|
Van die Hel tot die Hemel - Boek 2 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 17
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154. |
|
|
Cado se waansinnige helse trots. Vermetele plan van die hoofman vir die omwenteling. Die afgrond van die hel open hom
167 Cypriaan vertel verder: “Cado skud weer sy hoof. Vriend, jou planne is ydel! Ek is weliswaar `n uitgesproke vyand van die Godheid, maar nie vanweë Sy swakheid nie, maar vanweë Sy enorme mag. Dit is my volkome vrye wil, om wel hier te bly in die oord van kwellinge, of om om te draai en deel te neem aan alle moontlike vreugdes van `n hemelse lewe. Tog verkies ek dit om hier te bly, omdat ek die oneindige groot mag van die Godheid maar al te goed ken. Sou die Godheid ook maar iets swakker wees, dan sou ek dadelik aan Sy kant gaan staan en Hom teen elke aanval verdedig. Maar juis omdat Hy so oneindig magtig en onoorwinlik is, is ek Sy mees onversetlike vyand. Ek weet dat my vyandskap suiwer waansin is en Hy my enige oomblik kan vernietig, maar solank ek `n vrye wil het, wil ek Hom vasberade die hoof bied, maar net om Hom te laat sien dat Hy met Sy almag en wysheid tog niks met my kan begin nie, solank Hy my in die besit van my teenwoordige vrye wil laat. Dit is vir `n held werklik die allergrootste genot om hom as `n atoom teen die eindelose grootsheid van God so skerp te plaas, dat Hy niks teen hom kan uitrig nie. Ek sal daarom ook nooit Sy denkbeeldige swakhede, maar veral Sy oneindige krag probeer deurgrond nie. Des te meer krag en sterkte ek in Hom ontdek, soveel onbuigsamer sal ek my teenoor Hom gedra. Kyk, dit is `n denkwyse soos dit `n held betaam, maar jou plan om die Godheid van Sy troon te stoot, is volkome belaglik. Die Godheid is die mees oneindige Wese in elke opsig! Gee daarom jou plan op en doen wat ek doen! Jy sal die grootste genot belewe deurdat jy jouself kan bewys dat jy die hoogste mag van God tog met jou werklik nietige krag die hoof kan bied!”
[2] Die hoofman sê: “O jou dom esel! Dink jy dalk dat jy uit jouself is wat jy is? Kyk, jy is immers geoordeel en kan nooit anders wil nie. Jy dink om die Godheid daardeur te trotseer, dan is jy soos Hy dit wil, en nie soos jy dit wil nie! Solank wette en kettings `n wese bind, is hy nie vry nie, maar `n slaaf van `n hoër mag. En solank die Godheid aan ons handelinge onoorkomelike grense stel, is ons ellendige slawe. Daar kan by ons geen sprake wees van vryheid, solank ons nie op eie krag in staat is om ons volkome te ontdoen van die harde juk van die Godheid nie. Kan ons egter die Godheid trotseer en moet die Godheid hierdie smaad verdra, dan is dit tog sekerlik `n teken van Sy swakte. Is Hy egter op `n gebied swak, dan sal Hy miskien ook op baie ander gebiede nog swakker wees. Daarom is dit aan ons geleë om al Sy swak punte sorgvuldig op te spoor en Hom dan met ons oormag aan te val en totaal ten gronde te rig.”
[3] Die Fransiskaan Cypriaan sê vir homself: “O jy, hopelose ellendeling! Wat se lofwaardige idee is dit tog! Kyk, kyk, ek het tog altyd gedink dat die geeste in die hel in hulle afskuwelike kwellings `n ewige brandende berou oor hulle groot sonde voel, sonder om ooit enige hoop op verlossing te hê. Maar soos ek sien, staan die saak baie anders. Hulle wil dit alles self, maar net om U, o Heer, hardnekkig te kon trotseer! Die kêrels het maar net plesier in hulle grenslose verstoktheid. Dit is werklik nie mis nie! Maar Heer, in U plek sou ek sulke ellendelinge tog hulle vreugde `n bietjie wou vergal. O julle groot skurke, wag maar, hierdie vreugdebeker sal gevul word met gal, waaraan julle julleself vir ewig kan lawe!”
[4] Ek sê: “My beste Cypriaan, hierdie verskynsels moet jy onbewoë aansien, anders vul jy jou eie hart met dieselfde stof waarmee die harte van beide die helse geeste vervul is. Want bedreiging, wraak en oorlog soos wat hulle hulleself nou aan jou voordoen, is kenmerkende eienskappe van die hel. Kyk maar net hoe juis `n horde, wat soos gloeiende drake lyk, uit `n geweldige rokende spelonk te voorskyn kom en beide ons rowershoofmanne omring, begroet en lof toeswaai vanweë hulle goeie helse gesindheid. En kyk hoe die twee nou ook begin om oor te gaan in goedgevormde draakgestaltes, wat soveel wil sê as: Hulle gaan nou volledig oor in die egte helse, wat hulle nou volkome in hulle ontwikkel het.
[5] Ek sê vir jou, daar bly vir hierdie geeste niks gespaar nie. Elke lasterlike woord word `n gloeiende klip op hulle hoof, en hulle sal hulle onder so `n las wel stil daarvan bewus word of hulle sterker is as die Godheid, en in staat sal wees om hulle bose planne ten opsigte van My ten uitvoer te bring! God is deur en deur die suiwerste liefde, en vanuit so `n liefde die hoogste wysheid, orde en mag. Alles moet so gebeur, sodat alles bly bestaan en niks verlore gaan nie!
[6] Die eintlike hellepyn sal nou eers vir hierdie geeste begin. Jy sien nou ook dat die vroeëre deur Cado verskeurde kwelgeeste hulle weer saamgevoeg het, maar nie tot `n menslike nie, maar tot `n slanggedaante. Let goed op en jy sal dadelik die werklike bende te siene kry. Maar jy, Helena, mag nou nie meer daarna kyk nie, want dit sal vir jou te aaklig wees. Kyk julle egter almal, en Cypriaan, jy kan ook vertel wat jy daar te siene kry!”
|
|
|
|
|