|
Van die Hel tot die Hemel - Boek 2 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 38
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154. |
|
|
Die Heer met Robert en Helena. Die weersien van beide eggenote. `n Ware egpaar van die hemele
188 Ek sê: “Robert, kyk net hier. Sy, wat jy liefhet, het die hele tyd aan my hart gerus. Jy het baie gesien en het groot ervarings opgedoen, maar vra haar wat sy gedurende die tyd van jou belangrike afwesigheid gesien en gehoor het! Jy het in My hemele deurgedring en jou Helena diep in die groot geheime van My liefde. Wat dink jy nou, wie van julle twee het deur diep en belangrike lewenservaringe die beste vordering gemaak?”
[2] Robert-Uraniël sê: “O Heer, verseker ons liewe Helena hier, want wie uit die oerbron self put, ontvang sekerlik die suiwerste lig van die lewe. Wie egter deur U heilige ordening genoodsaak word om in die uitgestrekte gebiede waar U liefde, wysheid en mag in uitstroom, die wonders van U erbarming te aanskou, drink U genade slegs druppelsgewys, terwyl Helena hele strome van U oerlig in haar hart opgeneem en daardeur binnegelei was in die enorme gesigsveld van U eindelose erbarming en wonderdade. `n Vlugtige sekonde van ongesteurde aanskoue in U hart moes immers meer aan haar onthul het as wat `n millennium my sou onthul het, as ek ver van U verwyder was. Hoe sal ek my nou by haar staande hou? Ek is `n gees wat deur klein ligdruppels versadig is, en hulle dra seëninge van lig van alle wysheid in hulle saam!”
[3] Ek sê: “Bekommer jou nie daaroor nie. As iemand op aarde `n vrou tot hom neem, dan sal sy hom soveel liewer hê, namate hulle ryker is aan goeie eienskappe. Daarom sal dit vir jou hier sekerlik ook nie onaangenaam wees as jou ware vrou so `n groot skat van My ontvang het, dat julle beide daaraan vir die ewigheid genoeg sal hê. Haar rykdom bestaan uit `n onskatbare oorvloed aan liefde en jou skat aan wysheid is ook nie die geringste nie.
[4] Jy is weliswaar met druppels gevoed, terwyl sy strome in haar opgesuig het, maar wanneer jy so `n druppel in die oorvloed van haar liefde sal dompel, sal daaruit `n groot aantal wonders, nuwe skepsele en werke ontstaan, waarop jy nooit uitgekyk sal raak nie. Daarin eers sal jy My mag, grootheid, liefde en wysheid in al sy oorvloed steeds meer begin sien en aanbid, want alles wat daar tot nou toe met jou gebeur het, was slegs `n noodsaaklike voorbereiding op dit waar jy van nou af aan saam sal begin.
[5] Jy het jou huis eers van buite gesien; dit het jou buitengewoon geval. Toe jy egter in die eerste saal van jou huis kom, geval dit jou nog baie beter, omdat jy daar spoedig in `n geselskap gekom het wat daar weliswaar nog baie ru uitgesien het - in alles ooreenstemmend met jou innerlike - maar dat dit spoedig sagmoediger geword het, namate jou innerlike self vriendeliker en sagmoediger geword het. Daarop was `n tweede saal geopen, die groot eetsaal, waar jy die tafels moes rangskik, wat jou baie sorge gebaar het. Daarna het ons `n derde, hele groot saal betree, genaamd die museum. Daar het jy al jou gebreke geleer en die saad van die dood in jouself geken, en het alles uit jou binneste verwyder, deurdat jy tot op die bodem van die hel (vanaf jou allereerste bestaan) moes deurdring en jou van haar moes suiwer. En nou staan jy nog in dieselfde museumsaal voor My.
[6] Maar ook hier sal ons nog nie bly nie. Daarom sal ons onsself nou na die groot skatkamer begewe, waarin jy die skatte te siene sal kry, wat jy met Helena as `n vrye huweliksgeskenk van My ontvang het. Roep nou die hele groot geselskap bymekaar, dan sal ons dadelik na die vierde saal gaan, wat die groot skatkamer van jou huis is. Begroet egter eers jou Helena, jou hemelse eggenote!”
[7] Robert begroet Helena nou met ware engelagtige teerheid en sy beantwoord hierdie groet die allerliefste. Robert vergaan byna van saligheid en roep: “O, my hemelse Helena, hoe groot is jy nou en hoe klein is ek ten opsigte van jou!”
[8] Helena sê: “Liefste Robert-Uraniël, voor God die Heer, ons Vader vol suiwer liefde, bestaan nóg iets groots, nóg iets kleins! Hy gee aan die een werk dit, aan `n ander werk `n ander doel. Waar die doel egter goddelik is, daar is ook die middel goed. Ek is `n middel in die hand van die goddelike liefde en jy ook. Jy is netsoos ek nóg groot nóg klein, maar ons is mekaar se gelyke in die liefde vir God. Laat ons mekaar daarom geen lof meer toeswaai nie, maar mekaar innig vashou in God, ons heilige Vader! Jou wysheid mag haar verbind met my liefde wat in God rypgeword het! As ons so een word voor God, dan word ons `n waaragtige egpaar in die hemel en sal in die hoedanigheid werk volgens God se orde.”
[9] Robert-Uraniël sê: “Allerliefste suster in die Heer en die Vader, en vrou na my hart, jy het volkome gelyk! Hoe salig maak jou woorde my tog, want ek sien daaruit die gees van die suiwer goddelike liefde in my hart stroom. Wat `n lieflike harmonie ontvou dit in my allersaligste hart! O God, welke salighede gaan ek nou tegemoet! Wat sal my oë alles te siene kry in die geheime skatkamer van die Heer! Salighede sonder tal, elkeen vergesel van nuwe, nooit te vermoede wonders van die goddelike liefde, wysheid en mag!” Nou omarm Robert-Uraniël vir Helena en kus haar op die voorhoof.
[10] Ek seën beide andermaal en gee Robert te kenne dat hy nou iedereen moet oproep om verder te gaan.
|
|
|
|
|