OPENBARINGE 1 TOT 200 AAN BERTUS HANEKOM
BERTUS HANEKOM

Hoofstuk 178

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200.

Openbaring 178
Die losprys vir ‘n menselewe.
16 Januarie 2008 om 23h35
Jy is nie ‘n uitsondering as jy soek na finansiële sekuriteit nie. Dis menslik. Finansiële sekuriteit is egter een ding, maar om voortdurend te strewe na materiële rykdom is ‘n ander. Moet nooit in die versoeking val om die waarde van jou lewe of enigiemand anders s’n in terme van besittings te bereken nie. Dis wel so in hierdie wêreld dat ‘n ryk man dikwels geëer en ‘n arm man geminag word. Maar dis verkeerd en sondig. Wat besit enige mens wat Ek, Elohim, nie aan hom gegee het nie? Sy geld? Wel, as Ek hom nie verstand en gesondheid gegee het nie, sou hou nooit die geld kon verdien het nie. As Ek hom nie uit sy ouers gebore laat word het nie, sou hy dit nooit kon geërf het nie. Daar is baie intelligente en gesonde mense wat nooit iets sal besit nie, bloot net omdat hulle uit hulle spesifieke ouers gebore is. As jy iets besit, moet jy My dank daarvoor en beskeie wees daaroor.
Of jy ryk of arm is, voor jou en elke ander mens staan die dood. Niemand sal daaraan ontkom nie. En die dood maak gelyk. In die dood is almal gestroop van alle besittings. Dis net Ek, Elohim, wat jou kan loskoop uit die mag van die dood en aan jou die ewige lewe gee aan die ander kant van die graf. Die prys wat Ek daarvoor moes betaal, was dat Ek, jou Messias, My lewe aan die kruis neergelê het. Met My eie bloed het Ek betaal, sodat die dood oor jou geen mag sal hê nie. Al is dit waar dat jy eendag moet sterf, is dit net so waar dat die dood jou as verloste kind van My, nie sal kom beroof van die ewige lewe nie. Die dood het vir jou in My net ‘n mylpaal geword wat jy bereik en verbysteek. Die ewige lewe is ook nie iets wat wag tot na jou dood nie, nee dit breek nou reeds deur in die vorm van jou geestelike goedere – die dinge soos geloof, liefde, goeie werke of dankbaarheid. Die losprys is betaal en jy behoort aan My of jy leef en of jy sterf.
Ja, die losprys is reeds betaal!
Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205