|
Van die Hel tot die Hemel - Boek 2 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 1
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154. |
|
|
Die binnegaan in die museum in Robert se huis. `n Soort siele kerkhof
151 Ek sê: “Ja, My beste vriend, as jy dit al vir `n volmaakte hemel aansien, wat in wese slegs `n ietwat beter geestewêreld is, waar die eintlike hemel eers in die gees van die mens begin binnestroom sodat hy eers daaruit omvorm word, wat sal jy dan sê wanneer jy in die werklike hemel, wat vanuit jouself kom, sal binnegaan?
[2] Ek sê jou dat dit slegs `n inleiding is op die binnegaan in die ware hemelryk. Kyk, hierdie aartsvaders, profete, apostels en moeder Maria met Josef, sou jy selfs gladnie kon aanskou, sonder om die lewe daarby te verloor nie, as hulle hulleself in hulle eintlike hemelse gedaante aan jou sou vertoon het. Trek jou egter niks daarvan aan nie, want Ek is immers Self daar om julle almal geleidelik aan in die ware hemel binne te lei; Ek dink, dat Ek die korrekte weg die beste ken.”
[3] Die Fransiskaan sê: “Ja Heer, dan is Robert Blum tog ook nog lank nie in die eintlike hemel nie?” Ek sê: “Wel sekerlik nie! Die huis vir sover ons dit nou ken en sien, het weliswaar al uit sy hart ontspring en is al taamlik volmaak, maar daar is nog tallose gedeeltes en vertrekke, wat vir Robert nog ewe onbekend is as vir jou, maar met die nodige geduld sal julle nog alles leer ken.
[4] Maar nou gaan ons deur die groot poort die museum binne. Daar sal julle almal se oë ietwat verder geopen word.”
[5] Die Fransiskaan sê: “Heer, wat sal ons alles daarbinne te siene kry?” Ek sê: “Jy sal dit gou genoeg sien! Kyk, `n deel van ons gaste is al binne; hoor jy hulle uitroepe van grenslose verbasing? Ook ons sal ons dadelik daar bevind. Kyk nou aandagtig deur die poort, wat hoog en breed genoeg is, en jy sal al heelwat kan sien. Sê My maar wat jy al moontlikergewys sien.”
[6] Die Fransiskaan kyk ingespanne nog van veraf deur die groot poort en sê na `n rukkie: “Heer, dit is baie eienaardig! Ek sien niks anders as `n byna onafsienbare kerkhof met `n redelike groot aantal grafmonumente. Werklik, `n eienaardige museum! Hoe nader ons aan die poort kom, hoe duideliker word `n onafsienbare kerkhof voor my oë. Ek sien nou ook al dat `n groot groep van ons vooruitgeloopte geselskap druk heen en weer loop tussen die grafmonumente op die grafte. Maar van `n vreugdevolle verbasing verneem my ore niks; wel hier en daar uitroepe van groot ontsteltenis. Heer, in dié museum sal ons sekerlik weinig amusant vind!”
[7] Ek sê: “O, wees nie daaroor besorg nie! Ek sê vir jou, daar sal jy onuitspreeklik baie wonderbaarlik en amusant vind. En aangesien ons nou net die museum deur die groot poort binnegegaan het, sê My andermaal wat jy nou sien!”
[8] Die Fransiskaan sê: “Heer, wat ek nou net gesien het, teken hom nou duideliker en skerper voor my oë af. Maar ons gaste... is hulle druk besig nie! Hulle lyk soos `n kudde lammers wat in die voorjaar eerste in die weiding gedryf word. Dan kom daar ook geen einde aan die gespring en geblêr nie. Ek moet so `n pragtige grafmonument tog net goed bekyk.”
[9] Die Fransiskaan gaan na so `n grafmonument toe en ontdek baie gou `n opskrif in reliëf op `n swart ovaalplaat. Hy probeer die opskrif te lees, maar kan niks daaruit wys word nie, omdat daar enkele letters daarin voorkom wat vir hom heel onbekend is. Vol deemoed wend hy hom daarom tot My en vra My of Ek hom nie die betekenis van die opskrif wil verklaar nie.
