Van die Hel tot die Hemel - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 55

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154.

Fantastiese vermoedens van die meelopers. Nuwe, merkwaardige ontmoetings. Die reeds lank oorlede voorouers uit die huis van Habsburg-Lotharinge

205 Terwyl hulle verder loop, sê die humoris: “Wat beteken dit nou weer: Die heer gaan op weg, dus gaan ons ook! Wie is dan die heer, waarom is hy `n heer? Die man sal tog nie in alle erns wil beweer dat hierdie egte Poolse voddedraer ten slotte tog Christus, die Heer is nie!” `n Ander naas die humoris sê: “Sê Seppl, nou word dit vir my heeltemal duidelik hoe dit is met dié geselskap!” Seppl vra: “Nou, wat dan? Sê gou! Ek is benoud oor jou mening!”

[2] Die ander vervolg: “Luister dan! Dit is Russiese spioene onder die dekmantel van `n sekere transendente piëtisme (oordrewe vroomheid) waarmee hulle die mensdom sand in die oë strooi! Dit is waar, die sogenaamde Paulus is goed van die tongriem gesny en sy twee geldwisselaarsake is van die aard dat daar nie aan bedrog gedink kan word nie. `n Onbeholpe masker is egter slegter as heeltemal geen, daarom het hierdie Russe `n subtiele masker gekies: Christus, Paulus, vas en seker ook vir Petrus, Jakobus of Johannes en miskien selfs ook nog vir Josef en Maria! `n Egte seldsame sekstet! Die Christus sal wel so `n eersteklas magiër wees en baie raaiselagtig spreek, as hy ookal iets sal sê, want gewoonlik is sulke magiërs stom. Die sogenaamde Paulus sal sy naaste handlanger wees, ook bekend met die magie, maar hoofsaaklik tuis in die spreek. Beide die ander lyk my eerder assistent goëlaars te wees, en wat daar heeltemal vooraan, met die mooi Kaukasiese, is vas en seker `n vername slimjan, wat van alles kennis dra. En sy liefie is so `n lokvoëltjie en dalk, natuurlik vir baie geld, `n lieflike trekpleistertjie vir `n bepaalde opstuwing in die onderlyf. Weliswaar alles menslik, maar as sodanig, tog selfs vir ons groot Wenen iets seldsaam! Wel Seppl, begin jy daaruit al `n bietjie wys te word?”

[3] Die humoris sê: “Ja, uit die verloop van hierdie gebeurtenis sou mens wel iets dergeliks kon agterkom, maar oor die geheel geneem kan ek jou sienswyse tog nie deel nie. Want Paulus is werklik `n wyse, soos daar in geheel Wenen geen tweede te vinde is nie, en die sogenaamde Christus, weliswaar `n egte Poolse Jood, lyk verder `n buitengewone goeie man te wees, wat nie in die minste die geslepenheid van `n koopman besit nie. Die ander vier, inbegrepe die Kaukasiër, lyk baie keurig en mens kan niks buitengewoon aan hulle vind nie. Laat ons dus ook saamloop, asof ons lewe daarvan afhang. Die saak begin vir my `n baie ander aansien te kry, as wat die geval in die begin was. Kyk net na bo na die uitspansel! Die hemel is heeltemal onbewolk, daar is geen son nie en tog is daar daglig! Kyk ook net na ons welbekende straat! Sien jy, behalwe ons, ook maar `n siel loop? Alles is leeg, die huise lyk uitgesterwe, en op straat groei, hoe ongelooflik ook, die mooiste gras! Sê my net, val dit jou nie op nie?” 

[4] Die ander sê: “Seker! Die uitspansel lyk wel die merkwaardigste. Die hemel is letterlik lig-indigo blou en alles is verlig soos op `n helder middag, alles is verlig deur die son, maar nêrens is daar iets te ontdek wat soos `n son lyk en geen enkele voorwerp werp `n skadubeeld nie. Oral dieselfde lig en nêrens `n liggewende hemelliggaam nie; geen son, geen maan, geen ster nie. Ja, jy het gelyk, dit is wel baie merkwaardig!”

