Van die Hel tot die Hemel - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 145

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154.

Die drie deure in die noordelike wand. Eindelose uitgestrektheid van die skeppings­ruimte. Blik in die middelgordel van die son en in die maan. Die bestuur deur die engele van die skeppingsgebiede

295 Ek sê verder: “Robert, open die eerste deur, dan sal ons `n blik na buite werp en sien wat die strale van ons oë daar sal ontmoet.”

[2] Robert open die eerste van die drie deure en deins letterlik terug van groot verbasing. Na `n rukkie sê hy: “O Heer, o vriende, dit is werklik vir die oog van `n geskape gees te veel op `n slag! Ek sien die maan van die aarde soos hy beweeg en seil aan die hoë uitspansel. Sy staan vol in die lig en lyk buitengewoon lieflik. En ver op die agtergrond sien ek nog `n groot aantal baie helder skitterende sterre. Die Plejaden, Orion en die Groot Hond herken ek dadelik. Ook die Melkweg is duidelik te siene, maar nie as `n glansende newel nie, maar as `n breë strook vol skitterende sterrebeelde. O vriende, om van hieruit so-iets te aanskou, gee my so `n onbeskryflike geluksgevoel, veral met die oog op U gerig, o Heer, U, wat die oneindigheid so skitterend gevul het met die stralende werk van U liefde, wysheid en mag!

[3] Die groot, oneindige ruimtes tussen die hemelliggame is egter nie leeg nie. Ek sien geeste wat met groot snelheid heen en weer swewe, waarvan enkeles baie naby aan my kom en my hartlik groet. Ag, dit lyk werklik in `n hoë mate bedrywig! En dit is nou juis my lus en my lewe, om bedrywigheid te sien en self na die beste van my vermoë bedrywig te wees.

[4] Almal verdring hulle nou op `n groot balkon, waarvan daar voor elke deur een is. Van hier af neem hulle die hele sterrehemel in oënskou en hou hulle besig met geeste, wat rondswewe en die balkon nader, wat hulle graag doen, omdat hulle gewaar geword het van My daarop.

[5] Robert vra My of hy, as hy oor die reling sou klim, ook so vry sou kon rondswewe. Ek sê: “Probeer dit, miskien gaan dit!”

[6] Robert bekyk die diepte onder hom, wyk vinnig van die reling terug en sê: “Heer, dit sal ek wel agterweë laat, want benede ons is `n groot diepte! Hoe is dit nou? Ons het tog vanaf die begane grond na buite op die balkon geloop en mens sou tog dink dat ons onsself nog op die begane grond bevind. Maar na hierdie oneindige diepte benede ons, die tallose vaste-sterre-afstande wat groot is, kan van `n begane grond onmoontlik sprake wees. Op welke grond is U huis dan gebou, o Heer en Vader? Onder die balkon hou die wand op en mens sien niks anders as die eindeloos uitgestrekte diepte van U skepping nie. Hiervan begryp ek heeltemal niks nie!

[7] Ja, dit gee weer aanleiding tot duisenderlei vrae! Byvoorbeeld: Ons het tog, toe ons van die aarde hier in hierdie stad aangekom het, oor die begane grond U heilige huis binne- gegaan en het toe nêrens `n balkon gesien nie. Nou is ons in dieselfde huis op die begane grond en kyk nou net: Die kamer, ewe groot en pragtig soos die saal bokant ons, het twaalf deure, waardeur mens op die uitsigbalkonne kom, waarvan eers geen spoor te siene was nie. En mens ontdek dan daar verder, dat die huis soos `n hemelliggaam vry in die eter rondsweef - terwyl mens daarby van `n verdere stad, wat tog `n eindelose uitgestrektheid het, nie `n huisie meer kan sien nie! Ook voer daar drie volkome gelyke deure op `n ry in een en dieselfde wand na hierdie raaiselagtige, vrye ruimte - en kyk, ek sien hulle nie meer nie. Heer en Vader! Wie dit volkome begryp, moet, soos mens sê, van `n goeie huis kom.

