|
Van die Hel tot die Hemel - Boek 2 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 72
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154. |
|
|
Migatzi se gesprek met homself. Hy sou graag die Heer wil erken, maar is bang vir sy ampsbroeders. Josef help hom daaruit
222 Aartsbiskop Migatzi sê: “Wag, nou moet ek eers ewe nadink om jou `n waardige antwoord te kan gee.” Hierop lê die aartsbiskop drie vingers van sy regterhand voor sy voorhoof en sê by homself: “By my armsalige lewe, hierdie Josef is ortodokser as ek, wat tog aartsbiskop en kardinaal tegelyk was! As ek my nie so geskaam het daarvoor nie, dan was ek byna genoodsaak om aan te neem wat hy my oor hierdie Jood vertel het. As ek alleen was, het dit al gebeur, maar my talryke kollegas, wat hier saam met my die Vatikaan bewoon het, sou alle duiwels uit die hel oor my afroep as ek so-iets sou doen. As ek nou maar weet wat ek hier die beste kan doen! My kollegas bewaak my met arendsoë en luister na my met Midasore! Ek hoef maar aanstaltes te maak om my by die geselskap aan te sluit, of die kêrels sou dadelik oor my heen val soos hongerige wolwe. O Josef, jy het gelyk in alles wat jy oor Rome gesê het! So is dit en nie anders nie, dit weet ek die beste, maar wat kan iemand doen wat aan sy kollegas behoort?
[2] Mens moet die volk `n enorme groot rat voor die oë draai, handelinge verrig, doodsaai en oerdom wees en die volk iets laat glo, waarin mens self met die beste wil van die wêreld nie kan glo nie. Mens moet hulle met `n op God lykende aura omgewe, terwyl mens in wese ver benede die waarde van `n varkoppasser staan. Wat is mens dan as aartsbiskop en kardinaal? Niks, heeltemal niks! Mens kan niks en op aartsbiskoplike hoogte leer nie, mens moet hoogstens sy finansies in orde hou, sy hoogkerklike regiment van `n allesverpletterende hoogwaardigheid te voorsien en die hel steeds verder oop te hou as die hemel. Dit is die hoë amp van `n aartsbiskop! Mens moet homself tog, as mens ook maar enige gewete het, alle dae in die oor fluister: “Wat jy is, stel op sigself geneem niks voor nie! Sonder skoenmaker en kleremaker kan die mens moeilik lewe, maar sonder aartsbiskop baie maklik!” Dit is `n onbetwisbare waarheid, maar wie durf dit te waag om hom openlik uit te spreek! Werklik, `n gewigtige saak vir `n man van eer!
[3] O Josef, jy het gelyk! Maar gee ek jou gelyk, dan sal hulle my van alle kante aanval en weet hoe om my die mond te snoer. As ek maar geweet het hoe ek my uit die strikke van my veglustige kollegas kan bevry! Ek sou dit met die grootste genoegdoening doen, maar hoe sal dit dan met my gaan? Ek weet netso goed soos jy, beste vriend Josef, dat ek liggaamlik gesterwe het en my reeds byna sestig jaar of meer hier in die geesteswêreld bevind, hoewel ek nie op aarde daarin geglo het nie. Maar wee my, as ek teenoor my kollegas so-iets sou laat val!
[4] O Josef, help my om aan my kollegas te ontkom en jy sal jou Migatzi dadelik in `n ander lig sien! Ek bied jou steeds soveel moontlik die helpende hand; dit is trietsig dat ek anders met jou moet praat as wat ek eintlik sou wil. Jy ken Rome goed, maar ek ken dit beter, want ek ken die grond waarop Rome staan. Solank geen Hercules Rome oorweldig, wat haar kopstukke tot `n val sal bring nie, sal dit nooit dag word op ons liewe aarde nie!”
[5] Na die gesprek met homself sug die aartsbiskop diep en sê vir Josef: “Beste vriend, jy het geduldig gewag op `n waardige antwoord, maar ek kan jou, ondanks al my nadenke, geen antwoord gee nie, want daar is dinge tussen son en maan, waarvan die menslike wysheid hom nog nooit iets kon voorstel nie. Ek hoop dat jy my sal begryp!”
