Van die Hel tot die Hemel - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 34

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154.

Sahariël oor die amen. Minerva se liefdes­verklaring? Die wyse antwoord van die engel. Gelykenis van die twee bronne. Cado onthul die stand van dinge

184 Miklosch vertel verder: “Nou tree Sahariël nader en sê: “Luister! Ook ek het die reg om `n kragtige amen uit te spreek. Tog doen ek dit nie, omdat elke amen `n oordeel inhou. Ek raai julle daarom aan om julle amen terug te neem, want niemand het die reg om oor iets, wat nie in ooreenstemming met die goddelike orde is nie, na eie goeddunke `n amen uit te spreek nie. Wel mag elke gees `n ewige amen in hom dra vir dit wat in ooreenstemming met die wil van God is. Die amen is die oerlewe van alle wesens en hulle hoogste vryheid, indien hulle dit uit hulleself volkome eie maak. Deur elke ander amen ontstaan egter hoogmoed, trots en minagting vir al die ware, goeie en goddelike. Dit bou kerkers, smee kettings en laat die vuur van alle verderf ontvlam. Neem daarom julle amen terug en begewe julle in `n ewige Godsamen! Dan sal julle beide die vinnigste vryraak van die hel, wat nog baie sterk in julle harte tekere gaan. Volg hierdie raad op en dit sal met julle werklik nie sleg gaan nie!” 

[2] Minerva wend haar tot Cado en sê: “Het jy dit gehoor, jou ingebeelde wysneus? Dit is woorde vol ware hemelse salwing, daarop kan mens bou! Kyk, ek het gehoor gegee aan jou woorde, maar hoe meer ek daaroor nadink, soveel duideliker word dit vir my dat jy slegs `n blinde avonturier is, `n duiwel, wat weliswaar mag besit, maar dit slegs gebruik om die oorwinning deur middel van allerlei kunsgrepe te behaal! Pak maar in met jou wyse spreuke en ook jou dawidstene kan jy as aandenkings bewaar, want nie jou klippe nie, maar beide hierdie bodes het my lans gebreek en my ewige septer stukkend geslaan. Daarom kom slegs aan hulle, maar nie aan jou nie, die roem en lof toe. Sahariël, neem my aan! Ek wil `n beloning vir jou wees, want jy het jou jeens my verdienstelik gemaak!”

[3] Sahariël sê: “Jy, kroon van alle uiterlike skoonheid! Aan my, en my vriend Uraniël kom ewemin `n beloning toe as vir vriend Cado, want ons is slegs dienare volgens die wyse plan van die Heer en werktuie in Sy hand. As ons iets doen, wat die indruk wek asof ons dit self doen, dan is dit tog slegs skyn, omdat slegs Hy dit is, wat alles volbring. Wat daarom die Heer welgevallig is, dit geskied! Ons is almal van die Heer en is na gelang van die graad van ons ootmoed teenoor Hom, netsoos die van ons liefde tot Hom, `n beloning wat slegs Hom toekom! Ons kom egter niks toe nie as slegs dit wat Sy groot liefde, genade en erbarming ons aanbied. Jy moet egter beslis nie bedroef wees daaroor nie: sou Hy jou self vanuit Sy eindelose liefde aan my hart bind, dan sal ek jou ook dankbaar en met waardering vir ewig aanvaar! Vind jy, uiterlik baie skone ligdraagster, dit goed en aangenaam?”

[4] Minerva sê: “Mooi Sahariël, jou byna grenslose beskeidenheid dwing my bewondering af. Soos melk en heuning stroom jou hemelse woorde in my ontroerde hart in en ek is nou slegs vervul van liefde en nogeens liefde vir jou, my goddelike mooi Sahariël! Wat `n vriendelike erns straal daar uit jou jeugdige, sagmoedige jongelingsgesig! Wat `n hemelse adeldom adem jou hele wese en wat `n hemelse harmonie straal soos `n môrester uit al jou ledemate! Ek moet aan jou beken dat ek jou mateloos liefhet, en as jy nie jou wederliefde aan my skenk nie, sal ek die ongelukkigste wese wees van die hele oneindigheid! Sien, ek is ook mooi, maar jammer genoeg, is ek nie goed nie. Maar wie weet of ek miskien nie juis deur jou ook so goed kan word as wat ek mooi is nie? Graag sou ek jou die suiwerste hart aanbied as ek dit sou gehad het, maar neem haar aan soos wat sy is; miskien sal sy ook edel en suiwer aan jou sy word. Versmaad my aansoek nie, want dit kom voort uit die eerste liefde van my ewige bestaan!”

