Van die Hel tot die Hemel - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 106

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154.

Die heilige geselskap verlaat Wenen en trek in die rigting van die Alpe. By die berg Semmer­ing. Die Heer oor grenspale en oor die land en die volk van Stiermarken

256 Na hierdie woorde stel almal hulleself ordelik op en die tog begin dadelik op weg in die rigting van Stiermarken. Baie vinnig kom ons aan by die voet van die berg Semmering. Die hele geselskap, wat nou in staat is om die natuurlike aarde te sien, halt nou hier.

[2] Keiser Josef kom na vore en sê vir My: “Heer, ek het enkele kere oor hierdie berg gery en het opdrag gegee om die een en ander aan hierdie weg te verbeter, want voor my tyd kon mens menige weg nie sonder lewensgevaar met `n wa bery nie. Toentertyd protesteer die mense heftig en skreeu hulle hees. Die sogenaamde wyses sê: “Ja, ja, maak die weg maar mooi effe, glad en breed, sodat die duiwel minder moeite het om op sulke helse weë rond te ry!” In my tyd sien mense naamlik `n breë weg nog baie dikwels aan vir een, wat na die hel sou lei. In Wenen was daar selfs mense wat in `n breë straat geen woning sou betrek het nie, al sou hulle daarvoor betaal word. Die aanhaal van hierdie dwaasheid van die mens is voldoende om te laat sien wat se moeite dit my gekos het om die mens tot ander insigte te bring.

[3] Ek wil verbygaan aan die feit dat selfs priesters niks wil weet van gemaklike en breë weë nie en my met my weë na die onderste hel verdoem het. Maar wat sê die geestelikes en die volk dan nou oor die sogenaamde spoorweë, in die besonder oor hierdie een hier oor die berg Semmering? Werklik, Heer, van so-iets sou geen mens `n honderd jaar gelede kon gedroom het nie!”

[4] Ek sê: “In jou tyd was die mense wel baie dom, maar hulle was gelowiger as nou. Hulle het egter wel alles grof stoflik opgeneem, omdat hulle hoegenaamd niks oor die geestelike geweet het nie. Maar namate die mens nou wyser geword het, het hulle ook ongelowiger geword. Vir My is die geloof, al is dit hoe blind, tog beter as die sogenaamde geleerdheid van die wêreld. Want in die geloof is die aardse mens vry en het hy sy siel nie in een of ander oordeel gebring nie, maar in die aardse wetenskap lê al `n oordeel. 

[5] Nou kla die mens nie meer oor sulke bouwerke nie, want hulle het meer begrip daarvoor gekry. In plaas daarvan kla hulle harder oor die duur tye en die geldgebrek en die geloof het baie seldsaam geword. Wel weet die wêreld nou aansienlik meer as in jou tyd, maar hulle het daardeur nie beter en nie ryker geword nie, nie op natuurlike, en nog baie minder op geestelik gebied. Daarom laat ons hierdie weë nou vir wat hulle is en gaan ons weer verder!”

[6] Die tog word nou voortgesit en in `n kort tydjie word die top van die berg bereik, waar die bekende grensmonument staan. Hier word weer `n kort pouse geneem. Nou tree keiser Karel na vore en sê: “Heer en Vader, kyk net na die gedenkteken. Dit is `n werk uit my aardse tyd. Die rede waarom dit daar geplaas is, was die aanhoudende skermutselings aan die grens. Om `n einde daaraan te maak, het ek op besondere omstrede plekke grenspale laat plaas. Hier en daar het mense hulle dan ook ter ere van my geplaas. Sê U vir my, arme sondaar, of ek wel goed gehandel het daarmee?”

[7] Ek sê: “Vriend, grenspale is niks anders as uithangborde nie, wat getuig van die hardheid van die menslike harte! Dit is treurig genoeg dat die een broeder vir die ander moet sê: “Tot hier en nie verder nie!” Maar as die mens eenmaal deur die bose gees van die selfsug besete is, dan word bekragtigende grenspale `n noodsaak, omdat hulle bepaalde grense stel aan onversadigbare hebsug. Ook het grensklippe tussen provinsies noodsaaklik geword. Met die oog op die noodsaaklikheid daarvan, is dit goed, hoewel dit op sigself geneem sleg is, omdat die rede waarom hulle noodsaaklik is, sleg is.

[8] Sou die mens volgens My maklik verstaanbare leer lewe en sou daar in hulle bors waaragtige broederharte geklop het, dan sou daar op die hele aarde geen grenspale nodig gewees het nie. Hebsug, heerssug, gierigheid, afguns en hoogmoed is egter redelik slegte dinge; daarom moet grense daaraan gestel word, sodat dit nie as `n kankergeswel steeds verder om hom heen gryp nie. Hieruit kan jy maklik agterkom of jou grenspale goed of sleg was. Is hulle beide tegelyk, netsoos `n oordeel en die rede vir `n oordeel, naamlik die wet. Maar nóg die wet, nóg die oordeel is goed, omdat beide `n gevolg is van die kwaad van die menslike hart. 

[9] Sien, in My ryk bestaan daar geen wet en dus ook geen oordeel meer nie, want wet en oordeel is slegs wagters en hou die verkeerde en slegte binne perke. In die hemel is daar nóg plek vir `n wet, nóg vir `n oordeel, behalwe vir die wet van die suiwer liefde, wat eintlik self die hoogste vryheid is. Ek wil hierdie grenspale nie graag sien nie, omdat hulle niks anders is as gedenkstene van die hardheid en die liefdeloosheid van die mensehart. Nou weet jy alles, beste vriend, en daarom hoef jy nie verder oor sulke onbelangrikhede na te dink nie. 

[10] Kyk in plaas daarvan liewer almal na die suide - na die mooi land, wat daar lê soos `n Kanaän. Die heet Stiermarken! Die bewoners van die land is merendeels nog baie dom, want waar die mens nie te veel deur die nood gepla word nie, lyk hy soos `n luiaard en bekommer hy hom nie erg oor die liggaamlike en nog minder om die geestelike nie. Dit is nou juis in dié mooi land die geval: Dit voed sy weinige bewoners te goed. Daarom is hulle traag en doen net soveel as wat streng nodig is vir die behoeftes van hulle liggame. In die stede is hier en daar wel ietwat meer lewe aan te tref, en daardeur is daar ook soveel te meer boosheid en word daar allerlei sonde begaan. Daar lewe in die stede van die land slegs enkeles, vir wie ons die land besoek. En dus gaan ons weer op ons weg!”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205