OPENBARINGE 1 TOT 200 AAN BERTUS HANEKOM
BERTUS HANEKOM

Hoofstuk 78

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200.

Openbaring 78
Selfvertroue
15/12/2007 om 16h15
Die Bybel leer julle op baie plekke dat hoogmoed en verwaandheid sonde is voor My. Maar julle kan ook na die ander kant toe sondig: Jy kan te min van jouself dink: Jy vergelyk jou so maklik met ander en dink: Ek is nie so slim nie, ek is nie so sterk nie, of so mooi, so begaafd soos daardie persoon nie. Later is jy so bewus van jou eie gebreke en tekortkomings, dat jy jou selfvertroue verloor. En sonder selfvertroue kan jy nie die taak uitvoer waarvoor Ek jou op aarde geplaas het nie. Hier kan julle dink aan Josua wat die groot taak gekry het om leier te word van die volk van My na Moses se dood.
Hoe sou hy die volk kon aanvoer as hy hom gedurig met sy voorganger, die groot Moses, vergelyk het? Hoe sou hy die volk die beloofde land kon inlei as hy net altyd gedink het: Ek is nie so ‘n groot figuur soos Moses nie. Hy was ‘n leier, ‘n profeet, ‘n Godsman soos daar nooit voor of na hom was nie. Ek kan tog nie sy skoene volstaan nie?
Dalk het Josua soms so gedink, want dit is opvallend hoe Ek hom gedurig aanmoedig: Wees jy net sterk en vol moed. En dit moet die rede vir julle selfvertroue wees: Nie dat julle dink julle is self besonders nie, maar dat julle sal glo: Die taak wat jy gekry het, en maak geen fout nie, elkeen van julle het ‘n taak en ‘n roeping in die lewe wat Ek self vir jou gegee het. En saam met die taak gee Ek ook die krag en moed en die wysheid om dit uit te voer. Nee, julle durf nie te min van julleself dink nie. Kyk, almal wat my kinders is, is koningskinders, beelddraers van My. En omdat dit so is, kan julle met vrymoedigheid die lewe in die gesig kyk, vol vertroue. Julle kan die woorde van die Psalm vir julle toe-eien: “Met U hulp loop ek ‘n oormag storm, met my Vader is geen stadsmuur vir my te hoog nie.”
Ek gee jou die krag en die wysheid om jou taak deur die Heilige Gees tot my eer uit te voer. Ja die taak in jou lewe.
Amen   

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205