Van die Hel tot die Hemel - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 23

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154.

Gesprek tussen Cado en Minerva. Verskriklike beproewing van die hellevorstin. Cado se ware klip van die wyses. God- Jesus is oorwinnaar. Sy Naam is vir die hel `n gruwel

173 Miklosch vervolg: “Minerva sê: “Maar Cado, so onbeskaamd grof het ek jou werklik nie gehou nie. Weliswaar het `n paar gunstelinge van my hofhouding my vertel watter ruwe skepsel jy moet wees, maar ek het hulle uitsprake nie sommer vir soetkoek aangeneem nie. Aangesien ek myself nou egter oortuig het van die hoogs onbeskaafde manier, waarop jy met hoogstaande geeste omgaan, is ek genoodsaak om `n ander toon teenoor jou aan te slaan. Om te begin moet jy `n klein strafvoltrekking ondergaan om daaruit af te lei, hoe ek graag omgaan met geeste van jou soort. As hierdie aanblik jou nog nie laat vermurwe nie, dan sal ek ook my strengheid vir jou laat voel, omdat my minsaamheid jou nie geval nie!” 

[2] Minerva wenk, en oombliklik word daar deur vreeslik uitsiende duiwels `n hele spul folterwerktuie aangedra en in `n wye kring om Minerva opgestel. Dan word daar deur nog leliker duiwels `n aantal ellendige, nog baie menslik uitsiende, duiwelse misdadigers uit die afskuwelike grot bygesleep. Hulle huil verskriklik en baie kruip voor Minerva en smeek haar uit die diepste wanhoop om hulle tog te wil spaar, maar swyend wenk sy vir die duiwels wat behoorlik verhit is deur folterlus. Baie haastig gryp hulle die slagoffers en begin hulle op `n onbeskryflike manier te martel.

[3] O, dit is tog afgryslik om te aanskou! As hierdie duiwels, netsoos ons, gevoelig moet wees vir pyn, dan is dit iets waarvan selfs die wysste gerub moet stil word! Die foltering verloop maar langsaam en volgens `n vaste plan. O Heer, die ewige liefde, ontferm U oor hierdie ongelukkige duiwels en laat die arme Cado nie heeltemal wanhopig word nie. Ek hoor van hom niks anders meer nie as: “O God, o God, o God! Waar is U? Is dit dan moontlik dat U so-iets rustig kan aanskou? Ek is verlore, verlore!” Dan sak hy bewusteloos inmekaar.

[4] Minerva roep Cado nou spottend toe: “Wel, dapper held, waar is jou moed en hardkoppigheid nou? Verkies jy dit miskien om my nog langer te trotseer? Probeer dit maar net en ek sal my krag dadelik aan jou toon. Hoe geval die klein proeflopie, wat ek voor jou oë laat uitvoer het, jou? Die saak loop goed, nie waar nie?” 

[5] Cado spring egter skielik, besiel met nuwe kragte, op en brul teenoor Minerva: “Satan! Oorsaak van al die kwaad! Wat het hulle gesondig dat jy hulle so laat kwel? As jy ook maar `n sprankie wysheid besit, soek dan in jouself na die rede en deel my dit mee! As dit my tevrede stel, dan sal ek jou aanbid! Spreek, of ek verskeur jou in atome!” Nou bars Minerva in `n skel gelag uit en roep: “O jou ellendige wurm, jy waag dit nog na alles wat daar gebeur het, om my, as heerseres van die oneindigheid, letterlik brullend tot verantwoording te roep! Wag maar, jy sal dadelik die beloofde tugtiging kry! Dit sal jou vertel op welke gronde die almag baie dinge kan doen soos dit haar behaag, sonder om vooraf `n geskape wese se toestemming te bedel.” 

[6] Nou gee Minerva haar duiwelse laksmanne `n wenk om Cado te gryp. Meteens spring daar `n hele bende grimmige duiwels op hom af om hom na die folterwerktuie te sleep. Maar nou moet jy Cado eers sien! Nee, so `n krag het ek nie agter hom gesoek nie! Op dieselfde oomblik werp hy `n klip met alle krag in hulle midde, sodat hulle soos na `n towerslag uitmekaar spat, asof daar `n enorme bliksem tussen hulle ingeslaan het. Geeneen van hulle lyk of hulle nog sin daarin het om `n tweede aanval te waag nie. 

