Van die Hel tot die Hemel - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 136

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154.

Intrede in die binneste. Robert as nuwe aarts­engel en hemelvors. Sy deemoed en wysheid. Robert se waardigheidstekens

286 Ons tree nou binne in die eerste vertrek, dieselfde vertrek, waar die eens afgeslote deur na toe gelei het, en wat mens eers via die robyne trappe bereik.

[2] Robert en sy helper Peter is sprakeloos van suiwer verbasing. Omdat beide van Uranus afkomstig is (wat Peter egter om goeie redes nog nie weet nie) hou hulle natuurlik baie van bouwerke, veral van sulke reusagtige grotes. Is dit bowendien nog met ooreenkomstige prag en majesteit versier, dan is dit vir hulle iets baie buitengewoon. Beide hou hulle oë op die hoë galerye en die kunstige pilare gerig en merk nouliks iets van die heerlike liefdevolle, groot hemelgeselskap wat in Robert `n nuwe aartsengel en die hoof van `n nuwe groot vereniging begroet.

[3] Nou stoot Helena vir Robert ewe aan en sê: “Maar liefste Robert, vergaap jy tog nie so aan al die mooi dinge nie! Kyk tog net hoe word jy ontvang!” Na die halwe beswyming kom Robert weer tot homself en sien hoe die mooiste liefdesengele hom op `n rooistralende kussing `n pragtige kroon aanreik en `n septer van deursigtige goud, wat `n glans soos van `n opgaande son versprei; en ten slotte ook `n swaard, wat deur `n onblusbare vlam omgewe word.

[4] Die oorhandigers van hierdie waardigheidstekens buig nou voor Robert-Uraniël en sê vriendelik: “Sien hier, liewe, voortreflike broeder, ontvang die regmatige beloning, wat die Vader jou al vanaf die begin van die wêreld berei het! Terwille van die leer van Christus, het jy op aarde tot `n martelaar geword, Jy kon dit wel voorkom het, maar jy wou dit nie, en daarom was jy `n martelaar vanweë die korrekte betekenis van die suiwer leer van Jesus, ons God, ons liefdevolle en heilige Vader van die ewigheid.

[5] Op aarde het jy weliswaar nie geglo dat Jesus, gebore te Bethlehem - deur jou die wyse van Nasaret genoem - God die Heer Self was nie. Maar jy het tog baie besonder van hierdie wyse gehou en in jou hart het jy wel sy Goddelikheid ingesien, hoewel jou verstand nie daarmee wou instem nie. En deur hierdie liefde behou jy Sy liefde en genade, wat jou nou tot `n groot vors van die hemele maak. Aanvaar daarom nou kroon, septer en swaard; tekens van krag, mag, liefde, wysheid en regverdigheid en word `n wyse vors van jou nuwe gemeenskap! Die Heer het jou geseën en wil dit so hê!” 

[6] Robert, totaal oorbluf oor hierdie verskyning, sê met diepe deemoedigheid: “My liewe hemelse vriende en vriendinne, as julle my, in plaas van hierdie koninklike waardigheidstekens, die van `n skoenpoetser aangebied het, dan sou ek dit met die grootste ontroering aangeneem het, maar hierdie, vir geen prys van die hemele nie! As die Heer en Koning van die hemel en alle wêrelde geen kroon, septer of swaard dra nie, waarom dan ek as arme sondaar wel? Kyk daar. Naas my staan drie keisers, wat al op aarde gewoond was om krone te dra. Reik die kentekens vir hulle aan, hulle sal nie daardeur verwaand word nie. Maar ek sou daardeur ten slotte verwaand kon word en dit sou regtig geen wins vir my beteken nie, nóg vir julle en die gemeenskap, nóg vir die Godsryk in my hart. Die laaste is my egte huis, waar ek leiding moet gee by die ordening en in die Naam van die Heer en Vader. Laat daarom agterweë, wat my ewig nie toekom nie!” 

[7] Die engele sê: “Vriend, dit is die wil van die Heer! Wil jy jou daarteen verset?” Terwyl hy op My wys, sê Robert: “My Heer en my God het nog niks gesê nie! As Hy dit vir my sal sê, sal ek dit verseker doen, maar nie sonder Sy Woord nie. Want Hy alleen is alles vir my, sonder Hom beteken alle hemele niks vir my nie! Daar staan geskrywe: “Julle moet almal deur God onderrig word. Wie nie deur die Vader opgevoed word nie, deug nie vir die hemel nie, en kom nie tot die Seun nie, wat die ewige ryk is van die Vader!”

[8] Die draers van die waardigheidstekens kom na My toe en sê: “Vader, wat moet ons nou doen? Hy neem hierdie onderskeidings nie aan nie!” Ek sê: “Wil hy bly soos Ek, gee dit dan maar op, want hier bestaan ewig geen dwang nie, maar volledige onvoorwaardelike vryheid. Hierdie broeder is egter geen alledaagse gees nie. Soos wat hy is, is daar maar weinig, daarom moet ons van hom ook iets goed vind. Plaas hierdie waardigheidstekens in sy kamer; as dit nodig sal wees, sal hy hulle wel gebruik. Bring nou egter vir die drie aardse vorste hulle eie krone, septers, swaarde en purper! Laat dit so wees!”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205