[6] Josef sê: “Ja, ek begryp jou, en in hierdie ruimtes bevind hom nog `n groot aantal aartspape (aartsbiskoppe) vir wie jy `n onuitspreeklike angs het, maar wat ewe onbeduidend is as jou aartsbiskoplike hoogwaardigheid. Kyk, die Heer het die oor van my hart geopen en ek het jou gedagtegang verneem, waardeur ek jou antwoord reeds ken. Van nou af aan is jy my dierbare vriend en die Heer sal dit by jou regstel, waaraan dit jou nog ontbreek. Laat jou dwase angs vir jou duistere kollegas egter vaar. Hulle sal jou niks doen nie, daarvoor staan ek in! Ons het ook nie vir hulle hierheen gekom nie, maar slegs vir jou, omdat ek jou ken. Hoort jy by ons, dan is ons reeds hier klaar. Wend jou egter nou tot die Heer! Hy sal jou met een woord gesond maak!”
[7] Aartsbiskop Migatzi sê: “Beste vriend Josef! Jy weet dat ek dit met alles wat jy as korrek, goed en waar erken, volkome eens het. Net dat hierdie, origens buitengewone opreg lykende seun van Abraham Jesus, die goddelike Heer uit Nasaret sou wees, kan ek nog nie heeltemal begryp nie! Jesus, die Heer moet tog iets van die heerlikheid van Sy hemelse Vader uitstraal, maar Hy straal netso min iets goddelik uit as `n gewone mens!
[8] Maar hoe dit ookal sy: Christus, die Gesalfde God, die ware Hoëpriester in die ewigheid, is die liefde van God vir die mens. As Hy my, arme sondaar, liefde sal betoon, dan is Hy my Christus en Heiland vir ewig, al loop Hy ook in die kleding van `n skoenmakerskneg! Betoon Hy my geen liefde nie en gaan Hy met my te werk soos `n Roomse geestelike, dan is Hy vir my niks werd nie.
[9] Jammer genoeg was ek ook self `n Roomse hoëpriester; ek moes van die alleen saligmakende kerk preek en alles verdoem wat nie sy knie wou buig voor die tiara nie. (pouslike kroon) Maar met al die verdoemenis neem ek dit nie so ernstig nie, want ek glo my hele lewe lank tog nooit aan `n vagevuur en nog minder aan `n hel nie, omdat ek beide nie in ooreenstemming kon bring met die goddelike liefde en wysheid nie. Bowendien het ek te veel van die mens gehou, sodat dit my nooit erns kon wees om ook maar die slegste van hulle vir ewig te verdoem nie!
[10] Ook die slegste kan slegs gedurende `n bepaalde tyd sleg wees, want hy het hoogswaarskynlik in die begin `n sodanige natuur besit, dat hy nie anders kon handel nie. Word so `n booswig, na `n sorgvuldige ondersoek van sy aanleg, opvoeding, beweegredes en die omstandighede waarin hy hom bevind, of wel reeds op aarde of hier in die ryk van die geeste solank tot `n straf veroordeel tot hy hom volledig verbeter, dan is `n straf goed en regverdig. Maar `n ewige straf vir `n tydelike vergryp kan tog onmoontlik deur die hoogste Wysheid en Liefde van God verordineer gewees het, want so-iets pas wel `n aartstiran, maar nooit by `n God van liefde nie!
[11] Jy sien dat ek welbeskouend in wese geen egte priester was nie, want my mensvriendelike beginsels het my daarteen behoed. Vind ek Christus nou soos Hy is en nie soos Rome Hom verkondig nie, dan is Hy vir my ook welkom in die kleding van `n skoenlappersjonge. Is Hy egter Christus volgens Roomse snit, dan is God ons genadig en barmhartig, want dan is ons lot die ewige brandende hel, waaruit `n uitweg nooit as te nimmer meer gebied sal word nie!”
[12] Josef sê: “Ek is dit volkome met jou eens, maar by hierdie Christus hier sal jy dit vind, wat jy wil vind: `n Heer wat jou, netsoos ons almal, redelik na aan die hart lê. `n Christus wat wyser en beter is as hierdie alleen ware en enige Christus, kan jy jou in die ewigheid nie voorstel nie. Dat ek my ook nooit `n wraaksugtige, straffende God kon indink nie, maar slegs `n wyse en sagte Vader vol opregte liefde, bewys immers my sagte strafwet, wat die afskuwelike doodstraf heeltemal afskaf en selfs die grofste misdadigers sodanig bestraf, dat hulle weer mens kon word. En ek weet, dat ek daarby ook heeltemal geen lelike en wraaksugtige bedoelings gehad het nie. Hieruit sien jy dus...”
[13] Hier val die aartsbiskop vir Josef in die rede en sê: “Ja, ek sien dat jy `n verhewe vors was en `n egte mens volgens die wil van God! Daarom neem ek dan ook jou vriend aan as die Christus, wat my dan ookal mag oorkom. My kollegas sal nou spoedig soos duiwels oor my heen val, maar Migatzi sal bly by wat hy nou aanvaar het. Ek hoor hulle al aankom!”
|
|
|
|
|