OPENBARINGE 1 TOT 200 AAN BERTUS HANEKOM
BERTUS HANEKOM

Hoofstuk 93

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200.

Openbaring 93
Daar is iemand wat omgee.
21 Desember 2007 om 22h25
Ek is jou Herder in die lewe. Jy is nie aan jouself oorgelaat nie jy is nie in die hande van ‘n blinde noodlot nie. Daar is wel Iemand wat vir jou omgee. Ja, die weivelde sal nie altyd groen wees nie en die waters sal nie altyd vredevol wees nie; maar Ek hou My belofte in jou hart dat Ek jou op My tyd daar sal bring. Ek gee vir jou om in jou droefheid en verlies, in jou stryd en worsteling, in die dae van jou eensaamheid en ook wanneer jy huiwer oor die dag van môre.
Ek is jou Herder in die dood. Om Iemand te hê wat vir jou omgee in die lewe is goed en gaaf – maar wat as jy voor die groot misterie van die dood kom? En dit is ‘n pad wat julle almal gewis moet loop. Die psalmis sê dat die dae van ons jare soos ‘n gedagte verbygaan. Kyk, Ek het geween by die graf van My vriend Lasarus – daarom sal Ek omgee vir jou droefheid wanneer jy met die dood in aanraking kom. Ja, Ek het self in ‘n graf gelê – daarom sal jy die graf nie sien as ‘n bodemlose put nie, maar as die helderverligte portaal waardeur jy instap in daardie glorie wat julle die hemel noem. Ek het uit die graf uit opgestaan en dit is ook die waarborg van jou opstanding.
Ek is jou Herder in die ewigheid. Om My in die lewe en in die dood by jou te hê is vertroostend, maar wat van jou ewigheidsreis? Ek het belowe: “Ek gaan om vir julle plek te berei ...” Ek sal weer kom om jou te kom haal om by My te wees. Ek het gesê: “Ek is die opstanding en die lewe, in sterwe en in die ewigheid.” Daarom is jou enigste troos in lewe en in sterwe dit: Dat jy nie aan jouself oorgelaat is nie, maar dat jy aan My behoort en dat Ek vir jou omgee soos niemand anders dit ooit kan doen nie – in lewe, in sterwe en in die ewigheid.
Ek is jou Herder van jou lewe en vanuit hierdie waarheid sal jy van dag tot dag oorwinnend kan lewe.
Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205