Van die Hel tot die Hemel - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 128

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154.

Die plek van ware geluksaligheid... in die hart van die mens. Die weg na die hemel is drie spanne lank

278 Ek sê: “Ja, so is dit! Slegs op die smal pad en die klein plekkie in die hart, is vir elke mens die ware geluk en die ware saligheid te bereik. Wie dit soek op die breë weë en van mening is dat die saligheid alleen te vinde is op groot pleine vol prag en praal, die vind haar nooit. Slegs die hoogmoed bou breë weë van verderf en lê groot pleine aan, maar dit bepaal materieel, nóg geestelik, die geluk van die mens.” 

[2] Julle het dikwels op aarde gesien hoe die grotes hulle vetmes ten koste van die kleines en armes. Wie word egter ooit gelukkig deur goud, silwer of edelstene? Ek sê vir julle: Niemand nie! Roem- en hebsug is nie te versadig nie en strewe dag en nag daarna om nog meer praal, roem en rykdom te verwerf. Wie ontevrede is, is ook nie gelukkig nie en kan dit ook nooit word nie. `n Groot en breë plek het baie nodig voordat hy vol word en selfs dan voldoen hy nie meer aan die eise van die eienaar nie. Hy streef nou na uitbreiding en aanvulling van die plek en so bring die een boosheid die ander voort. Dit is nie moontlik dat sulke mense ooit die punt kan bereik waarop hulle `n waaragtige en blywend geluk vind nie. 

[3] Waaruit bestaan die grootste ongeluk van alle helle-geeste dan eintlik? Dit is die strewe na die oneindige! Maar die oneindigheid het geen agtermuur en geen grense nie. Daarom is dit maklik om te begryp dat `n, van die hel vervulde gees, onmoontlik tot geluksaligheid kan kom. Wie die saligheid soek in die oneindige, kan haar onmoontlik ooit vind. Hoe verder hy daarin deurdring, soveel eindeloser word die kloof wat hy voor hom sien en hy sal ewig nie daaroor kom nie.

[4] My ryk is daarom in die klein hart van elke mens gelê. Wie daar wil inkom, moet dus sy eie hart binnegaan en daar `n rusplekkie inrig, wat deemoed, liefde en tevredenheid heet. Het hy dit in orde gebring, dan is sy geluk ook vir ewig bepaal. Hy sal dan spoedig baie meer vind as wat hy ooit verwag het, want `n klein huisie is seker makliker om al die benodighede in op te rig as `n groot paleis, wat nog steeds leeg daaruit sien, ook al is dit al met duisende voorwerpe ingerig.

[5] Daarom moet julle geen groot idees oor My hemele hê nie, maar baie beperkte en klein voorstellings, dan sal julle die ware geluksaligheid daarin vind. `n Hart vol liefde vir My en vir die broeders en susters, netsoos `n gemoed vol egte werklus, sal vir elkeen van julle die ware, ewige saligheid tot stand bring.  

[6] So moet julle ook nie My hemele êrens baie ver weg vir julleself voorstel nie, maar baie naby. Die hele weg is hoogstens drie spanne lank: Die afstand van die kop tot in die sentrum van die hart! As julle hierdie klein afstand afgelê het, dan is julle reeds daarin. Dink veral nie dat ons miskien `n vinnige vlug tot bokant alle sterre sal maak nie, ons daal slegs af in ons hart. Daar sal ons ons hemele en die ware ewige lewe vind!”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205