[5] Die humoris sê: “Nou, ek glo ook dat die saak `n bietjie merkwaardig is. Die stad, die huise, strate en pleine lyk wel heeltemal soos in Wenen. Ook die staat van beleg met sy omheinde bastionne en kanonne duur in presies dieselfde vorm voort. Die militêre wag is nie so streng teenoor die besoekers van die bastionne nie en laat hulle hulle gang gaan. Maar bekyk net die mense wat jy teëkom. Hulle is meestal wêreldvreemd, so wild en dom soos Chinese en treurig en weemoedig asof hulle cholera het. Daar voor `n huisdeur staan enkele sigeuners. Kyk maar net watter onnosele gesigte hulle trek en hoe hulle mekaar so nou en dan besnuffel om na te gaan of hulle na silwer of goud ruik! Het jy ooit so-iets in ons dierbare Wenen gesien?”  

[6] Die ander sê: “Dit is werklik redelik merkwaardig! Maar haai! Wat kom ons tog daar tegemoet? Iets totaal vreemd vir Wenen! Drommels, dit is groot swart volstruise! Hulle het enorm lang nekke en nog langer pote. Daar is `n hele trop en hulle kom nader; werklik, daarmee sou ek nie graag `n straatgeveg begin nie! Vriend Seppl, roep meneer Paulus net aan, hy sal jou wel inligting daaroor kan gee.” Die humoris Seppl sê: “Waarom moet juis ek dit doen? Die voëls sal wel uit `n groot dieretuin ontsnap het. My geagte neef is tog nie bang vir hierdie Afrikaanse gekastreerde hane nie?”

[7] Neef Holzbaumer sê: “Nee, dit bepaald nie, maar ek sou tog wel wil weet waar hierdie diere vandaan kom. Miskien is dit wel bose geeste. As ons dan tog in die geesteswêreld is, is so-iets goed moontlik!” Die humoris Seppl sê: “Geeste sal dit wel wees, maar geen bose geeste nie, want alles wat leef moet `n gees besit. Nou vorm hierdie hoenders letterlik `n front voor ons en volgens hulle eienaardige gesigsuitdrukking kan `n sekere strydlus nie ontken word nie. My beste neef sou ten slotte tog nog gelyk kon hê met sy bose geeste! Nou moet ek tog regtig die goeie Paulus net aan sy mou trek!”

[8] Nou raak die humoris Paulus aan en sê: “Luister, edele vriend, hoe is dit nou met die swart volstruise? Sal hulle ons opvreet of so-iets?” Paulus sê: “O nee, wees oor niks besorg nie; hulle sal ons niks aandoen nie. Hulle trek ons maar net in die gelid tegemoet, om ons beleefd te vra om hulle in hulle paleis te besoek. Wees daarom baie rustig, spoedig sal julle verneem hoe dit is met hierdie ystervreters.”

[9] Die humoris Seppl is nou gerusgestel en sy neef eweneens. Hulle stel ook die ander gerus, wat min of meer verbaas is oor hierdie verskyning. Wanneer ons egter in die omgewing van hierdie voëls kom, verloor hulle meer en meer hulle volstruisgestalte en verander in lang, maer mense. `n Paar stap daar na vore en versoek vir Robert en sy hele geselskap om hulle na hulle ou, hoogadellike paleis te begelei.

[10] Robert antwoord dat hy nie die Heer is nie en verwys beide na My, maar hulle sê: “As u nie die Heer is nie, waarom loop u dan vooraan?” Robert sê: “Omdat dit die wil van die Heer is, en so is dit eweneens Sy wil dat julle julleself tot Hom wend as julle met die een of ander ding geholpe wil word. Ons kan julle nie help, behalwe met leer en raad nie. Dit kom egter slegs die Heer toe om tot handelinge oor te gaan! Wend julle daarom tot die Heer; wat Hy verorden het, dit sal gebeur!”