[5] Sahariël sê: “My stralende, toegeneë Minerva! Jy bestaan al wel baie lank, maar nie ewig nie; nie vanaf die begin nie. God alleen is die ewige, al die ander het egter uit Hom ontstaan. Ook al bestaan iemand van ons enige tientalle miljoene aardjare langer as `n ander, daardeur bestaan hy nog lank nie vir ewig nie. Jy het in jou ywer weliswaar ietwat oordryf, maar dit maak nie saak nie. As jy verder maar `n ware liefde tot my in jou hart bespeur - wat ek egter nog `n bietjie betwyfel - dan kan ek sulke poëtiese oordrywing rustig deur die vingers sien. Jy het my jou hart aangebied en ek neem die aanbod aan. Slegs `n enkele klein voorwaarde knoop ek daaraan vas: Dat jy my gewillig en bly na die Heer sal volg en vriend Cado saamneem! Wil jy dit doen, dan is ons gelykop"

[6] Minerva sê: Vriend, dit is `n oneindige groot, vir my volkome onuitvoerbare voorwaarde! Ek met jou saamgaan na die Heer van die oneindigheid en die deur my nou bo alles gehate Cado ook nog saamneem? Alles behalwe dit, want dit is vir my so goed as onmoontlik! Jy moet eers my hart suiwer, dan eers kan jy met sulke voorwaardes by my aankom! Jy sou met die onmiddellike vervulling daarvan geen eer inlê by God nie, omdat dit sou getuig van `n te geringe agting vir die almagtige Godheid. Ek sê jou, neem my onvoorwaardelik aan en jy sal nie sleg vaar daarby nie!”

[7] Sahariël sê: “Dit sal moeilik gaan, omdat daar nog te veel ongeregtigheid in jou hart aanwesig is. Dit kan maar net verminder word wanneer jy jou sonder dwang steeds meer onderwerp aan ons, volgens God se geordende wil. Sou ons nou doen wat jy wil, dan sou ons onsself in jou oordeel begewe en sou dit daardeur nog harder maak, terwyl ons dit juis moet versag en verminder.

[8] by wyse van spreuke staan die saak so daarvoor, asof daar twee putte was, waarvan die een vol is met die suiwerste water, maar die ander met goor, vuil water. Lei mens die oorvloedige water van die suiwer put in die tweede, onsuiwer put, dan sal die vuil inhoud van die slegte put gesuiwer word en ten slotte selfs goeie water word. Wanneer mens egter die vuil water van die tweede put in die eerste, suiwer put sou lei, dan sou beide putte sleg en onbruikbaar word!

[9] Kyk, jy het nou `n konkrete voorbeeld, waaruit jy maklik kan agterkom waarom ons die water van jou wil nie kon opneem in die van ons nie. Maar dit moet vir jou ook duidelik wees waarom jy vir jou eie welsyn die water van ons wil moet laat oorloop in dié van jou wil. Doen derhalwe wat ons wil en jy sal gereinig en vol suiwer water word! Jy het tog self die wens geuiter, dat jy deur my suiwer en edel sou wil word. Ja, dit kan jy as jy dit wil, maar dan moet jy doen wat ek jou, in die Naam van die Heer, voorgestel het!”

[10] Minerva kyk na hierdie eenvoudige en wyse les voor haar uit en blyk om daaroor na te dink hoe sy haar kan ontdoen van haar tot las wordende geselskap.

[11] Cado blyk dit ook op te merk en sê nou vir Sahariël en Robert-Uraniël: “Beste vriende, alhoewel ek self `n duiwel is, mag ek tog wel opmerk dat ons niks met hierdie slang sal bereik nie. Haar hardnekkige, redelik boosaardige geslepenheid oortref alle grense van my bevattingsvermoë. Dit was nooit haar erns om na `n beter bestaan oor te gaan nie, want die slangwese sit deur en deur vol gif. Wat sy nie al alles as oortuigende voorstelle gemaak het nie, waarvan sy die volkome wysheid ewegoed insien as ons, maar haar ou satanswil bly steeds dieselfde. Sy maak wel asof sy in ons wil wil opgaan, maar dit doen sy slegs vir die skyn en sy sit daarby alles op alles om ons ten slotte in haar sak te kan steek. Maar dan sê ek: Niks daarvan nie, Satana! Ons sal jou nie langer as dom beskou nie, want ons ken jou!”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205