OPENBARINGE 1 TOT 200 AAN BERTUS HANEKOM
BERTUS HANEKOM

Hoofstuk 191

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200.

Openbaring 191
Deur My kennis.
21 Januarie 2008 om 04h30
“Mag genade en vrede vir jou vermeerder word deur My kennis.” Kyk, Ek het nooit iets gedoen sonder om dit vooraf te sê nie. En as jy nooit sommige van die dinge waarin jy glo nie sê nie, sal jy nooit in daardie areas in geloof wandel nie. En omdat jy dieselfde Gees van die geloof het – glo julle ook, daarom spreek julle ook. My heilige en goddelike krag het dinge aan julle geskenk, deur My kennis. Daarom, elkeen wat hom bely vir My voor die mense, sal Ek voor die Vader bely. En jy kan My, jou lewende Messias, loof daarvoor.
Kyk, soms het jy bely: “Ek weet nie wat om te doen nie. Dit sal nie werk nie. Ek glo nie dit gaan werk nie.” Dan het jy daarvoor gebid, maar as jy nie die geloof het nie, dan het jy ook nie toegang tot die Vader gehad nie. Ja sommige van julle het werklik geloof in ongeloof! Kyk, die Woord sê: “Hy wat uit My Elohim gebore is, sal die wêreld oorwin.” Ja, jy het oorwin, omdat Ek groter is as die een in die wêreld. Kyk, Ek sal intree vir jou deur My genade en My kennis. Geen onheil tref die regverdige nie.
Kyk, jy het ‘n nuwe skepsel geword. Ja jy is gedoop met My Gees, en daarom wil Ek, Elohim, My vandag weer herhaal dat jou laaste dae op aarde gaan jou gelukkigste dae wees, en dit spreek Ek omdat jy My behaag. Jou dae sal jou gees vul met vrugte. Ja, jy neem toe in My kennis en Ek sal jou versterk volgens My heerlike genade en krag. Geeneen sal jou ooit uit My Hand ruk nie. Ek, Elohim, is aan jou kant, Ek is in jou, wie kan dan teen jou wees?
My Woord wat in jou hart gebore word, word gevorm deur die tong en deur die mond uitgespreek, dan word dit ‘n geestelike krag wat die vermoëns van My in jou loslaat. My seun, luister na wat Ek vandag vir jou sê: “Neig jou oor tot My Woord, laat dit nie wyk uit jou oë nie, bewaar dit binne-in jou hart, want dit is die lewe vir die wat dit vind.
Onthou vandag, aktiewe, werkende geloof in die Woord bring My dadelik op die toneel, maar vrees kan net vir Satan bring. Ja, baie van julle vra vandag wat is die waarheid? Ek, jou hemelse Vader, sê vir jou daar is net een waarheid en dit is die Woord, en My skrif is alleen die waarheid.
Vandag wil ek aan jou, My seun en My skryfkneg, sê dat jy weereens jou toets in geloof met My deurstaan het, daarom gaan Ek mense aan jou toevertrou, mense wat deur My genade en liefde versterk is. Jy moet gedurig in gebed met My wees en Ek sal jou lei en dinge gee waarvoor jy vra. Wees lief vir die wat lief is vir jou, en dit deur net so lief vir hulle te wees, so lief as wat Ek vir jou is. Kyk, jy kom uit ‘n huis van liefde, en daarom moet jy die liefde voortdra. In My is alles moontlik. Wees net lief vir My, jou hemelse Vader en daar sal nog baie deure vir jou oopgemaak word, jy is ‘n skat in My koninkryk. Hou so aan, My getroue kneg!
(Hierdie gedeelte verwys na Bertus wat met sy ouers verenig is na 8 jaar wat hy hulle nie gesien het nie. Hulle was oorstelp van vreugde oor wat hul seun oorgekom het, en is ongelooflik versterk deur hierdie openbaringe van Vader aan hom.)
Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205