[7] Toe Cado sien dat die klip wat met U Naam, o Heer, beskryf is, hom so `n groot diens bewys het, lê hy sy hande op sy bors en sê: “Nie meer Jood-profeet Jesus nie, maar God-Jesus! U het my gehelp! Aan U al my dank en al my agting, ook vanuit die hel waarin ek my bevind!”

[8] Miklosch gaan verder: “Dit is uitermatig opmerklik dat na die noem van U allerheiligste Naam alle duiwels met hulle Minerva soos deur duisend bliksems getref, op die grond gegooi word en geen sin meer skyn te hê om weer op te staan nie.

[9] Cado vra nou aan die ineengekrimpte Minerva: “Wel, beminlike heerseres oor die oneindigheid, hoe gaan dit nou met jou? Dit lyk my dat jy `n bietjie aangeslaan is? Sou jy nie ietwat nader na my wil kom nie? Miskien kan ek jou help met nog so `n klip van die wyses?”

[10] Minerva rig haar nou weer op, maar ontdek tot haar verdriet dat haar lans gebreek en haar septer beskadig is! Sy kyk `n rukkie na haar waardigheids- eienskappe en sê: “Dit is baie sleg vir my heerskappy, want eens het die magtige noodlot tot my gespreek: “Minerva, wyse en magtige koningin oor alle sterre, as dit ooit gebeur dat jou lans gebreek en jou septer beskadig word, dan sal daar spoedig `n einde kom aan jou heerskappy, en jy sal erger as `n kadawer verafsku word!” Ja, die onverbiddelike noodlot het die waarheid gespreek! Geen engel uit die hemele kon ooit my mag breek nie, maar aan `n lae duiwel, wat tog na al sy slegtigheid `n allerdomste duiwel was, was die voorbehoud om my tot `n val te bring!” 

[11] Na die gesprek met haarself wend sy haar tot Cado: “Domste van alle duiwels, hoe voel jy jou nou, noudat jy my so smadelik beetgekry het? Sal jy nou as sinnebeeld van die grofste domheid wêrelde, sonne en alle elemente bestuur? Sal jy hulle kan teenhou as hulle hulleself nou spoedig, omdat ek hulle nie meer in stand kan hou nie, op jou stort? Dink jy dalk dat `n wêreld met al haar gewig haar deur jou smerige klippe, in haar val sal laat teenhou?” Cado sê: “As jy, as almagtige heerseres oor die oneindigheid, jou nie kon beskerm teen my klippe nie, hoe sal jou miserabele werk haar dan daarteen beskerm? Wie so `n fraai godheid soos jy oorwin, vir hom sal haar werk ook nie onoorwinlik wees nie. Wees maar nie besorg daaroor nie! Dan weet `n ander Godheid soos jy wel, wat hy met jou werk moet aanvang. Sê my liewer hoeveel van die arme duiwels, wat jy vir jou eie genoegdoening op so `n afskuwelike manier wil laat folter, nog agter in jou grot bly, en hoeveel daar al sedert onheuglike tye miskien nog erger gepynig is. Praat die suiwer waarheid, anders sal dit sleg met jou afloop!”

[12] Minerva sê: “Kyk, blinde dwaas, alles wat jy hier gesien het, was niks anders as `n vlugtige produk van my fantasie by die beproewing van jou moed nie. Ek alleen is eg; al die ander was suiwer skyn. Daardeur was dit ook vir jou maklik om te stry teen hierdie skyn! Was daar iets hier wat op jou afgekom het wat werklik bestaan, dan sou jou klippe jou verseker geen oorwinning besorg het nie. Jy het slegs skyn en geen werklikheid oorwin nie.” Nou dink Minerva ewe na en sê na `n rukkie: “Ek kan jou dus ook geen antwoord gee op jou vraag nie, te meer omdat my geregtelike trots my ook nooit sou kon toestaan dat ek my vir `n wysgerige gesprek met so `n dom duiwel sou inlaat nie. Begryp jy dit?!” 

[13] Cado sê spottend: “Kyk, kyk, wat se skrander dier is jy tog nie! Dus sou ek deur die goddelike Naam van Jesus slegs iets denkbeeldig oorwin het? En tog sê jy nou net van jouself, dat jy `n almagtige werklikheid is! As ek slegs met my klip jou wrede fantasiebeelde sou oorwin het, hoe is dit dan dat jy in werklikheid nou so totaal verlam voor my staan? Spreek nou en maak hierdie saak begryplik vir my!”

