OPENBARINGE 1 TOT 200 AAN BERTUS HANEKOM
BERTUS HANEKOM

Hoofstuk 20

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200.

Met die oog op ʼn tyd soos hierdie
28/11/07          01h00
Ja, julle leef in ʼn opwindende tyd. In die woordeskat van die Christen bestaan daar nie so ʼn woord soos “toeval”nie. Daarom is dit ʼn Goddelike beskikking dat julle juis nou leef. Kyk die Godgewilde tyd waarin julle leef, het ʼn paar belangrike komponente:
1                    Jy het ʼn persoonlikheid
Ek het met jou bestaan ook ʼn doel. Ja jy is ʼn eenmalige skepping van My hand. Ek maak nie duplikate nie, daarom het jy ʼn heel persoonlike bydrae om te maak. Daar bestaan ʼn wesenlike gevaar dat jy jouself gerieflik kan verloor in die massa dat jy die verantwoordelikheid om ʼn persoonlike bydrae tot jou tyd te maak, probeer ontduik. Daar is altyd ʼn rede waarom Ek jou op ʼn spesifieke plek plaas. Jou verantwoordelikheid moet jy nakom op daardie plek waar Ek jou geplaas het. Daarom moet jy waak daarteen om nie aan ander mense gelyk te word en ʼn massa-mentaliteit te ontwikkel nie
2          Dan is daar die komponent van tyd
Die moderne tyd met al sy eise en spanning, is opwindend en avontuurlik. Dit is ʼn heerlike voorreg om juis vandag te leef, maar dit is ook ʼn groot verantwoordelikheid, want vandag bepaal jou toekoms en die toekoms van die wêreld. Die tyd is ook verward en boos. Tog het Ek gewil om jou in hierdie tyd te laat leef, daarom moet jy jou tyd goed gebruik, jou doel en jouself ken. As Ek jou anker is, is hierdie stormagtige tyd joue, soos wat die moeilike tyd waarin Ester geleef het, haar in staat gestel het om ʼn heel besonderse bydrae te lewer. Jy kan deel wees van die oplossing, of jy kan deel wees van die probleem. Jy moet jou verantwoordelikheid besef en dit manmoedig aanvaar.
3          Dit is waarom Ek jou op ʼn spesifieke plek geplaas het
Die plek is die plek waar jy My die beste kan dien. Die barmhartige Samaritaan moes my dien op die stowwerige pad. Samuel moes sy volk dien vanuit die tempel. Moses moes My dien op die trekpad na Kanaän. Daar is altyd ʼn besondere plek en jy moet jou verantwoordelikheid uitlewe op daardie plek. Moet nooit probeer om van een plek na ʼn ander te vlug as Ek jou gestuur het nie. Jy sal dan net angs en teleurstelling ken.
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205