[11] Na hierdie mededeling van Robert begewe beide hulle na My toe en sê: “As u die Heer is, kom dan met u hele geselskap saam met ons. Ons vra u daarom!” Ek sê: “Wat moet ons by julle doen? Wat se hoë here is julle, dat Ek julle nie ken nie?! Wat was julle dade? Ek herken die geeste maar net aan hulle dade en nooit aan hulle uiterlike nie!” 

[12] Beide sê: “Ons is nog geen geeste nie; ons is `n hertog en `n aartshertog en `n koning en nog meer! Ons woon almal in `n hoë adellike paleis en daarheen moet u saam met ons gaan, ons sal mekaar daar beter verstaan.” Ek sê vir Robert: “Lei ons dan maar daarheen en ons sal sien wat daar alles aan die lig sal kom.”

[13] Robert sê nou vir die twee: “Omdat julle dit wat die Heer gesê het, verneem het, gaan dan nou voor my uit en lei ons almal na julle huis.” Beide sê: “Ons woon nie in `n huis nie, ons bewoon `n hoogs adellike paleis, want ons is van die hoogste adel!”

[14] Helena, wat al ietwat kriewelrig geword het van die langdradige manier van praat van hierdie hoogadellike here, sê: “Nou, kyk maar net uit dat julle hoogadellike paleis nie `n egte smerige varkstalletjie blyk te wees nie! Nou wil hulle ook nog `n paleis hê! Nee, dit is tog om van te lag. Sulke verwaarloosde en haweloos geklede kêrels en dan nog wel `n hoogadellike paleis!” Een van die hoë edelliede sê: “Mejuffrou, stil maar met u groot mond, anders sit ek `n slot daarop! U moet bly wees, dat Onse Liewe Heer u laat lewe! Het u dit begryp?” 

[15] Helena sê: “Sê u my net, hoe lank gelede is dit dan al dat u gesterwe het? Te oordeel aan u tongval, moet u tog aardig lank voor Adam op aarde geleef het? Nee, is dit nou `n taal vir my; kry maar vir jou!* (*Die Oud Duitse taalgebruik gaan in hierdie vertaling helaas verlore – Goties!) Nou loop, volgens wat ek sien, die weg na die monnikeklooster! Sou die hoogadellike paleis dalk daar wees?” Die een hoë edelman sê: “Hou tog jou mond. Jy begryp ons nie; jy is nog te jonk daarvoor. Hou jou daarom maar stil! Ons gaan wel na die monnikeklooster, maar nie op die aarde nie, maar onder die aarde. Begryp u dit, mejuffrou?” 

[16] Helena sê: “Ja, ja, dit kom my ook so voor, dat julle nog behoorlik onder die grond woon! Dit sal wel die eerste keer wees dat julle julleself bo die grond bevind!” `n Edelman sê woedend: “Ek het jou al gesê, dat jy jou mond dig moet hou, maar as jy nie na my woorde wil luister nie, dan moet ek hom toeslaan! Het jy my begryp?

[17] Robert sê vir Helena: “Liefste, jy moet nie te veel praat met hierdie wesens nie, want hulle is baie ru en kan jou werklik leed berokken. Ek sien goed waarheen hulle ons sal bring en dus hoef mens verder nie meer daarna te vra nie. Kyk, dit is alles reeds lank oorlede vorste uit die huis van Habsburg en Lotharinge! Nou rus hulle in die vorstelike grafkelder by die monnikeklooster, ten dele ook by die Augustyne, en enkeles in die katakombes van die Stefanus katedraal - dit is hulle hoogadellike paleis! Ons sal nou spoedig by hulle sarkofae wees. Wees daarom nou stil!”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205