Van die Hel tot die Hemel - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 79

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154.

Verhelderende woorde van die ketterse koster

229 `n Koster sê: “Ja, ja, laat hulle maar gaan soek, hulle sal tog niks vind nie! Ek vind dit werklik dom dat u, Eminensie, juis so eiesinnig vashou aan so `n moeder van God, asof daar tussen die een Maria en die ander `n verskil sou bestaan! Dit sal vir die werklike moeder van God wel heeltemal niks uitmaak met welke beeld sy vereer word nie. Ek moet hier openlik beken dat ek, selfs oor die beste beelde, nooit iets omgegee het nie.

[2] `n Beeld is wel goed, omdat mens daardeur aan iets baie waardevol van die religie herinner word, maar om aan die beelde `n wonderkrag toe te skrywe, is heidens! Ook al sou die pous self dit reg in my gesig sê, dat dooie beelde wonders kan bewerkstellig, dan sou ek hom tog nie glo nie. As lewende mense geen wonders kan doen nie, waarom dooie beelde dan wel?

[3] Eerlik gesê is `n vlieg vir my beter as die mooiste beeld, want dit leef en is werklik `n wonderwerk van goddelike liefde en wysheid. `n Beeld is egter niks anders as die werk van die dom mens nie, wat `n lewende God en die ewige lewe met dooie beelde wil voorstel. Dit is my oortuiging; die here kan met my doen wat hulle wil, maar ek sweer dat ek geen ou beeld meer sal gaan soek nie! Ek gaan my teenoor niemand meer belaglik maak nie.”

[4] Nou val iedereen oor hierdie ketter heen en hulle dreig om hom afskuwelik te tugtig. Die hoofpriester sê op patetiese toon: “As dit al met die vars hout geskied, wat moet daar dan van die dorre teregkom? Daarom moet so `n ketter getugtig en aan die duiwels oorgelewer word om ewig gepynig en gemartel te word! Hy het die heiligdomme van God se kerk beledig en het daardeur `n sondaar vir die heilige Gees geword, wat nóg hier, nóg in die hiernamaals vergewing te verwagte het. Daarom na die geregshof met hom en vandaar na die geheime dodesel en dan na die duiwel met hom! Fiat!”

[5] Nou word die koster heeltemal woedend, raap `n stok van die grond af op en sê op `n respek inboesemende toon vir die hoofpriester: “Haai jy daar, (met die knuppel dreigend) as jy, lelike papis, (Roomse) dit durf waag om my te laat aanraak, dan sal een en ieder my sodanig leer ken, dat hoor en sien sal vergaan! O, julle eersteklas tronkvoëls, julle ou Gods-, keiser- en volkskenders! Vir my wil julle die dood en die hel gee, omdat ek voor God en iedereen openlik die waarheid gepraat het!

[6] Wie is julle dan? Kan daar nog erger duiwels bestaan as julle? Julle verskeurende wolwe in skaapsklere! Julle wil die agtenswaardige mense soos duiwels die kerk uitdryf en is self die allerergste duiwels! Dryf julle julleself uit, maar nie die eerbare manne, wat dit duisendmaal bo julle slegte afgodsbeelde verdien om as heiliges op die altaar geplaas te word.  

[7] Is dit dan om God te dien, as mens sy knie voor gesnede houtbeelde buig, om die volk voor te speel dat mens self daarin moet glo, terwyl mens, diep geestelik beskou, geen jota glo van al dit wat mens die volk oplê nie? Julle is dit, van wie Christus in die tempel gesê het: “Julle lê die armes en swakkes ondraaglike laste op hulle skouers, maar julle wil self geen vinger daarvoor uitsteek nie. Julle prewel lang gebede vir die arm weduwees en wese, sodat hulle in die hemelryk mag kom - `n ryk, waaraan julle nog nooit geglo het nie - maar daarvoor raak hulle hulle huise en vermoë aan julle kwyt! Julle is dit, wat muggies soog, maar kamele verslind! Daarvoor sal daar egter ook soveel te meer verdoemenis oor julle kom!”