[8] Hemel of geen hemel nie; dit gaan my verstand te bowe! Is dit slegs `n soort geestelike fantasie, `n geestelike diorama (kykspel) of miskien `n geestelik-optiese bedrog? Werklikheid kan dit onmoontlik nie wees nie! Oftewel bestaan die hemel werklik en die gesiene moet dan slegs illusie wees, of die gesiene is werklikheid en die hemel `n illusie. O Heer en Vader, nou vra ek U tog in die naam van ons almal vir `n vinnige opheldering! 

[9] By die binnegaan in hierdie geesteswêreld het vreemde verskynsels my ook dikwels opgeval, vernaamlik in my eerste huis. Maar langsamerhand kon ek hulle begryp, omdat hulle met my innerlike korresponderend verskyn het. Maar hier is ek immers my diepste innerlike self, waaragter tog niks meer innerlik homself kan verberg nie. Waar kom hierdie eienaardige verskyning dan vandaan?”

[10] Ek sê: “Geduldig maar, beste vriend! Mettertyd sal alles vir jou wel duidelik word, hoewel jy daarna voortdurend nog oneindig baie ewemin sal begryp as die eenvoudige hier. Nou gaan ons weer terug in die kamer en werp `n blik deur die tweede deur.” 

[11] Almal gaan nou vinnig terug en keiser Rudolf vra My: “Heer en Vader! Oor die deur broeder Robert aangevoerde wetenswaardighede het ek my nie wesenlik bekommer nie, want ek het by myself gedink: Onbegryplik is dit wel en die situasies wat hom voordoen, kontrasteer hier op wonderbaarlike wyse. Daarmee het ek my egter nie besig gehou nie. Want solank ek iets nie volledig begryp nie, bly dit vir my steeds hoogs interessant. Sien ek egter eenmaal iets in, dan is die grootste interessantheid ook al weg, want slegs die onbegryplik wonderbaarlike neem al ons aandag volledig in beslag. Die natuurlike word baie gewoon, omdat ons begryp hoe dit is en hoe dit werk. Slegs die onbegryplike is en bly steeds interessant. 

[12] Daarom is ek nie so nuuskierig na die agtergrond van al hierdie wonders, soos broeder Robert nie. Ek sou net graag wou weet wie die geeste tog is, wat in die vrye eter voor ons gespeel het. Dat hulle op hulle manier ook baie gelukkig moet wees, het ek uit die vriendelikheid van hulle gesigte kon agterkom. Maar wie hulle eintlik is en wat hulle bestemming is, kan maar net aan U, o Heer en Vader, bekend wees.”

[13] Ek sê: “Dit is engele wat hulle taak het in hierdie boonste hemel. As julle met die nodige wysheid daartoe toegerus sal wees, sal ook julle van tyd tot tyd julle taak kry. Hulle is verantwoordelik vir die instandhouding van alle wêrelde en is die opperste leiers en gidse daarvan. Kyk, so `n vreugdevolle engel is dikwels heer en bestuurder van `n hele sonnegebied. Om egter so `n heerskappy te kan aanvaar, moet hy vooraf wel baie, baie geleer het en baie skole deurloop het. Ons Cado, `n baie begaafde gees, het op aarde reeds begin met dien en regeer. Hy vervul sy taak goed en is in staat om die verskillende geeste volledig volgens hulle waarde te skat. Daarom kry hy ook `n steeds `n groter werkkring. 

[14] In die begin kry iedereen slegs `n klein kringetjie toegewys. Is hy daarin trou en vlytig werksaam, dan kry hy spoedig groter gebiede onder sy beheer. Ook Cado het aanvanklik maar `n klein gebied gekry, bestaande uit twee klein lande, toevertrou om te lei en te bewaak. Nou swaai hy sy septer reeds oor die helfte van Europa en sal, as hy so deurgaan, spoedig die hele aarde onder die mag van sy wil hê. Het hy na die aarde bewys dat hy met die verleende mag aan hom, weet om om te gaan, dan sal hy die son onder sy hoede kry; ten slotte met haar alle planete en so verder, totdat hy heer is oor `n baie groot songebied. Begryp jy nou wie die geeste is wat buite by ons verby sweef?”

