Van die Hel tot die Hemel - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 142

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154.

Orrelkonsert met ligbeelde. Geheime oor die wese van klank en beeld. Grondwet van alle openbaringe van kragte: Krag en teenkrag

292 Josef, die ander voormalige keisers en Robert, sy helper en beide die vroue let nou vol spanning op wat daar gaan kom.

[2] Na `n rukkie weerklink die magtige akkoorde van `n orrel. En terwyl die akkoorde hulle melodieus met mekaar vermeng, word die pragtigste beelde in die vrye ruimte sigbaar, ongeveer op die manier waarop mens op aarde beelde tot stand bring met `n verskuilde kamera. Die verskil is dat dit slegs afbeeldings van reeds bestaande voorwerpe kan deurgee terwyl hier steeds nuwe beelde geskep word, omdat in die klanke steeds nuwe kombinasies na vore kom. Natuurlik roep klank kombinasies wat reeds eerder voorgekom het, ook steeds weer dieselfde beelde op. Hierdie klankbeelde is egter buitengewoon skerp hier en wissel mekaar steeds in die mees lewendige kleure en aangrypende mooi beelde af. Daardeur word nie net die oor en die gemoed op `n hartverheffende manier in vervoering gebring nie, maar ook die oog en die met die oog samehangende verstand van die siel, wat as te ware die oog van die siel is. 

[3] Nou vra Robert My: “Maar hoe is dit? By die eerste kantate het ons nie sulke beelde en vorms gesien nie; eers nou, na die groot harmoniese klanke van die orrel kom hulle te voorskyn.” Ek sê: “Omdat dit in My ewige ordening so gereël is dat daar niks kan ontstaan sonder voorafgaande werking, nawerking en teenwerking nie. Die lofsang van danksegging deur die gaste was `n voorafgaande werking. Die groot kantate van die galerye was die nawerking. En die groot inleidende voorspel op die orrel is die teenwerking, omdat dié toon van `n ander orde is en met die inleiding tewens die teentemas van die vorige lofsang, netsoos van die daaropvolgende kantate uitgevoer word. Hierdie teenstellings bots en waar hulle mekaar raak word hulle ook sigbaar en maak dit wat hulle is en wil sê aanskoulik. 

[4] Ook op aarde het die weliswaar onvolmaakte musiek `n soortgelyke uitwerking. Die toehoorders word dikwels onwillekeurig in hulle gemoed na heeltemal vreemde vlakke verplaas. Dit kom vir hulle dan voor asof hulle hier of daar sou wees. Dit bewerkstellig die beelde, wat deur die verskillende klankkombinasies in die siel opgeroep word en die siel dan geestelik na sulke vlakke verplaas. Sou die orrelis nou heeltemal nuwe klankkombinasies ten gehore bring, waar geen ooreenkomstige voor- en tussenspel vooraf gaan nie, dan sou hierdie beelde dadelik ophou en julle sou dan slegs pragtige klanke hoor, sonder dat beelde daarin tevoorskyn sou kom. 

[5] Elke toon ontwikkel weliswaar `n bepaalde beeld, maar dit word eers sigbaar as dit, in `n sekere sin, teen `n voorafgaande beeld kan aanleun. Dit is ongeveer dieselfde met die ligbeelde. As hulle deur geen voorwerp op hulle weg opgevang word nie, vlug hulle onsigbaar en onweerstaanbaar weg in die oneindige. My oog kan wel alles sien, maar dit is nie die geval met die oog van `n geskape gees nie, wat selfs nie sou kon bestaan as dit geen steunpunt aan My sou gehad het nie. Slegs `n eerste kan `n eerste sien, `n tweede slegs `n tweede, en die tweede eers dan `n eerste, wanneer die eerste die gestalte van `n tweede aangeneem het.

[6] Daarom kon julle My nooit as `n suiwer goddelike wese gesien het nie. Omdat Ek egter `n tweede liggaamlike vorm aangeneem het, kon julle My sien vir sover Ek `n volmaak, blywend tweede wese vanuit Myself geword het.

[7] So sal dit ook wees, as julle in een van die twee onderste hemele sal kom. Solank julle nie die element van hierdie hemele aangeneem het nie, sal julle steeds onsigbaar bly. Daarenteen sal julle alles wat daar is, goed sien, omdat julle dan bewoners van die boonste hemele ten opsigte van `n tweede en derde hemel `n “eerste” is. Sê My nou, of julle dit alles goed begryp het “

[8] Robert sê: “Heer en Vader, dat dit so is, sien ons nou duidelik in, maar nog lank nie die kern daarvan nie. Want van die nodige teenstellings of objekte, wat vir die sigbaar maak van iets, wat “die eerste” is, noodsaaklik is, kan ek my nog nie so goed `n voorstelling maak nie.” `n Eerste moet tog beslis iets baie eg wees, anders sou `n tweede nooit daaruit kon voortgekom het nie. Nou kan mens hom afvra, waarom die eerste uit die uit haar ontstane tweede, vir sy eie openbaring `n objek moet vorm om vir die teenoor hom staande tweede sigbaar te word.”