[8] Julle godsdiens moes altyd al `n gruwel vir God gewees het, want Christus Self het uitdruklik gesê: “Wat julle vir die armes doen, dit doen julle vir My!” As ek egter op `n Sondag nie na julle godsdiens sou gaan nie, maar in plaas daarvan die armes sou besoek en `n goeie werk aan hulle sou verrig, dan sou julle my veroordeel het! Wie se dienare is julle dan, as julle die ware, deur God Self duidelik aangegewe godsdiens veroordeel? O, julle dwase! Wat is dan beter vir God: Om dit te doen wat Hyself aanbeveel het, of Hom met die lippe te eer, maar die hart ver van Hom hou? Wanneer het julle God eintlik gedien? Julle het immers nog nooit Sy Woord en Sy wet aanvaar nie! 

[9] Julle het nog nooit in Christus geglo nie, want anders sou julle dit gedoen het wat Hy geleer het. Slegs julle leerstellings was vir julle `n kosbare kunswerk, waarby Christus slegs as `n vervelige omlysting mag gedien het. O, julle skandelike volksbedrieërs, julle beskou julleself as gode en verdoem God se Woord as dit niks vir julle geldbeursies oplewer nie!

[10] O, julle huigelaars! Waarom weerhou julle die gelowiges die suiwer Woord van God? Kyk, dit doen julle terwille van die geld en uit vrees dat God se Woord die volk se oë sou kan open, waardeur julle ontmasker sou word! Daarom het julle dit verbied en ook omdat julle dit self nie glo nie, maar desondanks het die Woord tog onder die volk gekom en hulle weet nou maar al te goed wat se soort mentaliteit julle het!  

[11] Gryp my maar as julle durf! Waarom aarsel julle nog? Ek sal die Eminensie sê wat die rede daarvoor is! Daar ek so vry was om u skande en slegtigheid ten opsigte van die agtenswaardige manne daar aan die lig te bring, het u, Eminensie, nou die sogenaamde tronkvoël-angs gekry en waag u dit nie om nog iets te onderneem teen `n man, wat u in krag en verstand oortref nie!

[12] Kyk, Eminensie, waarom het u dan eintlik hierdie - origens mislukte - handelinge verrig, waarby hierdie agtenswaardige manne tot duiwels gedegradeer was? Ek sal so vry wees om dit reg in u gesig te sê: Die agtenswaardige manne, wat daar staan en ons grenslose domheid in oënskou neem, het u gladnie vir duiwels aangesien nie, omdat u self nooit in duiwels geglo het nie.

[13] Hierdie domheid het nie vir u die gewenste resultaat gehad nie. Hierdie agtenswaardige manne het u geduldig aangehoor en slegs stilletjies onder mekaar opmerkings gemaak. Dit het u, Eminensie, byna skuimbekkig van woede gelaat en toe probeer u met `n oormaat van domhede so veel moontlik weersin by hierdie eerbare mens op te roep, omdat u vooraf met u hele helse skynvertoning niks kon bereik nie. Met die groot prewelmis slaag dit, soos geblyk het, ook gladnie. Daarom het u oorgegaan tot `n Rooms-Katolieke eksorsisme, (duiweluitdrywing) wat in sy soort `n unieke bekroning van menslike domheid is en daardeur ook op die redelike wyse en agtenswaardige manne `n weersinwekkende indruk moes gemaak het. Maar die wyse manne moes hulle voorgeneem het om ook nie vir die ergste domhede te wyk nie. Sodoende het hulle dan ook tot u groot ergernis hier gebly. Wat kan u nog verder doen? 

[14] U dink by uself: Die eksorsisme is wel die kroon op alle domheid, maar omdat dit ook so misterieus lyk, kan ook die beste ontwikkelde so `n skouspel wel op sy gemak bekyk, want aan hierdie handeling ontbreek die eintlike element van verveling. Die mees verveelde is en bly tog `n langsaam geprewelde Lauretaanse litanie (graf-of doodsang) en `n oud mirakelbeeld. (wonderbeelde) Dit kon hierdie wyses nie bring nie; dan moes hulle wel gaan, as hulle nie tenminste van verveling wou sterf nie! Maar aha, wat `n toeval. Die ou, deur die tand van die tyd al te erg vergane mirakelbeeld (vergane houtbeeld van Maria) kon tog regtig nie meer voor die tabernakel geplaas word nie (wat die Protestante reeds lank die Rooms-Katolieke gevangenis van die Here God noem). En daardeur bly tot nou toe die vervelendste agterweë, naamlik die Lauretaanse litanie, waarmee hierdie agtenswaardige here gepla moes word. Hoe voel u nou, Eminensie? Sal u my nou ook in die hel werp?”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205