OPENBARINGE 1 TOT 200 AAN BERTUS HANEKOM
BERTUS HANEKOM

Hoofstuk 54

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200.

Openbaring 54
Beginners en aanhouers.
10 Desember 2007 om 11h30
Om goed te begin is goed, maar nie genoeg nie. Julle moet kan volhard tot aan die einde toe. Kyk oor die lewe van Joas kan die woorde “’n treurige mislukking” geskrywe word en dit ten spyte van die mooi getuigskrif wat aanvanklik van hom gegee word.
Ja, Joas het ‘n mooi begin gemaak. Hy het gedoen wat reg was in die oë van My. Hy was opreg en toegewyd en het positiewe leiding aan sy volk gegee. Sy ondernemingsgees en ywer was suiwer ter wille van die eer van My.
Maar toe het daar in sy lewe ‘n sondige afdwaling gekom. Hy het na die vleitaal van slegte vriende geluister en spoedig begin afdwaal. Ja, hy het die heilige dinge in sy lewe afgesweer en uiteindelik ‘n moordenaar geword.
So neem die sonde sy vernietigende gang in jou lewe. As dit eenmaal toegelaat word, word die sonde steeds sterker en die gewete al swakker. Jou erns, eerbied, reinheid, en sedelikheid word oorboord gegooi. Jy kan nie vuur in jou skoot dra sonder om jouself te verbrand nie.
En so het dit met Joas gegaan op die steil pad van die bose. Hy wat bestem was vir groot dinge vir sy volk en sy Vader, kon nie volhou met die goeie begin wat hy gemaak het nie. Noodwendig loop dit uit op ‘n droewige uiteinde. Toe die dag van afrekening kom, soos dit onkeerbaar kom, was Joas alleen in sy nood. Daar is geen eensaamheid groter as die eensaamheid van die kerker waarin die sonde jou gevange hou nie. Tot oormaat van ramp, het Joas se eie mense hom doodgemaak. Hulle het alle respek en agting vir hom verloor. Die sonde bind jou nie alleen nie, maar verwoes ook. Selfs na Joas se dood het die skande hom gevolg, want hy is nie in die graf van die konings begrawe nie, maar in ‘n graf van oneer.
Ja, op My weg moet julle nie alleen goed begin nie, maar ook volhard. Dan sal julle nie soos Demas die teenswoordige wêreld liefkry nie, maar soos Paulus die stryd tot die einde vol stry en die kroon uit die hand van My ontvang.
Ek gun jou ‘n nuwe begin in jou lewe, Ek sal jou ook help om dit aan te gryp, maar ook om tot die einde te volhard sodat jy uit My Heilige Mond die ewige “mooi so!” sal verneem.
Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205