Van die Hel tot die Hemel - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 22

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154.

Cado se aardse lewensgeskiedenis. Verdere beproewing van sy hart. Die helse Minerva in die staatsiekoets. Cado se gewyde klippe by die verdediging?

172 Miklosch gaan verder: “Nou staar hy weer droewig voor hom uit en werp dan `n blik na die vreeslike grot, waaruit vanaf die agtergrond steeds geweldige vlamme oplaai, wat vergesel word van luide geraas en stemgeluide, soos wat slegs voortgebring kon word deur gemarteldes wat die hewigste pyne ly. 

[2] Cado se hare rys ten berge. Op sy gesig teken angs en wanhoop hom af en innerlik word hy siedend van woede. Nou gryp hy `n klip en sê met `n bewende stem: “O, kom maar Minerva, jy wat aan my aangekondig word, jy is die diepste oorsaak van alle kwaad! Hierdie klip sal aan die lig bring hoeveel wrede wysheid daar in jou harsings wel voorhande mag wees! God of `n duiwel mag my `n antwoord gee: Wie is die gepynigdes, wie pynig hulle en watter skuld het hulle? Geen antwoord nie! Ook nie uit die hel nie! Dit is nou die houding van maghebbers: Hulle negeer die stem van `n arme duiwel. My hart, jy vra tevergeefs, hier is geen troos meer nie! Jy is verlore, vir ewig verlore! Wen maar aan die diamant­hardheid van die hel, aan die verwyderd wees van God en aan die ontoereikendheid van al jou vrae. Wat `n huiweringwekkende toestand sal dit nie word nie. Op aarde was nog wel te wen aan die gruwels wat ek op las van my hoofman moes uitvoer, maar toentertyd was ek een van alle menslike opvoeding verstokte roofdier en het nie die flouste idee van enige enkele religie gehad nie. Eers toe ek heerser geword het, leer lees en skryf ek, en bowendien toe ek in die besit kom van `n geroofde Griekse Bybel, word ek vir die eerste keer onderrig in die leer oor die bestaan van `n almagtige God.

[3] Ek het die Nuwe Testament gelees en maak daar kennis met die beroemde Jood Jesus, vir wie se leer, op enkele teenstrydig­hede na, baie te sê val. Ek laat `n sogenaamde geestelike na my hof bring, maar wat was sy uitleg? ledere ou vrou kon my `n beter een gegee het! Die Roomse verlang maar net offers van my as boete vir my sonde en verbied my verder om na te vors in sulke boeke waardeur die gees van die mens sou gedood word! Ek begryp dat hy `n skobbejak was, nog erger as ek; daarom het ek hom laat gaan en het die Skrif tersyde gelê. As ek daardeur tot `n duiwel geword het, dan vra ek tog of ek heeltemal skuldig is daaraan? 

[4] As `n soldaat op die slagveld mense moet vermoor, kan `n hoogs wyse Godheid hom dit dan as skuld aanreken? Nee, nooit as te nimmer nie! Is die wysheid van die Godheid egter ook vanweë haar deur almag ontstane eiedunk omsluier, dan moet `n arme duiwel natuurlik in sy nietigheid alles goedvind wat die Almag oor hom beslis. Maar wat sit ek te mor! Gaan dit nie netso op aarde vir arme duiwels nie? Die almagtige Godheid het hulle in die lewe geroep op `n aardbodem waarop geen grassie vir hulle groei nie. Neem hulle daar dan een sonder toestemming van die eienaar, dan kry hulle as diewe met die wet te doen. O fraai wysheid en geregtigheid, wat aan die rykes gee in oorvloed en die arme laat verhonger!” 

[5] Miklosch gaan verder: “Nou word die vlamme redelik aktief en tallose bliksems skiet oor die oppervlakte van die golwende, gloeiende see. Ek ontdek nou `n sterk gedrang agter in die grot, wat vol verterende vuur is. Dit maak `n afgryslike indruk op my gemoed. Hoe moet Cado dit wel ervaar, wat tog veronderstel is om self daarin te beland. O help, nou begin dit nog erger in die grot te spook. Vlamme en hele bondels magtige bliksems skiet omhoog na die hemelse skares, wat nog in onwrikbare orde daar wag, en wat alles gelykmoedig aansien.

[6] Nou klink daar vanuit die grot `n angswekkende gekerm. Dit kom steeds nader. Cado stop sy ore dig toe. Dit is verduiwels merkwaardig! Nou kom daar uit die binneste van die grot `n pragtige eksemplaar van `n keiserlike staatsiekoets te voorskyn, bespan met ses gloeiende drake. In die wa, wat self gloeiend blyk te wees, sit `n soort Minerva met `n septer in haar regter- en `n gloeiende spies in haar linkerhand.

[7] Sy gebied nou die vuursee om rustig te wees, maar dit bly steeds net so onrustig. Nou wink sy met haar septer na die agtergrond en meteens storm `n enorme aantal geeste wat soos duiwels uitsien onder vreeslike gehuil uit die vlamme na vore. Sy gebied hulle om die golwe van die vuursee te bedwing. Die duiwels, wat alle denkbare dierlike gestaltes het, werp hulle dadelik daarop en bring werklik ietwat rus tot stand. Dit lyk asof dit die godin nog nie tevrede stel nie; daarom roep sy `n nog groter menigte van sulke geeste na haar toe. Hulle storm en woed na vore en bedek byna die hele sigbare oppervlakte van die vuursee met hulle afskuwelike gestaltes. Dit word nou volkome rustig, vir sover dit deur die monsters bedek is. 

[8] Nou eers ry Minerva verder, reg op die van ontsetting verstyfde Cado af. Hy voorsien hom egter nou van klippe en soos ek opmerk, beskryf hy hierdie deels met die naam “Jeoua” en deels ook met U Naam “Jesus van Nasaret”. Hy lyk uiters grimmig en bedreig die naderende Minerva al van ver af. 

[9] Minerva snou hom egter toe: “Waag dit maar om my majesteit te beledig, as jy nie in honderd stukke geskeur wil word nie! Kyk, ek kom na jou toe om jou gelukkig te maak en jy wil my stenig! O jou blinde, wat beteken jou mag teenoor myne? Die hele skepping, die tallose sterre en wêrelde is uit my geskape! `n Asemtog uit my mond laat hulle vir ewig verdwyn en jy wil met my die stryd aanbind?! O jou kranksinnige dwaas! Kyk en luister eers na my en probeer dan jou krag op my uit!” Cado sê: “Of jy nou magtig is of swakker as `n muggie, dit is vir my om`t ewe! Ek waarsku jou, kom nie nader aan my nie, anders sal jy dit flink van die kant kry, want ek verag jou tot in die diepste afgrond van die hel. O jy, beeldskone Satan van `n Minerva, dink jy dalk dat jy my met jou bekoorlike gestalte sal kan verlei, sodat ek myself aan jou sal oorgee? Stap maar op met al jou bekoorlikhede! Werklik, selfs met my uitwerpsels sou ek jou huid nie wil besmeer nie. Verdwyn, anders sal jy kennis maak met die krag van my hande. Sien hierdie klip, “Jeoua” is sy Naam!”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205