[10] Ek sê egter vir hom: “Vriend, as ons in die museum elke gedenkskrif sou wou lees en ontsyfer, sou ons vir die hele ewigheid volop werk daaraan hê. Dit sou wees asof jy sou wil bereken hoeveel saadkorrels vir die verdere voortplanting, wat tot in die oneindige gaan, hom reeds in `n saadkorrel bevind. Om oneindige dinge te begryp, moet mens nooit met die afsonderlike dele begin nie, ook nie by die voorwerp wat mens sou wil deurgrond nie, maar steeds eenvoudigweg na dit self kyk. Begryp jy jou eie wese, dan sal jy ook al die ander kan begryp en deurgrond, maar solank jy nog geen volledige duidelikheid oor jouself verkry het nie, kan al die ander in jou ook nie tot klaarheid kom nie. As die oog blind is, waarvandaan sal die mens sy lig vandaan kry en weet waarop hy staan en wat daar om hom heen is? Het die oog egter lig, is alles ook in en om die mens verlig. En presies so is dit ook met die geestesmens.
[11] Die siel, as uiterlike substansiële vorm van die mens, het eintlik heeltemal geen lig by haarself nie, behalwe die lig wat van buiteaf in haar deurdring, komend van ander wesens, wat reeds lank hulle eie innerlike lig het. Haar insig kom daarom ook slegs in stukkies en bietjies. Want die dele van die sielewêreldbeeld wat in haar presies onder die brandpunt van `n van buiteaf deurdringende straal te staan kom, word deur die siel ook in hulle besonderhede herken en beoordeel, soos wat hulle hulleself aan die siel voordoen. Val die lig egter van die een deel op `n ander deel, dan tree daardeur `n volkome vergeet van die voorafgesiende in. Iets baie anders duik dan soos `n meteoor in die siel op en word deur haar slegs so lank herken en beoordeel, as wat sy haarself in die lig bevind. Wyk die van buite deurdringende lig deur `n wending ook weer van die tweede deel wat verlig was af, dan is dit met die insig van die siel oor die tweede beligte deel ook gedaan. So sou die siel haar dus van ewigheid tot ewigheid van buiteaf kon laat verlig en sou tog nog steeds op dieselfde punt van insig staan waarop sy voorheen gestaan het.
[12] Iets anders en wat vir jou nog onbegryplik is, wanneer in die siel die eintlike lewende gees volledig te voorskyn kom en die hele siel van binne-af op sy sterkste verlig. Dit is dan `n ewige lig, wat nooit uitdoof nie en alle dele in die siel deur en deur verlig, voed en tot volkome ontplooiing bring. Wanneer dit dus in die siel bewerkstellig word, hoef sy nie meer afsonderlike dele te leer nie, maar dit het in haar alles eensklaps tot volle helderheid ontwikkel. Die volledig wedergebore geestesmens hoef dus nie meer te vra nie: “Heer, wat is dit of dat?” Want die wedergeborene dring dan self in alle dieptes van My goddelike wysheid deur.
[13] Sodat jy hierdie waarheid grondiger sal begryp, sal Ek jou nou die opskrif voorlees en jy sal dadelik honderde vrae in jou voel opkom. Let dus goed op! So lui wat hier geskrywe staan:
[14] “Die rus is netsoos die dood sonder daadkrag, maar die rus is tog geen rus nie, dog `n belemmering van die beweging. Ruim die belemmering op, dan word die rus weer beweging! Die beweging self is ewenwel geen egte beweging nie, maar `n soeke na `n ruspunt. As die ruspunt gevind word en die beweging tot rus gekom het, dan is die rus weer geen egte rus nie, maar `n voortdurende strewe na beweging. Dit volg ook, sodra die belemmering waardeur rus uit beweging ontstaan, weer opgeruim word. En so bestaan daar rus sonder rus en beweging sonder beweging. Rus is beweging en beweging is rus. Ja, in wese bestaan daar nóg rus nóg beweging, want beide hef mekaar voortdurend op as `n tegelykertyd sowel bevestigende as ontkennende grootheid. O wêreld wat onder hierdie klip rus, jy rus nie, maar beweeg jou in jou strewe, wat jou sondige swaarte is. Nou ryp jy die lewe tegemoet. Jy probeer onophoudelik jou remmende bande stukkend te skeur en wanneer hulle verskeur sal wees, dan sal jy jou na buite in die oneindigheid stort en sal in die oneindige weer soek wat jy nou het. `n Lewe bly, `n lewe vlug; maar die blywende wil vlug en die vlugtende soek om te bly. God, die oerbron van die ware lewe, gee aan die rus die ware rus en aan die beweging die ware beweging!”
[15] ”Sê My nou, het jy die opskrif begryp?” Die Fransiskaan sê: “Heer, dit was vir my suiwer Japanees; meer kan ek nie daaroor sê nie! Maar verklaar dit tog ietwat beter vir ons.”
|
|
|
|
|