OPENBARINGE 1 TOT 200 AAN BERTUS HANEKOM
BERTUS HANEKOM

Hoofstuk 87

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200.

Openbaring 87
Onverhoorde gebede.
19 Desember 2007 om 00h05
Daar kom tye wanneer elke reggeaarde vader vir sy kind sê: “Nee!” Dit is nie maklik of aangenaam nie, maar dit is noodsaaklik. Dikwels verstaan die kind dit nie en kom in opstand teen die wil van sy vader. So is dit dikwels met julle gebede: Daar kom tye wanneer Ek, julle hemelse Vader, selfs die gelowige gebed afwys.
Die Bybel vertel van etlike onverhoorde gebede: Moses bid vuriglik dat Ek hom moet toelaat om die land van belofte in te gaan en Ek antwoord met ‘n besliste weiering. Aan die profeet Jeremia sê Ek: “Jy moenie vir hierdie volk bid nie. Moet My nie ter wille van hulle smeek en by My vir hulle voorspraak probeer doen nie. Ek sal nie na jou luister nie.” Ek wou deur sy stilswye vir sy volk daarop wys dat hulle nog volhard in afgodery en sonde.
Een van die diepste teleurstellings van jou lewe is ‘n vurige gebed wat onbeantwoord bly; ‘n smeekgeroep wat op die lippe verstom. Dit is moontlik dat daar sonde is wat jou gebed kragteloos maak. Dit is moontlik dat daar in jou lewe onbewus ‘n weg van smarte kan wees en Ek wil deur jou swye jou tot ‘n ontdekking daarvan bring. Pas op egter, om met elke onbeantwoorde gebed ‘n moontlike sonde te soek en jouself onnodig te martel.
Dit is ook moontlik dat jy verkeerd bid; dat jy in ongeloof bid. Jy moet gelowig bid en nie twyfel nie, want iemand wat twyfel, is soos ‘n brander in die see wat deur die wind aangejaag en heen en weer gedryf word. So, moet jy nie dink dat jy iets van My sal ontvang nie. Jy kan ook in selfsug bid. Ek gee jou nie wat jy wil hê nie. Gebed is nie ‘n meganisme wat jy gebruik om My vir jou dinge te laat doen nie, maar ‘n metode om die krag te kry om te doen wat jy moet doen. Jou hele gesindheid kan teenoor gebed verkeerd wees: Jy stap tog nie brutaal die troonkamer binne, steek jou hande in die koning se sak en neem net wat jy wil nie. Gebed is ook nie die opstel van versoeklyste waaraan Ek moet voldoen nie.
Kom na My, en Ek sal jou leer bid!
Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205