Van die Hel tot die Hemel - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 109

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154.

In Frohnleiten. Kerklik bekrompe geeste

259 Ons bevind ons nou egter in die plekkie Frohnleiten, waar `n aantal geeste uit die parogiekerk (gemeente kerk) wat daar geleë is, na ons toe kom, wat ons uitgebreid vra vanwaar ons kom, waarheen ons gaan en wie ons is.

[2] Petrus tree na vore en sê: “Ons kom van bo en kom vir `n kort periode na benede om die verlore skape en lammers te soek, om die bokke te tugtig en die wolwe ten gronde te rig.” Die geeste sê: “Aha, julle is seker sendelinge uit Rome, dus deur die pous self vir hierdie uiters gewigtige amp gewy?”

[3] Petrus sê: “O, liewe mens! Ons is wel sendelinge, maar nie daartoe gewy deur julle blinde pous nie, maar deur God, die Heer Jesus die Christus Self. Wie van julle ons wil volg, sal dadelik opgeneem word vir die waaragtige ryk van God, maar wie ons nie wil volg nie, sal op die woeste aarde agtergelaat word. Laat niemand ons egter meer vra wie ons is of hoe ons heet nie, want wie hier nie onvoorwaardelik aan ons versoek voldoen nie, sal nie aangeneem word nie. 

[4] Die geeste sê: “As julle nie deur die heilige pous gewy en gestuur is nie, kan ons julle onmoontlik volg, want God die Heer het hom immers alles in sy hande gegee. Wat hy bind op aarde, is ook gebonde in die hemel en wat hy ontbind op aarde, is ook ontbonde in die hemel. As julle dus nie deur die pous gestuur is nie, dan kan julle maar net gestuur wees deur die hel, waar alle ketters vandaan kom, wat ook godslasterlik sê dat hulle van God kom en dat Hy hulle Vader is, terwyl tog slegs Satan hulle vader is. Gaan julle maar weer verder!”

[5] Petrus sê: “Hoe weet julle dan dat die pous van God die Heer so `n enorme mag ontvang het?” `n Vrou met `n twee-pond-swaar gebedeboek in die hand sê: “Nou, dit weet iedereen tog! God het vir Petrus alle mag gegee en Petrus daarna aan die een pous na die ander. Daarom is elke pous netso belangrik as die heilige Petrus self! Begryp meneer dit?”

[6] Petrus sê: “Dit klink vir my baie grappig in die ore, aangesien ek tog self hierdie einste Petrus is, in wie se hande God, die Heer die geestelike sleutels tot die hemelryk gelê het. Ek weet niks van `n oordrag van die deur God aan my toebedeelde mag aan die Roomse pous nie; ewemin het ek ooit in Rome gewoon. Paulus, `n apostel van die heidene, het hom wel `n geruime tyd onder die tirannieke regering van keiser Nero in Rome opgehou, maar ek, die ware, egte Petrus, nooit. Hoe kon ek dan `n pous tot my opvolger benoem het en hom alle mag kon oorgedra het, wat deur God Self aan my verleen is?”

[7] Die vrou skree: “Vervlaks, wyk, jou Satan! Kyk nou net hierdie kêrel! Hy wil nou selfs die heilige Petrus wees! Dit is nog nie vir hom genoeg om die leer van Christus, wat slegs die pous besit, as helse ketters te verwerp; uiteindelik wil hy ook nog ons liewe Heer self wees. Maak nou maar dat julle wegkom, anders gebruik ons geweld!”

[8] Ek sê: “Broeder Simon, voorlopig is elke moeite hier tevergeefs; hulle het nog tweehonderd jaar nodig, voordat hulle `n bietjie verlig sal word. Laat ons daarom maar weer verder gaan! Ek sal jou net enkele oomblikke hemels laat skitter en toelaat dat hierdie bekrompe siele jou herken. Dan sal ons egter skielik voor hulle oë verdwyn. Die gesig sal vir hulle `n leidster wees, in die skynsel sal hulle langsamerhand die ware weg van die lewe vind.”

[9] Op dieselfde oomblik straal Petrus soos die son op die helderste middag. Alle geeste krimp ineen van skrik, maar ons verdwyn. Wanneer die geeste weer tot hulle bewussyn kom en voor ons wil neerval, sien hulle niemand meer nie. Daarop begin hulle terstond te ween en te kerm en hulle verblindheid te verwens.

[10] Maar `n hele kollege van monnike kom uit die kerk geloop en begewe hulle na die klaendes, leer hulle op streng pouslike wyse en verklaar hierdie sogenaamde verskyning tot `n spookbeeld van die hel. Die geeste wil die monnike gryp en hulle afransel, maar hulle maak hulle uit die voete en vlug hulle klooster in. Die geeste lag hulle uit, verwyder hulle van hierdie plek en begewe hulle na die berge.

[11] So eindig hierdie skouspel in Frohnleiten. Ons trek verder met die bedoeling om in die aand teen sesuur in die omgewing van Graz aan te kom en by die sogenaamde Reinerkögel in te boek, waar die vier wat vooruitgegaan het, hulle al tuisgemaak het.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205