[15] Keiser Rudolf sê: “Ja Heer en Vader, maar ek is nie erg gesteld op hierdie waardigheid nie. Want so `n engel het dan tog nooit tyd om hierheen te kom en ietwat van sy groot inspannings uit te rus nie.” Ek sê: “Ag, maak jy maar geen sorge daaroor nie. Elkeen van dié soort engele het miljoene ander onder hulle wat sy wil uitvoer. Hy kan so dikwels as wat hy wil hierheen kom en van Myself verdere gedragsreëls ontvang en die nodige versterking tot hom neem. By die voorheen gehoue groot maaltyd het jy baie gesien, wat nou al weer op die plek van hulle arbeid vertoef.

[16] Maar nou `n blik deur die tweede deur. Sy staan al oop en dus gaan ons na buite! Nou staan ons op die tweede balkon. Wat sien julle hier?”

[17] Almal is buitengewoon verbaas, want hulle sien nou die wondermooi land van die middelgordel van die son en kon hulle nie genoeg verwonder oor sy prag nie. Hulle sien ook mense, maar tans nog op so `n groot afstand dat hulle hulle uiterlike vorm nie goed kon waarneem nie, want daarvoor het hulle oor die algemeen nog te min vastigheid in hulle hart.

[18] Nou kom Robert weer na my toe en sê: “O heiligste Vader, broeder Rudolf het in wese werklik geen ongelyk nie. Ook ek sien nou in dat na sulke verskynings al die vrae volkome sinloos moet wees. Hier is immers nog baie meer wonderbaarlikhede as by die vorige deur. Mens sou in geen ewigheid klaar wees met die stel van vrae nie. Daarom is dit beter om van die hemelse dinge salig te geniet, en daarby geduldig af te wag tot dit U pas om ons daaroor opheldering te wil gee. Maar die mense daar! Ek kan hulle uiterlike weliswaar nie duidelik waarneem nie, maar ek merk wel dat hulle ongelooflik mooi moet wees.”

[19] Ek sê: “Kyk, dit is die son met haar eintlike bewoners. Die ietwat donker gedeelte is nog in die materie; die ligter gedeelte daarenteen is geeste, wat ook in die son bly. Later sal julle alles volkome leer ken, nou sou dit nog ietwat te vroeg wees. Ons het nou gesien wat die tweede deur verborge hou. Laat ons onsself daarom na die derde deur in hierdie noordelike wand begewe!”

[20] Ons gaan weer die vertrek binne en dan na die derde, reeds oopstaande deur. Staande op die balkon van hierdie deur, sien ons vlak by die derde uitsigbalkon `n natuurlik verligte wêreld. Vanaf hier kan mens, netsoos vooraf na die son, maar `n kleinerige landstrook op één slag deurkyk. Robert vra dadelik wat dit eintlik vir `n wêreld is; miskien `n donkerder gedeelte van die sonwêreld?

[21] Ek sê: “O nee, dit is die maan van die aarde. Kyk net na haar duister land en daar ietwat verder weg na `n klein groepie dwergagtige, menslike wesens! Dit is die eintlike bewoners van die maankant, wat steeds van die aarde afgewend is. Hulle grootste lus is hulle vroutjies, wat hulle uit suiwer liefde en teerheid meestal op hulle skouers ronddra. Bokant hulle sien julle baie vreugdevolle geeste rondswewe. Dit is die siele van gestorwe maanmensies. Dit is vir hulle `n vreugde om vir hulle nog sterflike broeders goed te wees en hulle teen allerlei gevare te beskerm. Hulle aandag is hoofsaaklik daarop gerig, dat die redelike materiële geeste, wat die kaal sy van die maan, wat steeds na die aarde toe gewend is, bewoon, nie na die bewoners van die begroeide kant van die maan kan kom nie, omdat hulle hulleself in hulle huis, wat uit ondergrondse gate bestaan, aansienlike skade sou kon berokken.

[22] Voorlopig weet julle genoeg oor die inrigting van dié klein hemelliggaam. Langs die weg van julle toekomstige bedrywighede sal julle alles deur en deur leer ken. Daarom sal ons onsself ook nie langer besighou met die beskouing van hierdie klein wêreldjie nie, maar ons dadelik na die eerste deur van die avondlike, westelike wand begewe en die buitewêreld van daar weer af opnuut beskou.”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205