Van die Hel tot die Hemel - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 131

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154.

Vertrek na die hemelryk uit die gerypte hart van Robert

281 Nou kom Robert na My toe en sê: “O Heer, wat sal ons nou doen? Alles wat op ons afgekom het, is tot nou toe afgehandel. Die versterkte voormalige aardse priesters en die ligblou geeste doen al vlytig wat hulle opgedra was. Ek sien geen nuwe skares meer wat ons wil benader nie. Om niks te doen nie, is byna ondraaglik vir my. Daarom vra ek U, o my God en Vader, gee my tog iets om te doen.” 

[2] Daarop sê Ek: “Vriend en broeder, werksaamheid is weliswaar die wesenlike hoofkenmerk van die gees. Af en toe is dit egter ook goed dat hy ietwat rus. Want tydens die rus herstel die uitgeputte kragte van die siel, wat `n orgaan van die gees is, vir nuwe aktiwiteite. Daarom het julle ook ietwat rus nodig, sodat julle almal weer sterk kan word vir groot, nuwe aktiwiteite in My ryk. Die Sabbat loop ten einde. Wat noodsaaklik hier besleg moes word, het ons besleg en sodoende het ons op hierdie aarde `n dagtaak volbring. Kyk net daar, in die ooste! Die bekende poort, wat jy nie kon geopen het nie, staan oop en alle vroeëre vriende verwag ons al met groot verlange. Daarom, liewe vriende, broeders en kinders, sal ons onsself gereed maak om van hierdie aardse heuwel te vertrek en deur daardie poort binne te gaan in My ryk, wat nou as `n nuwe vereniging voortgekom het uit jou hart, liewe broeder Robert-Uraniël!

[3] En aangesien ons nou almal opnuut versterk is, gaan ons in goeie orde op pad. Soos wat julle sien, hoef ons nie deur die tussenliggende dale en heuwels te trek nie. Oor die regte weg, wat Ek nou uit suiwer lig gevorm het, sal ons onsself voortbeweeg en die skynbaar ver verwyderde poort spoedig bereik. Maar jy Uraniël, as hoofeienaar en leier van hierdie vereniging, gaan voorop met jou helper en julle twee vrouens. Ek sal julle saam met die drie broeders volg. Agter My sal dan eers alle monarge en biskoppe volg en hulle sal gevolg word deur die groot volksmenigte van albei geslagte.

[4] Stel jou nou op volgens My aanwysing en betree die nuwe weg wat Ek eers vir julle en vir baie na julle gebou het. Ons seën hulle met die goeie van hierdie aarde! - En nou voorwaarts, laat dit so wees!”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205