OPENBARINGE 1 TOT 200 AAN BERTUS HANEKOM
BERTUS HANEKOM

Hoofstuk 146

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200.

Openbaring 146
Hy sal sorg.
09 Januarie 2008 om 01h30
‘n Dag wat in My Naam begin word, het meer betekenis as ‘n gejaagde, wanhopige instorm in net nog ‘n dag. Wanneer ‘n mens in moeilike omstandighede liewer die lakens oor jou kop wil trek eerder as opstaan, kan ‘n intensiewe sessie met die Skrif en gebed jou letterlik op die voete laat kom, die lig laat sien en moed gee om probleme te takel. Ja, julle staan so gereeld met julle lysie versoeke voor My. Julle maak julle harte opreg voor My leeg. Maar wat gebeur daarna? Julle stap net so verder – steeds swaarbelaai met julle laste en kommer. Julle het skoon vergeet om die pakkie in My hande te plaas! Julle het klaar vergeet dat julle so pas gelees het: “Ek sal sorg.”
Ek sal sorg. In My vind julle vreugde. Ek vervul julle begeertes. Glo in My. Vertrou op My. As julle dit kan regkry, wag daar kalmte en gemoedsrus. Ek gee sterkte, pleks dat julle op eie krag steun. Ek rig julle verstand, julle handewerk en julle voetstappe. Ek woon in julle. Julle leef en beleef deur My; praat, werk en geniet deur My. Die vrede en kalmte wat Ek gee, is bo julle verstand. Wanneer onderhandelings van watter aard ook al gevoer word, of belangrike vergaderings plaasvind, is gebed vooraf noodsaaklik. ‘n Gebed uit die hart, ja, ‘n opregte uitreik van My in Wie se hande alle lotgevalle op aarde is.
Wees lief vir My en jou naaste.
Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205