OPENBARINGE 1 TOT 200 AAN BERTUS HANEKOM
BERTUS HANEKOM

Hoofstuk 126

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200.

Openbaring 126
Die skoonheid van ‘n lewende geloof.
03 Januarie 2008 om 22h50
Dit is ontstellend om te sien wat sommige mense aan hulle geloof doen. Dit is deur My bedoel om ‘n lewegewende krag te wees, maar julle laat dit toe om te degenereer tot ‘n beperkende, neerdrukkende en vreugdelose las wat julle lewe omvorm tot ‘n afskuwelike lewenswyse, en dan dink julle dit is My wil vir julle lewe. Nee, Ek het geloof bedoel as ervaring van My liefde, krag en inwonende teenwoordigheid.
Somtyds voel dit of julle doelloos deur die lewe dryf en dat dit nie eintlik saak maak of jy hier is of nie. Dag na troostelose dag gaan verby, sonder dat jy iets verrig wat die moeite werd is. Die vonk en sprankel het lank reeds uit jou lewe verdwyn. Hierdie ongelukkige toestand is hoegenaamd nie My skuld nie. Om dit te verhelp moet jy in eerste instansie weer die heerlikheid van jou geestelike ervaring herleef. Soek dan My plan vir jou lewe, sodat jy ‘n positiewe doel in jou lewe bereik. Wanneer Ek, die lewende Messias, beheer oor jou lewe oorneem en My deur jou tot openbaring laat kom, sal jy ophou om doelloos te drywe en ‘n positiewe en geïnspireerde Christen dissipel wees.
As die Christelike geloof sy bekoring vir jou verloor het, het dit tyd geword dat jy ‘n slag eerlik daaroor nadink. Ek het ‘n produk geskep wat met skoonheid in jou moet gloei. Dit raak jou diepste wese aan en dring jou tot groei. Dit verryk jou persoonlikheid. Dit is nie die produk van emosie of oppervlakkige denke nie, maar die resultaat van volgehoue toewyding en onafgebroke gebed.
‘n Hernuwing van jou geestelike ervaring met My vind plaas wanneer jy die Heilige Gees innooi en My toelaat om volkome beheer oor jou lewe oor te neem. Jy sal ontdek dat, terwyl jy met die Gees in harmonie leef, nuwe dienskanale vir jou oopgaan en jy na gebiede gelei word waarvan jy nooit sou kon droom nie.
Die ervaring van My, jou lewende Messias, in jou diepste gees skep ‘n lewenskwaliteit wat so eg is, dat dit ongelowiges oortuig van die egtheid van My. ‘n Kleurlose en lewelose geloof is ‘n ramp wat vir beide jouself en My van weinig waarde is. ‘n Dinamiese, lewende geloof verheerlik My en seën die persoon wat dit besit.
Wanneer jy aanvoel dat Ek besig is om jou te lei, moet jy dit in volgehoue gebed bevestig. Openbaar die waagmoed om My onvoorwaardelik te vertrou. Om My wil vir jou lewe te ontdek vereis nie net geloof nie, maar ook positiewe optrede.
Geloof benodig die volle waarheid.
Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205