Van die Hel tot die Hemel - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 135

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154.

Die Vaderhuis in die hemelse stad. Die heerlik­heid van sy ruimtes en sy bewoners. - In teen­stelling daarmee die eenvoud van die Heer

285 Robert sê verder: “O Heer en Vader vol liefde, sagmoedigheid en geduld, wat se pragtige paleis is dit tog nie wat presies teenoor ons na die môre toe lê?” - Ek sê: “Dit is My hoogs eie huis! Maar daarin is baie, baie wonings waarvan jy nou ook een vir ewig sal betrek. En julle almal wat nou by My is, sal ook daarin woon. Hierdie wonings sal julle seker baie goed geval.” 

[2] Keiser Josef sê: “Wat? By U, heiligste Vader, in U naaste omgewing sal ons wees? Dit sou te veel saligheid vir ons arme sondaars wees. Ons is reeds tevrede en geheel en al salig met die kleinste hoekie in hierdie stad.” Ek sê: “My liewe broeder, kyk, daar staan tog geskrywe: “Waar Ek is, daar sal ook hulle wees, wat My bo alles liefhet.” Julle het My nou bo alles lief en het My in julle harte altyd meer liefgehad as wat julle gedink het. Daarom moet julle ook daar woon waar Ekself woon en saam met My werk in ewige gemeenskap. Julle sal baie in My huis aantref, want dit is baie groot en tel baie, baie wonings. Laat ons nou na binne gaan! Die drie broeders gaan voor!”

[3] Ons kom nou in `n groot voorportaal van die huis. Die vloer is van die suiwerste, deursigtigste goud. Aan beide kante staan twaalf pilare wat die plafon van die voorportaal dra. Die pilare straal soos sonne en speel in grootse prag met alle kleure van die reënboog. Sy bestaan uit suiwer diamant. Die wande van die voorportaal is van porfier, (siersteen) die plafon is van smarag en die trappe na die eerste verdieping (die huis het drie hoofverdiepings) is van die suiwerste robyn met goue rande en lei reg omhoog na `n groot deur, wat niemand behalwe Ek kan oopmaak nie.

[4] Almal wat daarby is, raak nie uitgekyk oor die prag van hierdie voorhof nie. Josef sê: “Broeders, sou alle keisers en konings op aarde, as hulle al hulle skatte sou gebruik, wel in staat wees om so `n voorhof met aardse materiaal te bou? O God, wat `n onuitspreeklike prag en onbeskryflike majesteit!

[5] Die Heer Self bly ewenwel steeds dieselfde in Sy hoogste eenvoud. Soos wat Hy eens op aarde die mens onderrig en hulle die weë van die lewe geleer het, so wandel Hy ook hier in Sy hemele. Geen strale en geen skitterende hofhouding van miljarde engele omgewe Hom nie. Ons hier is byna Sy enigste begeleiding. Buite op straat is dit egter wel besig. Uit miljoene kele klink die lieflikste lofprysings onder die harmonieuse klanke van welluidende harpe. Die hemellug is geheel en al gevul met gesange. Mens sou byna glo dat al hierdie hemele slegs bestaan uit gesang en die suiwerste harmonie.

[6] In die stad gaan dit redelik lewendig, maar hier by die Heer van alle heerlikhede, by die almagtige Skepper en Vader van die oneindigheid is dit op die prag van die huis na, baie eenvoudig. Geen hofhouding, geen skitterende begeleiding, geen by die Heer van die ewigheid behorende ontvangs nie, en dit is nêrens te bespeur nie. Laat ons tog ietwat lawaai maak, sodat die baie bewoners van die huis, op die koms van die Heer opmerksaam gemaak kan word!”

[7] Ek sê: “Laat dit maar agterweë, liewe broeders! Die bewoners weet baie goed wat hulle by My koms moet doen. Julle is die lawaaimakers op aarde gewoond en dink daarom dat daar ook hier by My koms `n enorme lawaai gemaak moet word. Dit is egter gladnie nodig hier nie. Wanneer by die een of ander op aarde, en in haar geestelike vlakke volbringde werk, die harte van My liewe kinders in alle stilte na my toe aankom, vol liefde, dankbaarheid en hulle lewe vir My klop, dan is daar vir My al `n feesgedruis in oorvloed voorhande. Sodra ons die vertrekke betree, sal hulle ons wel tegemoet kom en ons op die lieflikste manier van alle hemele begroet.” 

[8] Nou open Ek die deur en My vriende val op die trappe op hulle aangesig neer. Robert sê met bewende hart: “O Vader, dit is ineens te veel vir `n geskape gees, vir `n nietige lewensatoom van U oneindigheid! Die lig, hierdie heerlikheid en die bomatige hemelsmooi engele, wat met vogtige oë hulle oneindig mooi, sagte arms na U en na ons uitstrek! Vergeleke met hulle is ons letterlik vormloos, ondanks ons al ietwat hemelse voorkoms!” 

[9] Nou kyk Robert na Helena om haar te vergelyk met die bewoners van My huis. Maar Helena is reeds van die skoonheid van My kinders voorsien. Robert skrik danig daaroor en sê: “O Heer, wat het daar tog met Helena gebeur en met Mathilde-Eljah? Hulle is ook al so mooi dat ek hulle nouliks nog durf aankyk.

[10] Ek sê: “Staan almal op en verbaas julle nie so nie, want julle self het nou ook al so `n vorm aangeneem!” Nou staan die sewe op, bekyk hulleself en deur hulle skoonheid herken hulle hulleself nouliks meer. “Is ek dit nog wel?” sê Robert vol verbasing. Ek sê: “Ja, jy is dit! - Maar nou gaan ons die eerste vertrek binne.”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205