|
Van die Hel tot die Hemel - Boek 2 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 36
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154. |
|
|
Minerva twis verder. Sahariël se lankmoedigheid. Bathianyi se ergernis oor die onverbeterlike
186 Miklosch vertel verder: “Cado sê: Wat ek tot nou toe met jou bereik het, was nie my werk nie maar die van hierdie magtige godsvriende. Sou ek nou alleen met jou te doene gekry het, wat sou dan van my geword het, want jy sal my in elke opsig die baas wees. Jy het soveel lesse ontvang en soveel leergeld betaal as wat daar wêrelde in die eindelose ruimte is, maar alles was tevergeefs, omdat liewer was vir jou hoogmoedige waansin as die stralende wysheid van die vele godsbodes wat na jou gestuur was. Waaroor dit vir jou gaan is: Alleenheerskappy oor alle hemele, oor alle materie en oor alle helle. Jy wil drie heerserskrone, drie septers en drie swaarde hê! Dit is en was, soos gesê, steeds die doel van jou strewe, en nou sou ek, arme en swak duiwel, alleen by jou bly en met jou alle reeds tevergeefse gedane bekeringspogings nogeens herhaal? Daartoe sal `n Cado hom nooit verleen nie! Daarom gaan ek met hierdie twee goeie godsvriende saam. Jy wil immers vry wees! Kyk, hierdie vryheid is nou vir jou gegee en jy kan doen wat jy wil! Ons is daarvan oortuig dat jy hierdie keer `n graf vir jou ewige dood sal grawe, omdat jy ons nie wil volg nie. Doen nou op eie krag wat jy wil, maar verwag nooit toestemming van God om, hoe dan ook, geweld te gebruik nie!”
[2] Minerva sê: “Dan vra ek julle al drie om nog `n rukkie by my te bly en pogings te maak om my te verbeter, wat nog steeds moontlik is, want aan wil ontbreek dit my tog sekerlik nie.
[3] Sahariël sê: “O nee, dit sekerlik nie, jy het veels te veel wil, maar vir watter een, dit is `n ander vraag. Tog wil ons aan jou verlange tegemoet kom en nog enkele oomblikke alle moontlike geduld met jou hê. Sou jy nie daardeur verander nie, dan sal jy vir altyd verlaat word!”
[4] Minerva sê: “Wel nou, dan vra ek julle om my kortliks uit te lê wat ek moet doen om vry te raak teenoor God en die hele skepping.” Sahariël sê: “Skoonheid, dan hoef jy slegs te bly soos jy is, want vry teenoor God en al Sy skepsele was jy vanaf die begin van jou bestaan. Dit is slegs die vraag of jy in God, jou Skepper en Heer, werklik vry wil word. Wat jy daarvoor te doen het, weet jy netso goed as ons. Handel daarvolgens uit vrye wil! Wil en doen dit wat ons wil en doen, dan sal jy ook verkry wat ons jou in die Naam van die Heer beloof het!”
[5] Minerva sê: “Ek sal dus eers `n slavin moet word om daarna eers in `n stellig redelike beknopte vryheid te kan oorgaan. Dit sal met my baie moeilik gaan, omdat daar in my `n gevoel wat redelik beslis in opstand kom vir elke vorm van vernedering. Is daar dan geen ander weg as hierdie nie, wat ek onmoontlik in staat is om te bewandel?”
[6] Sahariël sê: “Soos wat daar maar een God, een goddelike ordening en een waarheid bestaan, so is daar ook maar een regte weg wat na God en die ware, ewige vryheid lei. Wie dit nie wil bewandel nie, bly ewig ver verwyder van God, van Sy ordening, waarheid en vryheid. Wie egter in die enige waarheid in God nie vry word nie, bly netsoos jy, vir ewig `n ellendige slaaf. Sê jy ons nou kort en bondig wat jy sal doen. Wil jy met ons saam na die Heer Jesus, of wil jy nie?”
[7] Minerva sê: “Ek sou wel wil, as ek sou kon, maar ek kan nie, omdat dit vir my voorlopig nog nie moontlik is nie. Tog wil ek nou alle denkbare moeite doen om julle te volg. As ek julle dan binnekort sal laat weet of dit ja of nee is, kan julle alles doen wat julle ordening julle gebied.” Sahariël sê: “Goed, goed, ook die genoegdoening sal ons jou nog toelaat. Begin daarom dadelik met die bestryding van jou verderflike hoogmoed!”
[8] Miklosch vervolg sy verslag: “Aha, kyk nou net hoe die huigelagtige Minerva haar in allerlei posisies inwring en haar oë verdraai asof dit werklik vir haar erns is om te verbeter. Dit is vir my `n deurtrapte helleveeg!”
