|
Van die Hel tot die Hemel - Boek 2 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 138
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154. |
|
|
Heerlikheid van God se kinders. Die eetsaal van die Heer. Die groot oertuin van die skepping. Die aktiwiteit van die volmaakte geeste in die groeiende besef van die liefde
288 Robert-Uraniël vra of hy ook sy vriend Peter en die twee die vroue mag saamneem. Ek sê: “Het jy dan nie voorheen verneem dat volledige vryheid hier vir iedereen heers nie? Waarom dan nog sulke vrae? Hier kan jy doen wat jy maar wil, dit is alles goed. Want hier kom niemand, behalwe diegene wat sy aardse wêreldwil heeltemal uit homself uitgeban het nie, en in die plek daarvan My wil vir ewig volkome in hom opgeneem het. Omdat jy dit gedoen het, is jy hier en kan jy onmoontlik iets anders wil as wat Ekself wil. Daar bestaan egter nêrens en nimmer `n hoër en meer volkome vryheid as die van My eie wil nie. Waarom sou jy dan nog in een of ander handeling geknel word, noudat jy dit volledig in jou het?
[2] Sonder hierdie onvoorwaardelike hoogste vryheid sou Ek, en sou almal wat met My volledig één geword het, jou reinste illusie wees, en die volkome geluksaligheid van My kinders `n leuen. Daarom kan jy jou hier heeltemal gedra asof jy die volkome heer van die huis is. En ander kan dit ook doen, want hier in My huis bestaan geen rangorde nie. Hier is elkeen heeltemal broeder en suster en slegs Ek is julle aller Heer en Vader. Na gees en innerlike waarheid is Ek egter ook julle broeder. Nou weet jy alles; handel daarom en vra nie weer nie!
[3] Robert neem nou vir Peter, Helena en Eljah saam en begewe hom saam met Petrus, Paulus en Johannes na die naasgeleë vertrek. Van suiwer verwondering het hy hier weer glad geen raad nie, en daarom sê hy vir Petrus: “Vriend, broeder, jy gaan hier so totaal onbevange na binne en dit lyk heeltemal of jy nie eers na die tallose heerlikhede in hierdie groot saal van God oplet nie. Dit is werklik merkwaardig! Kyk, vir my sou hierdie saal `n onderwerp wees om ewig te bekyk en te bestudeer.
[4] Petrus sê: “Jy vergis jou, broeder, as jy van my sou dink dat dit `n gewoonte is om hierdie werk vir my as alledaags en minder agtenswaardig te beskou! Inteendeel! Ek bekyk egter alles met `n sekere gemoedsrus en verkondig die lof van die Heer in my hart. Jy is nog `n nuweling hier, en ken nog nie die korrekte gebruike van die huis nie en het bowendien `n redelik lewendige en vurige gees. Daarom staan jy ook dadelik in vuur en vlam. As jy mettertyd die groot huis van die ewige Vader en die liefdevolle huisreëls van naderby leer ken het, sal jy my gedrag sekerlik heeltemal goed vind.
[5] Vanweë jou ywer geval jy my origens buitengewoon goed! Want jou gees is heeltemal soos die van ons broeder Paulus, wat netsoos jy, nog steeds vol vuur is en nog altyd dieselfde vinnig ontvlambare gees het. Maar daarom is ek nie minder `n entoesiastiese liefhebber van alles wat die Heer betref nie; al bly ek rustiger daarby en maak na buite toe weinig drukte, maar in my hart dan ook soveel te meer.
[6] Maar nou aan die werk! Kyk daar na die groot tafel van die suiwerste, deursigtige goud. Dit sal ons na die middel van hierdie saal trek en hom dan ryklik voorsien van brood en wyn en allerlei hemelse vrugte, wat ons daar in die groot kas aan die middagwand in oorvloed sal aantref.”
[7] Na hierdie woorde van Petrus is Robert tevrede; almal gaan aan die werk en dek die tafel binne enkele oomblikke. Wanneer Robert die heerlike vrugte van allerlei soorte sien, sê hy: “Waarlik, wat op alle beter hemelliggame wel as die edelste vrugte voorkom, is hier in volle rypheid en oorvloed voorhande. Die piesangs van ons aarde is hier die enigste bekende vrug aan my.”
