Van die Hel tot die Hemel - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 85

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154.

Robert se eerste kontak met die troep soldate. Hy probeer hulle opheldering te gee oor die geestelike ryk

235 Robert bedank My weliswaar innig, maar het tog nie regtig die moed om `n gesprek met die soldate aan te knoop, voordat hulle hom aanleiding daartoe gee nie. Die soldate merk dit, want hulle het My woorde, wat hulle goed aangestaan het, verneem. Daarom is hulle stil en wag totdat Robert hulle sal aanspreek. En dus kyk Robert nou die soldate aan en die soldate kyk vir Robert; geeneen van beide partye wil die inisiatief neem nie.

[2] Na `n rukkie tree die mooi Helena na vore en sê: “Maar liefste Robert, hoe kan jy ook maar `n sekonde aarsel met die uitvoering van die wil van die Heer! As die Heer my so `n opdrag gegee het, was ek al lankal daarmee klaar gewees; maar jy kom eers met `n hele spul sinnelose verontskuldigings aan, hoewel jy weet dat jy by die Heer nooit kan beding nie. Want Sy Woord kom steeds voort uit Sy liefdevolle, wyse ordening en moet vervul word. Sonder hierdie vervulling is daar onmoontlik ooit aan enige heil te dink nie. As jy dan die Woord uit die mond van God verneem, wat aarsel jy dan nog? Kom tog in aksie, sodat die agtenswaardige troepe merk dat jy karakter het! Dink net terug aan die dapper Cado, wat op `n baie besondere manier selfs vir Satan die moed ontneem het. Toe het jy al diens gedoen as beskermgees en nou beef jy voor hierdie groep wat nouliks honderd man tel. O, dit versier die groot naam van Robert Blum glad nie!”

[3] Wanneer die troepe die Naam “Blum” hoor, tree hulle nader en vra bars: “Wat se Blum is dit? Tog nie die groot staatsmisdadiger, wat die fors generaal von Windischgratz laat doodskiet het nie?”

[4] Hierdie vraag sit Robert in vuur en vlam en hy gaan dadelik vermetel op die troep af en sê met luide stem: “Ja, dieselfde Blum staan voor julle, maar nie meer sterflik nie, maar vir ewig onsterflik! Robert Blum was nooit `n staatsmisdadiger nie. Die getuienis gee die Heer en die hele beter deel van Duitsland vir my! Maar die generaal, wat my hier in Wenen in sy hoogmoedige ywer laat doodskiet het, het nie lank daarna nie as `n egte staatsmisdadiger aangekom. Slegs sy ou, hoë adel en enkele vroeëre patriotiese dade het hom die kerker bespaar. Duisende hier in Wenen kon van my getuig dat ek ten slotte, toe Wenen so goed as verlore was, almal afgeraai het om hulle nog langer teen die duidelike oormag te verweer, maar daarvoor het menige my vir `n lafaard uitgemaak. Toe neem ek die swaard weer op en sê: “Wie nie `n gewisse dood vrees nie, tree weer met my toe tot die stryd” Is dit `n staatsmisdaad by julle?”

[5] Na hierdie heftige uitsprake van Blum tree die offisier op hom toe en sê: “Vriend, in 1848 het die gerug die ronde gedoen dat u nie doodgeskiet is nie, maar heimlik deur die vors vrygelaat was en dat `n ander misdadiger onder die naam Blum doodgeskiet was. U sou egter onder `n valse naam via Berlyn en Hamburg na Amerika vervoer word. Dat u weer in hierdie stad verskyn, laat die vermoede rys, dat daar enige waarheid skuil in hierdie mite. Sê u my net waarheidsgetrou, hoe die feit dat u nou onmiskenbaar hier opduik, verband hou met dit wat u nou meegedeel het.” 

[6] Robert sê: “Vriend, hierdie mite is niks anders as ouvrou praatjies nie. Ek is voor die oë van baie toeskouers, wat my baie goed ken, doodgeskiet. Wat jy nou hier voor jou sien, is geen aardse vlees en bloed meer nie! Dit is Robert Blum se ewig lewende gees, hier deur God, die Heer geroep om julle te leer dat ook julle almal dit is wat ek nou is, naamlik onsterflike geeste in die groot ryk van die ewigheid!

[7] Nadat die liggaamlike lewe van my weggeneem was, kon ek myself vir `n lang tyd nie daarvan vergewis of ek wel gesterwe het of nie. Vir `n lang tyd het `n digte duisternis my omgewe, wat ek my nog steeds met afgryse herinner. Slegs God se erbarming het my vanuit die nag omhoog na die heilige lig van alle lewe gelei, en in die lig het ek eers begryp dat ek eintlik gesterf het.  

[8] Dieselfde Heer en God is sedertdien byna onophoudelik by my. Baie duisende van die aarde weggeneemde geeste het na hierdie geleentheid die volste vryheid van die ewige lewe bereik. Baie van hulle bewoon reeds die vrye state van God se hemele. Slegs `n geringe aantal is, voor hulle intrede in die hemele, in voortdurende teenwoordigheid van God hierheen gebring om al die goeies die verlossing te bring.

[9] Die geselskap wat julle hier sien, bestaan reeds geheel en al uit verlostes uit hierdie stad, waarin baie, nog deur aardse waan bevange, al enkele honderde jare treurig en ellendig deurgebring het. Deur die krag van die goddelike Woord het hulle self van hulle waanidees bewus geword, het die waaragtige lewenslig herken en is toe deur hulle oortuiging daartoe aangespoor, om Hom te volg, wat die enige ewige Heer van alle lewe is.

[10] Doen dieselfde, want op die aarde, wat julle nog meen te bewoon, is geen heil meer vir julle te vinde nie. Ek sou dit verseker nie vir julle sê as dit nie so was nie. Lê julle wapens neer; dit sal julle nie meer nodig hê nie, want in die toekoms sal slegs die Naam van die Heer julle magtigste wapen wees. Broeders, dink nie lank daaroor na nie en volg my! Ek het julle die volle waarheid gesê.”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205