[9] Ek sê: “Dit lê as ewige ordening in elke eerste, eenvoudigste oerkrag. Elke krag is onoplosbaar volgens die aard van haar oerbestaan. Daarom is dit duidelik dat hulle in hulleself en vanuit hulleself moet voortbestaan. Die krag is bygevolg steeds aanwesig, of hulle hulleself uiter of nie. Solank `n krag hom egter nie kan uiter nie, bestaan sy slegs as `n stomme krag in haarself en is in haar toestand na buite toe, asof sy gladnie bestaan nie. Moet die krag egter na buite toe aktief optree, dan moet daar `n weerstand teenoor haar gestel word. Hierdie weerstand kan niks anders wees as `n teenkrag nie, waardeur die eerste in haar rustige voortgaan gesteur word. Waar so `n steurende konflik plaasvind, word sowel die een as die ander krag sigbaar. Daarby gaan die eerste onvermydelik in `n tweede oor en omgekeerd die tweede in die eerste. Eers op hierdie manier word beide die kragte vir mekaar waarneembaar en dus, na die aard van hulle werksaamheid, ook sigbaar.

[10] Enkele voorbeelde sal julle hierdie belangrike saak van naderby belig. Bekyk net die uitstralende lig van `n son. Stel jou net die son voor soos wat sy in haar wese en bestaan is. Maar sou daar in die hele oneindigheid nie `n oog, wat met die son verwant is, wat homself as sekondêre krag teenoor die son stel, en die lig sou opvang nie, waardeur die son haar eie beeld vorm in die oog en daardeur in `n sekondêre krag oorgaan: Sou die son dan nie so goed as heeltemal nie aanwesig wees nie? As daar egter `n oog gevorm is, waarin die son haarself as te ware terugvind, dan tree die son as primitiewe krag ten opsigte van die oog in `n sigbare bestaan. Sluit die oog hom, dan is die oog vir die son asof dit gladnie bestaan nie en ook die son self het vir die oog haar sigbare bestaan verloor.

[11] Ek wil jou egter nog `n ander voorbeeld gee. Stel jou `n sterk reus voor. Plaas hom in `n leë ruimte waarin daar geen voorwerp hom bevind waarop die reus sy krag sou kon beproef nie. Plaas as teenkrag `n vlieg so voor hom, dat hy haar nie met sy hande kan bereik nie. In dié geval sal die vlieg daar met gelyke krag as die reus staan en sal sy die reus kan uitdaag vir `n tweegeveg, as hulle `n steunpunt het. Het die reus egter ook so `n steunpunt, dan sal miljoene vlieë hom niks kan doen nie. So moet elke krag eers `n teenkrag vind, anders kan hulle hulleself nie uiter en sigbaar word nie. `n Krag moet hom aan `n ander meet, anders is dit asof hy gladnie daar was nie.

[12] As daar op aarde voortdurend maar `n wind sou waai, sou daar nooit reën kom nie. Maar kom die een wind `n ander teë, dan sal daardeur dadelik verdigting in die lug ontstaan, wat eers as neweltjies en ten slotte as swaar reënwolke sigbaar word. Die wolke laat die wind egter nie sien solank die wind suiwer wind bly nie, maar as die wind eenmaal wolke uit homself geskape het en het hy hom met hulle beklee, dan maak die wolke die wind sigbaar en toon sy rigting deur sy beweging aan. Ek dink nou, vriende en broeders, dat hierdie saak wel vir julle duidelik geword het.”

[13] Robert sê: “Ja Heer en Vader, nou is dit vir ons heeltemal duidelik, maar daarvoor was heelwat nodig gewees! Maar nou verlaat die gaste weer hierdie saal. Waarheen sal hulle hulleself nou begewe en wat gaan hulle doen?” 

[14] Ek sê: “Hulle gaan dankbaar en redelik gelukkig na hulle woonvertrekke terug. Daar sal hulle wel op die borde vind wat hulle te doen sal hê. Mettertyd sal julle dit almal wel presies leer ken. Laat ons nou na benede gaan, na die vertrekke op die begane grond. Daar sal Ek julle die deure wys waardeur elke gees langs die kortste weg in alle natuurlike wêrelde kan kom. Daar in die westelike hoek van hierdie saal is `n wenteltrap. Daarlangs kan ons die vertrekke op die begane grond maklik bereik, wat aan die buitekant geen ingang het nie. Laat ons nou welgemoed na benede gaan. Laat dit so wees!” 


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205