Van die Hel tot die Hemel - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 114

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154.

Gevangeneming van Sebastiaan deur die vredesgeeste. Sneeudeken as spesiale oordeel vir opstandelinge teen God se orde

264 Die biskoppe Waldstein en Arko verwonder hulle baie daaroor en rig met baie deemoedige aanhang hulle oë omhoog. Sodra hulle Sebastiaan in die oog kry, is hy saam met sy aanhang al `n gevangene van die vredesgeeste. Hy krom hom soos `n vertrapte wurm en slinger die een vervloeking na die ander na die hoof van hierdie geeste, wat hulle so misdadig aan hom, `n man na God se hart, vergryp. Maar dit pla My vredesgeeste nie en deur hulle gemoedsrus skenk hulle glad geen aandag aan al die geraas nie. Hulle handel soos `n horlosie en laat hulle nie in die minste beïnvloed nie.

[2] Biskop Waldstein sê: “O Heer, dit lyk wel asof `n kruis­spinnekop vlieë in haar net gevang het. Dit lyk ook asof hierdie beroemde vredesgeeste dit gedoen het. Hulle moes al vooraf `n groot, onsigbare net gespan het, anders was dit nouliks te begryp hoe hulle so skielik met Sebastiaan en sy aanhang klaargespeel het; maar hoe vloek hy en sy hele skares met hom, nou nie!”

[3] Ek sê: “Dit is niks nuuts vir wesens van sy soort nie. Op aarde het hy tog ieder en `n elk, wat nie na sy pype wou dans nie, na die onderste van die hel vervloek... hoe sal hy hom dan hier anders kan gedra? O, dit is `n dom, slegte gees, wat met die grootste gemoedsrus en wellus kon toegekyk het as `n miljoen mense as ketters op die brandstapel verbrand was. Dit maak hom nou egter woedend dat hy hom op geen enkele manier kan ontlaai nie.

[4] Kyk hoe die geeste hom nou deur die lig voortdu in die rigting van Obersteier. Hulle sal hom op `n hoë alpeweiding afbring, maar die ietwat eenvoudiger geeste ook op die laer bergweiding, soos die van die Schöckel, die Rabenwald, die Kulm en nog ander. Nou het hulle die berge al bereik, en kyk nou hoe die bergrûe grys en langsamerhand witter word. Hoe vind julle dit?”

[5] Waldstein sê: “Dit is werklik `n treurige en somber gebeurtenis. Hoe lank moet hierdie geeste nie onder so `n afkoelingsdeken bly nie? Miskien selfs vir ewig?”

[6] Ek sê: “O, geensins! Sodra hulle uit hulleself tot die insig kom dat hulle volkome op die verkeerde spoor is en hulle hulleself in hulle harte tot My wend, sal hulle dadelik van so `n oordeel bevry word, maar geen sekonde voor dit nie! Sebastiaan sal egter nog onder die ys van die gletsers gebring moet word, voordat hy voldoende afgekoel het, want hy het baie hoogmoed in hom en is daarnaas nog so dom, dat hy selfs sy hoogmoed as `n verdienste teenoor God beskou. Dit is moeilik om met sulke dwase vooruitgang te boek, maar ons mag, ten opsigte van hulle ons geduld, ons genade, liefde en erbarming nooit tersyde skuif nie, omdat ook hulle ons broeders is, vir wie se heil ons moet sorg.”

[7] Robert, wat ook die gevangeneming en die weglei van Sebastiaan en sy aanhang gadegeslaan het, sê: “Heer, goeie, beste Vader, vir sover my oog reik, sien ek nou alles met sneeu bedek. Op alle hoë berge van Stiermarken, Karnten, Tirol en Salzburg het `n swaar pak sneeu geval. Dit kan tog onmoontlik alles veroorsaak wees deur die verkeerde ingesteldheid van Sebastiaan?!”

[8] Ek sê: “Sekerlik nie, maar sulke dwase is daar in alle lande in groot getalle. By hierdie geeste werk dit egter soos `n elektriese verbinding: As daar een of ander gees, ook maar in die mees verborge uithoek geprikkel word, word alle geeste met dieselfde geaardheid op dieselfde oomblik geprikkel en tot besondere aktiwiteit aangepor. As dit reëlreg in stryd met My orde is, dan word sulke geeste in alle lande almal tegelykertyd gegryp en met passende middele tereggewys. Met die beter word gaan dit dan nie so gelyktydig en skielik as om geprikkel te word tot die bose nie, maar dit gaan daar dan byna net so wees, as wanneer duisend mense, wat op `n veld in gelid staan, skielik deur `n aardskok omver gewerp word. Hulle sal sekerlik almal tegelyk val, maar by die opstaan sal dit wel nie die geval wees nie. Enkeles sal dadelik weer opstaan. Ander daarenteen, wat in meerdere of mindere mate gewond geraak het, sal hulle eers na verloop van tyd weer moeisaam oprig, en enkeles, wat daarby swaar gewond geraak het, sal wel baie tyd en moeite nodig hê om op te staan; ja, sommiges sal dan soos dood bly lê. En presies so gaan dit ook met hierdie besondere oordele: Hulle word almal tegelyk gevang, maar by die vryword gaan dit anders wees, omdat dit nie van `n uiterlike mag nie, maar enkel en alleen vas van hulle eie lewenskrag afhang. 

[9] So het jy dus eensklaps alle berge vol sneeu gesien, wat `n afkoelingsdeken gevorm het vir al die driftige geeste, maar volgens die ooreenkomstige betekenis egter die sigbaar geworde krag is van die vredesgeeste. Word hierdie krag weer teruggetrek, dan smelt die mede gevange geneemde natuurgeeste weg soos water, maar die saam met hierdie natuurgeeste gevange werklike geeste, raak dan weer vry en kan doen wat hulle wil. Wend hulle hulleself ten goede, dan is dit natuurlik goed en heilsaam vir hulle, maar wend hulle hulleself weer na die bose, dan gaan dit met hulle vanselfsprekend ook weer sleg.”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205