Van die Hel tot die Hemel - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 62

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154.

Paulus se opwekkingstoespraak tot die vorste. Die apostel toon die wandade tydens hulle regering aan en beloof die genade van die Heer

212 Nou staan Paulus op en rig die volgende woorde tot die hoogadellike persone: “My geliefde vriende en broeders in God, Jesus ons Heer!”

[2] Hier val die vader van Theresia hom dadelik in die rede en voeg hom honend toe: “Wanneer het ons dan al saam varke opgepas, dat jy as gewone jodeseun die brutaliteit het om my met broeder aan te spreek?! Weet jy dan nie wie ons is nie? Dus, ietwat beter maniere, jou brutale joodse opskepper, anders sal `n mens jou laat sien wie hier die keiser is!”

[3] Paulus slaan egter geen ag daarop nie en gaan verder met sy toespraak: “Daar staan geskrywe: “Hulle, aan wie weinig toevertrou is, het ook oor weinig rekenskap af te lê, maar diegene aan wie baie toevertrou is, sal oor baie rekenskap moet aflê.” Julle behoort egter almal tot diegene aan wie God, die Heer baie toevertrou het. Daarvoor het julle nou ook `n besondere groot rekenskap aan God, die Heer af te lê! Ek, Paulus, sê vir julle, wat nog vol ou vasgeroeste hoogadellike onbuigsaamheid is, dat die eintlike jongste dag nou vir julle almal aangebreek het, waarop mens die strengste rekenskap van julle sal vra as julle nie wil afsien van julle onbuigsaamheid nie. Want God Jesus, ons Heer en Vader - hoewel die grootste liefde, sagmoedigheid en geduld Self - laat nie met Hom spot nie, aangesien Hy altyd net die beste vir Sy kinders wil hê. Hierdie Jesus, wat ons almal deur Sy kruisdood aan die mag van die Satan onttrek het, staan hier voor julle, weliswaar nog so geduldig soos `n lam, maar Sy sagmoedigheid en geduld is nie sonder grense nie. Wee julle, wanneer Hy eendag reg sal begin te spreek oor julle! Nie een van die duisend vrae sal julle Hom kan beantwoord nie, want julle is almal groot sondaars voor Hom. 

[4] Hoeveel het julle deur julle oordrewe hoogmoed laat teregstel, dikwels op `n afskuwelike manier. Hoe hardnekkig het julle `n verligte gees steeds vervolg. Watse meedoënlose wreedheid het julle gebruik teenoor julle evangeliese broeders! Wat `n onuitspreeklike ellende het julle nie dikwels oor baie duisende families gebring nie! Hoe het julle tydens die dertigjarige godsdiensoorlog tekere gegaan vir die suiwer leer van Jesus, en hoe baie ander ongeregtighede het julle op julle gewete! Hoeseer het julle steeds daarna gestrewe, om julle prag en praal op te voer, ten koste van die lewe en bloed van miljoene, wat ewe goed God se kinders was as julle. Hoeveel duisende het onskuldig gesmag in kerkers, deur die traagheid van julle regters, wat onder julle beskerming, goed daarvan gebruik gemaak het! Sulke en duisend ander growwe sondes het julle op julle gewete. Strome van onregverdige vergote bloed roep tot God om wraak op julle. As die Heer uitsluitlik volgens die maatstawwe van die geregtigheid sal oordeel, sou Hy julle vir elke ongeregtigheid en wreedheid `n ewigheid lank swaar moet laat boet in die vuur van die hel.

[5] Maar Hy het nou besluit om vir almal genade vir reg te laat geld, omdat Hy geen vreugde skep in die verdriet van sondaars nie. Hy beskou julle as ernstige siekes. Hy wil julle help en het daarom Self as Heiland na julle toe gekom. Waarvoor hou julle julleself dan blind, dat julle geen gehoor aan Sy oproep wil gee nie? Wat het julle hier? Niks anders as wat julle heerssugtige verbeelding julle verskaf nie! Desondanks wil julle nie die voorbeeld van julle werklik hoogstaande broeders volg nie, wat goed weet dat alle aardse grootheid voor God heeltemal niks is nie - wat hulle dadelik by die Heer aangesluit het, alhoewel hulle Hom nog nie heeltemal herken het nie.

[6] Kyk net na Rudolf, wat `n vors was na God se hart, na Theresia, die regskape Josef, die hartlike Leopold, die minsame Frans en nog enkele van julle broeders en susters; hulle het ook, netsoos Dawid eens, van alles gedoen wat nie volgens die orde van God se liefde was nie. Maar God, die Heer het die las wat hulle gedra het, geweeg, en het hulle, netsoos Dawid, alle skuld kwytgeskeld en het hulle nou al in Sy ryk opgeneem. Want hulle wat by Hom is, is ook al in Sy ryk. Die Heer wil egter ook julle almal genadig wees. Waarom wil julle dan nie Sy groot genade aanneem nie? Is dit dan nie beter om die genaderoep van die Heer te volg as om deur onbuigsame koppigheid ryp te word vir die hel nie?” 

[7] Deur hierdie rede word almal op een na diep aangegryp en begin na te dink. Slegs die een sê: “Ek bly `n keiser, ook voor God; `n keiser vir ewig!”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205