[9] Graaf Bathianyi sê: “Vriende, by die ou hoer is geen vooruitsig meer op verbetering nie. `n Drievoudige kroon in hart en hoof, en dan ook nog `n verbetering deur deemoed! Ek het tog alles gehoor wat Cado eerstens en later al drie met hierdie prima donna van die hel bespreek het. Hoever het hulle met haar gekom? Die skitterende gewaad het sy wel aangetrek, omdat dit haar versterk in haar trots en heerssugtige ydelheid, maar tot iets wat ook maar op die geringste verdeemoediging lyk, sal die drie haar nooit kan beweeg nie. Ek is van mening dat mens die feeks êrens vir ewig sou moet knel en dan verder nie meer oor haar moet bekommer nie, want verbeter sal hulle haar wel nooit as te nimmer nie.”
[10] Miklosch sê: “Beste vriend, dit kan ons eerder aan die Heer oorlaat. Hy sal wel die beste weet wat Hy met die sonderlinge wese moet doen. In die eerste plek interesseer die enorme geduld van ons algoeie, heilige Vader my, en in die tweede plek, die meer as merkwaardige wyse, waarop die skyn-Minerva oral - en meestal op `n oënskynlik beskeie manier - tussen die klippe deur seil waar dit haar ommekeer betref. Ek begryp net nie hoe sy met haar oerlelike karakter uiterlik so onbeskryflik mooi kan wees nie. Op aarde bestaan trouens ook dergelike teenstrydighede: Die mooiste diere is gewoonlik ook die mees kwaadaardigste, die mooiste blomme dikwels giftig en die mooiste vroue dikwels onopreg van aard. Onder alle kerklike instellings op aarde staan die Roomse in uiterlike prag en praal seker hoog boaan, maar innerlik is hulle ongetwyfeld die slegste. Daarom kom dit my tenminste voor, dat juis in die volmaakte, suiwer uiterlike skoonheidsvorm die eintlike grondtrekke van die hellewesens te vinde is.”
[11] Graaf Bathianyi sê: “Ja, jy het volkome gelyk: Die mooiste lande van die wêreld word gewoonlik deur die slegste mense en kwaadaardigste diere bewoon en die onkruid woeker daar enorm. In die paleise woon weliswaar gewoonlik die qua (in die hoedanigheid van) uiterlik mooiste mense, maar wie se geesteskinders is hulle meestal? Wat uiterlik te sterk skitter, is meestal van die duiwels!”
[12] Die generaal, wat langs hom staan, sê ook: “Dit is waar; hoe meer eretekens op die uniform, soveel te meer moes hy mense omgebring het of tot slaaf gemaak het! Die onderskeidings staan weliswaar goed, maar daaronder staan die gewete, as daar nog een aanwesig is, daar sleg voor; en dan is Satan ook uit op sy voete, nie waar nie, beste broeders in die Heer?”
[13] Bathianyi sê: “Ja, dalk is iets daarvan waar, maar natuurlik nie altyd nie, want daar is tog ook manne, wat hulle eretekens op die mees redelike wyse verwerf het. Onderskeidings van verdienste, waarvan die besitters opregte mense is en sodoende dus ook langs regmatige weg aan hierdie eervolle onderskeidings gekom het. Daarom kan mens nie aanneem, dat onder elke bors met wat met eretekens versier is, `n slegte of glad geen gewete sou sit nie!”
[14] Die generaal sê: “Jy het op jou manier heeltemal gelyk, maar ek ook op myne. Ook ek veroordeel nie elke versierde bors nie, maar die belangrikste sieraad op elke bors bly die suiwer en ware liefde tot God en tot die naaste. Waar dit aan `n nog so opgesmukte bors ontbreek, stel al die ander eremedaljes niks by my voor nie. As die Heer egter Self sê: “As julle alles gedoen het, erken dan, dat julle onverdienstelike en lui knegte was!” Hoe kan `n ware volgeling van Christus dan `n eervolle onderskeiding vir hom op sy jas laat speld? Ek meen dat tog niemand iets hierteen kan inbring nie, want dit is God se Woord!”
[15] Bathianyi sê ietwat geïrriteerd: “Ja en nogeens ja! Jy het gelyk, maar daarom het ek nog geen ongelyk nie. Dit spreek vanself dat daar sonder liefde geen reg en sonder reg ook geen egte liefde kan wees nie!”
[16] Miklosch sê: “Broeders, soos ek merk, gaan julle hier voor die Heer, die enige ewige, ware regter, `n soort juridiese geveg aan oor niks en niemand nie. Daar, op enkele treë afstand aan julle regtersy, staan die Heer vol liefde, goedheid en sagmoedigheid! Vra dit vir Hom, en julle sal hoor wie van julle die grootste gelyk het. Wie sal egter hier voor die Heer Self `n stryd oor aardse onderskeidingstekens wil begin, wat juis nou, na die moontlike belangrikste tafereel van die hele ewigheid daar in die noorde, afgespeel het, totaal misplaas is.
|
|
|
|
|