[14] Minerva sê: “Dit is ook maar `n skynoorwinning, omdat ek maar net maak asof ek oorwin was; want as oorwonne, sou ek nie so vasbeslote voor jou gestaan het en nie bereid wees om nog tallose kere opnuut die stryd met jou aan te knoop nie! Ek gebruik die skyngeveg vir jou, groot nul, slegs uit respek vir jou, my helaas te welgevallige wese, dat my hart met onverdiende liefde vir jou vervul is. Sou ek nie so fyngevoelig rekening met jou gehou het nie, dan het ek `n paar allerswakste muggiegeeste op jou afgestuur, wat jou mag tot nul sou gereduseer het. As jy egter te veel stories versin, sal ek tog nog genoodsaak wees om jou met die werklikheid te laat kennis maak.”

[15] Cado sê: “Hmm, merkwaardig. Nee, jy is werklik `n sjarmante wese! Kyk net, soveel goedhartigheid het ek nie van jou verwag nie! Dat jy buitengewoon goed moet wees, het jou fantasiebeelde my immers voldoende bewys. Netsoos jou pragtige idees om die Godheid te onttroon, wat jy vroeër wou laat uitvoer het deur jou vernaamste krygers, wat nou onder die gloeiende see begrawe lê. Was dit miskien ook `n niksseggende spieëlgeveg? Die eerste ontvangs deur jou apostels was vir my tenminste verdraaid eg, wat my deur skade en skande maar al te duidelik geword het. Dieselfde apostels, waaraan nog `n enorme aantal toegevoeg was, het egter naderhand teen die ware, almagtige Godheid te velde getrek, hoogswaarskynlik om jou ewe ou plan uit te voer. Maar die almagtige Godheid was dadelik so vermetel om die vuursluise van die gebergte te open, waardeur jou hoofmag onder die golwe van die vuursee begrawe was. Wees so goed om my te sê of dit alles ook maar skyn was, sonder enige werklikheid?”

[16] Met van woede verbete lippe sê Minerva: “Dit was jammer genoeg geen skyn nie! Dit wat egter vir my so ongunstig uitval, is helaas die skuld van jou dom hoofman, want ek het hom al goed honderd keer gesê dat die tyd daarvoor nog nie ryp was nie. Hy het egter eiemagtig gehandel en het sy loon vir sy waansinnige waaghalsigheid gekry! Wanneer sal so `n geleentheid hom weereens voordoen?”  

[17] Cado sê: “Ek glo, in alle ewigheid nooit meer nie! Vergeet maar daarom jou dom planne! God is en bly ewig God, en jy `n allerdomste wese, sleg en ellendig genoeg, as jy die plan nie wil opgee nie. Wat `n onuitspreeklike mooi wese sou jy nie gewees het as jy maar nie so kwaadaardig en dom was nie. Lê jou oeroue, steeds vrugtelose werk tog net neer en aanvaar die wil van die Almag, wat jy nooit as te nimmer sal kan weerstaan nie. Gee jou oor, jy, die qua (in die hoedanigheid van) gestalte wat so onbeskryflik mooi is, dan sal ek jou omring met `n liefde waarvan die hele oneindigheid onder die geskape geeste nog nooit `n voorbeeld gesien het nie. Anders moet ek jou, ondanks jou seldsame skoonheid, tog ten diepste verag.”

[18] Minerva sê ietwat minder hartstogtelik: “As jy weet wat ek weet, dan sou jy anders gepraat het oor jou Godheid, maar desondanks het jy gelyk dat jy so vir my spreek, want so is dit werklik! Tog sal ek my nooit as te nimmer kan verander nie, want verander ek my, dan bestaan daar die volgende oomblik buite God en my geen geskape wese meer in die hele oneindigheid nie, geen son en geen aarde nie. Ek moet daarom in die ewige kwelling bly, sodat die skepsele wat uit my voortgekom het, in alle saligheid kan swelg. Maar nou is ek siek en dit moet maar eers verander!”

[19] Cado sê: “O arme moeder van die oneindigheid, kom na my toe en ek sal jou na ons liewe Heer en God Jesus bring, daarna sal alles weer goed wees

[20] Minerva krys: “Kom nooit met daardie Naam by my aan nie, anders is dit dadelik uit tussen ons twee, want daardie Naam is vir my `n gruwel!”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205