie.
In tye van verwarring, teleurstelling en smart, moet julle My leer ken as julle Metgesel, julle Leermeester en julle Gas. Ek het self nadergekom en met julle saamgestap – julle moes My net herken.
Kyk, Ek omskep sononder in ‘n nuwe dagbreek! In die donker tye van jou lewe wil Ek jou Leermeester wees. Herken My net!
Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205