|
Van die Hel tot die Hemel - Boek 2 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 16
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154. |
|
|
Cado kom vry en neem wraak. Die hoofman gebind in `n Sataniese helleplan
166 Ook die Fransiskaan Cypriaan kom met graaf Bathianyi en die se vriend Miklosch `n hele ent nader aan My te staan en rig hulle oë skerp op die plek van die onheil. Na `n tydjie begin hy ongevraag te spreek: “O jou afskuwelike boef Cado, deur onuitspreeklike pyn daartoe gedring, verbreek hy nou alle kettings as te ware soos swak spinnewebdrade. Hy stort hom op sy beuels soos `n woedende tier en diegene wie hy gryp, skeur hy in stukkies! Die stukke krom hulle en spring op die gloeiende bodem rond soos afgeslagte dele van `n slang. Die gloeiende troon vermorsel hy tot stof. Die spiese word vernietig en nou stort hy hom op sy aardse hoofman, wat hom verweer en die woedende Cado met `n afskuwelike stem toeroep:
[2] “Raak my nie aan nie, skurk, anders sal jy my wraak met onnoemlike felheid leer ken! Dink maar nie dat ek hier verlate en magteloos voor jou staan nie! Sodra jy my ook maar met `n vinger aanraak, sal jy deur miljoene magtige geeste omring word en aan `n foltering onderwerp word, waarby vergeleke alles wat jy tot nou toe ondergaan het, `n koel balsem was. Wil jy egter, omdat ek nou in jou wel ietwat krag ontdek het, met my `n verbond sluit teen `n ander vors, dan sal jou vergryp wat op aarde teen my begaan is, volledig kwytgeskeld word. Jy sal my intieme vriend wees en dan, as my skoonseun, my koninklike aansien volledig deel!”
[3] Cado word nou ietwat wantrouig en na `n rukkie skreeu hy nog steeds grimmig: “Ellendige duiwel, noudat jy `n proesel van my onoorwinlike mag en krag gesien het, maak jy sulke vredeliewende voorstelle aan my; waarom het jy dit dan nie gedoen, toe ek jou so argeloos en vriendelik tegemoet gekom het nie? Werklik, jy het in my `n vriend gevind met wie se hulp jy die hele skepping uit haar voeë kon ruk. Op hierdie manier het jy jou egter met my `n vyand op die hals gehaal, soos daar in die hele hel geen tweede te vinde is nie. Jy dink jy kon my vernietig, maar jy is deeglik teleurgesteld en maak, oorwonne aan my, nou vredeliewende klinkende voorstelle. Tog sal Cado geen aandag verder aan jou woorde skenk nie, maar jou honderdvoudig vergeld vir wat jy my aangedoen het!”
[4] Nou steek Cado sy hande na die hoofman uit, maar hy (die hoofman) maak `n sprong agteruit en skreeu: “Blinde esel! Ek moes dit wel aan jou doen, omdat jy hierdie krag andersins nooit sou ontwikkel het nie! Hier word geeste immers slegs deur hewige lyding gelouter en tot magtige helde omvorm, en sodoende het ek jou deur my wreed lykende behandeling maar net `n groot vriendediens bewys en nie my voorgewende dors na wraak op jou gekoel nie. Dit los ek vir jou maar net vanweë ons noue verwantskap, sodat jy hierdie krag vinnig kon bereik, waarsonder geen wese hom in die ryk kan handhaaf nie. As jy dit egter nie wil aanvaar nie, probeer dan vir my part jou lelike plan ten opsigte van my uit te voer en jy sal jou daarvan kan oortuig, dat jy nog lank nie die magtigste in hierdie wêreld is nie!”
[5] Nou staan Cado heeltemal ontsteld en sê nadat hy ietwat rondgekyk het: “Stomme kêrel van `n Bedoeïene-hoofman, as sake so staan, waarom het jy dit dan nie dadelik vir my gesê nie? Ek sal dit egter van jou, as my skoonvader, in duiwelsnaam dan maar aanvaar en aanneem dat dit so is. Maar wee jou, as ek agterkom dat jy my maar net ietwat aangepraat het! Dan sal jy nog `n miljoen keer daarvoor moet boet! Maar sê my nou net hoe die plek heet waar ons onsself nou bevind en of hier geen kastele en rykbelaaide karavane is wat ons ietwat ligter sou kon maak nie, want ons sal tog sekerlik nie ons aardse beroep hier hoef op te gee nie?”
[6] Cypriaan gaan verder: “Pragtige planne het die twee kêrels; so kon dit slegs in die onderste hel uitgebroei word!” Die hoofman dink ewe na en sê dan met geheimsinnige waardigheid: “Vriend, op aarde was ons suiwer muggievangers, maar hier het ons tot magtige leeus uitgegroei, wat baie ander planne gaan uitvoer. Jy weet dat die ou Godheid tot nou toe steeds die drukkende tirannieke oppergesag uitgeoefen het en dit deur Sy menswording nog meer versterk het. Ons, eerste geeste van die ryk van onbeperkte vryheid, het egter deur ons skerpsinnigheid die verborge swakhede van die ou Godheid ontdek. Ons sal Hom nou redelik binnekort van Sy ou troon afstoot en met Hom doen, wat jy netnou daar met jou beuls gedoen het. Dan sal ons die hele ou skepping vernietig en in haar plek `n nuwe en volkome vrye opstel. Hoe vind jy die plan?”
[7] Cado haal sy skouers op en sê: “Die plan beantwoord wel aan ons waardigheid, maar ek betwyfel ten seerste of ons ooit sal slaag, want die ou, wrede Godheid sit steeds vol groot sluheid en sien juis daar die beste, waar ons dink dat Hy ietwat blind geword het. Daarom is ek van mening dat daar van die uitvoering van die skitterende plan niks sal kom nie.”
[8] Die hoofman sê weer: “Jy is `n nuweling hier en praat nog volgens jou redelike beperkte insig. Jy het nog te aardse en verkeerde opvattings oor die Godheid en jy dig nog alwetendheid en onbeperkte aan Hom mag toe. Jy sien die Godheid nog steeds as `n ongedeelde, allesbeheersende wese, vir wie slegs die wil al volstaan om miljarde nuwe wêrelde uit Homself te skep. Dit kan Hy weliswaar, en dit doen Hy ook voortdurend omdat dit vir Hom die grootste plesier is, maar ons weet waar so `n verlange van die Godheid mettertyd sal uitdraai. Kyk vriend, die ou verswakte Godheid het armsalig kinds geword! Hy is altyd maar besig met skep en nog eens skep, hoe Sy skeppings dan ookal uitval! Het jy op aarde dan nog nie opgemerk dat die Godheid die draad kwytgeraak het nie? Hy oorlaai die bome met ontelbare blomme en het ten slotte te min materiaal om al die blomme tot vrugte te laat uitgroei. So plaas Hy ook al meer mense en nogeens mense op die wêreld. As hulle hulleself uiteindelik nie meer kan onderhou nie, dan moet Hy Sy lieflinge dan laat sterwe soos vlieë. En oral sal jy dergelike goddelike onbeholpenheid opmerk, maar jammer genoeg nie kon vermoed waarin die oorsaak skuil nie. Ons weet egter maar al te goed, hoe die Godheid steeds swakker en swakker word en ten slotte met Sy groot huishouding sal ondergaan. Sodoende is dit vir ons ook moontlik om planne te ontwerp, wat Sy ondergang noodsaaklikerwys moet bespoedig.”
|
|
|
|
|