[8] Petrus sê: “Het jy dan nooit druiwe op aarde gesien nie, nooit vye en perskes en geen lemoene nie? Dit is ook hier. Kom net hier na die venster en kyk net na die groot tuin. Daarin sal jy alle denkbare soorte vrugte sien, wat jy ooit op aarde in die natuur, of afgebeeld, gesien het.”
[9] Robert sien deur die venster `n enorme groot tuin met `n oorvloed van vrugte. Versteend bly hy staan en sê: “Hoor net broeder, dit sal tog wel die tuin van aller tuine van die hele oneindigheid wees! Wat `n onafsienbare uitgestrektheid! Wat `n indeling en wat `n oorvloed aan tallose soorte van die edelste en seldsaamste vrugte! Werklik, uit hierdie tuin sou die hele aarde met `n eenmalige oes tenminste vir duisend jaar voorsien kon word! Maar wie kan dan hierdie byna huiweringwekkende massa verorber?”
[10] Petrus sê: “Die eerste verbruikers is ons. As tweede kom alle bewoners van hierdie stad, wat waarlik geen grense na die ooste toe het nie. En die derde groep verbruikers is die bewoners van die twee laer hemele. Via hierdie na benede ook die hele geesteswêreld en via haar die hele natuurwêreld. Want dit is `n modeltuin vir die hele oneindigheid! Begryp jy dit nou?”
[11] Robert sê: “Ja broeder, so het ek my dit ook voorgestel. Maar nou sou ek nog graag die arbeiders, wat so `n tuin in die Naam van die Heer versorg, wil leer ken.” Petrus sê: “Dit doen die Heer alles Self deur Sy almagtige wil. Hy wil dit en dit is daar. Die verdere verplanting gebeur dan deur spesiaal daarvoor aangewese geeste en engele, aan wie die vrugbaar maak van alle hemelliggame toevertrou is.
[12] Hierdie geeste en engele bly nie altyd hiermee besig nie, maar word van tyd tot tyd deur ander vervang. Die afgelostes kry dan dadelik weer `n ander taak toebedeel. In die hemele is nooit sprake van eentonige werk nie; oral heers die mees vrye en veelsoortige afwisseling. Elkeen hou hom besig met wat hom vreugde en saligheid verskaf. As hy dan geen plesier meer in die een of ander besigheid het nie, dan is daar dadelik genoeg voorhande waaruit hy kan kies, wat hy maar wil. Dit sal tog wel meer as genoeg vryheid wees?”
[13] Robert sê: “Goeie God, ja! Dit noem ek `n vry lewe! O aarde, van so `n onbegrensde vryheid het jy tog sekerlik nooit gedroom nie! Maar wat gebeur daar nou? Die tafel is gedek, moet ons miskien `n teken gee?” Petrus sê: “Vriend, dit was nog `n baie aardse gedagte van jou! Dink jy dan dat die Heer en die ander bewoners van die huis nie weet of ons klaar is met ons werk nie?”
[14] Robert sê: “Ja, die Heer weet dit baie seker, maar hoe kom die ander bewoners van die heilige huis dit te wete?” Petrus sê: “Kyk, daarvoor is hier reeds `n voorsiening getref: In elkeen van die talloos baie vertrekke van die huis is daar in al drie hoofverdiepings `n sogenaamde instruksiebord. Op die bord word deur die Heer aangegee wat daar moet gebeur en elke bewoner rig hom as oorgelukkig en oombliklik daarvolgens.
[15] Dieselfde voorsiening is ook getref in alle ander hemele, slegs na goed berekende verhoudings in mindere mate as hier in die huis van die Vader. Jy sal dit alles nog nader leer ken. Glo my, hier raak mens nooit uitgeleer nie! Mens bly leerling vir ewig, want ons voleinding bestaan slegs uit die liefde en die ontvanklikheid vir die steeds groeiende genade van die Vader. Maar wat die kennis en ervaring opdoen betref, bly ons ewige leerlinge van die Heer. Die Heer alleen is alwetend; ons egter slegs in soverre die Heer dit wil, en dit goed en doelmatig vind.
[16] Daarom vind mens hier naas `n indrukwekkende kennis van die geeste, tog nog voortdurende vrae oor en uitlê van verskynsels en dinge van allerlei aard. Ook by jou sal daar sekerlik nooit `n einde daaraan kom nie. Die mens vind sy weg die maklikste as mens, in plaas van die kennis, steeds die liefde meer probeer te versterk, want die liefde bevredig, maar die kennis nooit!
|
|
|
|
|