Van die Hel tot die Hemel - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 126

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154.

Die ligbloues verbaas hulle oor die mag van die bode, sonder om sy ware wese te herken. Hoe mens en geeste hulle God voorstel en hom herken

276 Hulle, wat nou in ligblou gewade gekleed is en nie begryp hoe hulle klere so skielik kon verander nie, sê: “Vriend, dit is vreemd: Wat jy sê, dit gebeur! Jy maak `n uitspraak oor ons klere en ons kon nie eens sien wanneer hulle eintlik verander word nie. Ook ons gesindheid het heeltemal verander en baie dinge het vir ons nou volkome duidelik geword. Jy moet `n buitengewoon magtige vriend van die Heer wees. Beide die eerste vriende, wat met beide hulle vroue na ons toe gekom het, was ook wel magtig, want die krygslustige rooi menigte het die twee so teruggedrywe dat hulle ons daarna nie meer kon nader nie; maar om dinge deur `n eenvoudige woord wonderbaarlik te verander, dit is `n ander verhaal!

[2] Sê net, beste vriend, met welke buitengewone mag verrig jy so `n wonder? Kyk, op aarde glo ons nie so erg in die wonders van Christus nie, maar wel in Sy leer, wat waarlik van suiwer goddelike aard is. Nou egter word ook al Sy wonderwerke vir ons duidelik; dit is al suiwer goddelik. Ons sou ook net graag wou begryp hoe so-iets moontlik is.”

[3] Die bode sê: “Ek kan julle voorlopig geen ander verklaring gee daarvoor nie as dit: “Vir God is alle dinge moontlik!” Wie God egter bo alles liefhet en daardeur een is met God, vir die is dan netsoos vir God Self ook alles moontlik. Sê Christus nie op aarde nie: “Wat jy die Vader ookal in My Naam mag vra, dit sal vir u gegee word!” Alle mag lê enkel en alleen in die liefde. Ook die eindelose mag van God bestaan slegs in Sy onbegrensde liefde. En so kan elke gees slegs deur die liefde tot `n mag raak, wat netso groot is as sy liefde in God en vir God. Sonder hierdie liefde bestaan daar egter nóg lewe, nóg een of ander mag. Het julle dit goed begryp?”

[4] Die ligbloues sê: “Edele vriend, wie sou jou woorde nie begryp nie, hulle vloei tog soos balsem in ons harte. Ons vra jou, bring ons maar dadelik na Jesus die Heer, op die heuweltop. Ons brand van liefde en verlange om Hom te sien en miskien kan ons ook `n paar woordjies met Hom wissel... as Hy ten minste as gees net so is soos wat Hy op aarde was, naamlik vol liefde en grootste sagmoedigheid!”

[5] Die bode sê: “Maar toe Hy die kopers en verkopers uit die tempel gedryf het en die kraampies van die duiweverkopers en wisselaars omver gewerp het, was Hy nie bepaald van groot sagmoedigheid vervul nie. Ook nie, toe Hy die vyeboom wat geen vrugte gedra het nie, vervloek het en die huigelagtige fariseërs hulle skanddade voorgehou het. Wat dink julle daarvan?”

[6] Die ligbloues sê: “O vriend, toe was Hy besonder sagmoedig en toegeeflik. Ons, in die besit van Sy mag, sou baie anders huisgehou het. Die kêrels sou moes braai soos `n kalfsbout op Paassondag. Wat die vruglose vyeboom egter betref, daar gebruik die Heer Jesus tog maar net `n sinnebeeld, wat miskien wel betrekking het op die Rooms-Katolieke kerk, wat tog ook vol suiwer heidense seremonieblare sit, waaragter geen vrug te siene is nie. Dus maar na Hom toe op genade of ongenade! Hy moet Hom maar sonder meer deur ons laat liefhê!” 

[7] Die bode sê: “Wel nou, op julle verantwoordelikheid sal ons ons geluk beproef.” Die ligbloues sê: “Vooruit dan maar! Ons sal wel die verantwoordelikheid vir jou op ons neem, want ons het geen angs vir Hom nie!” 

[8] Na hierdie opmerking van die ligbloues, wat met dertig man optrek, benewens `n hele personeel bediendes, word die heuwel nou vinnig beklim. Wanneer ons bo deur die baie rye van goedaardige geeste gaan en na die welbekende ronde oop plek tussen die bome aankom, staan daar die drie apostels, die keisers en baie biskoppe, wat `n diep buiging voor ons maak. Daarop vra die ligbloues aan die vermeende bode: “Vriend, voor wie buig hierdie geeste eintlik? Miskien sien hulle al êrens vir Christus die Heer, wat ons in ons onwaardigheid nog nie kan sien nie? Toon ons tenminste die plek waar Hy vandaan kom, sodat ons onsself dadelik voor Hom kan neerwerp en Hom kan eer bewys in die stof van ons nietigheid!”

[9] Die vermeende bode sê: “Waarskynlik sal hulle die Heer sien en dadelik herken; daarom buig hulle voor Hom. Want daar is redelik baie wat die Heer sien en dikwels baie dae en dalk selfs jare lank met Hom praat, maar nie herken nie, omdat hulle hart nog blind is. Hulle sê dan ook nou: “O, as ons tog maar eenmaal die geluk sou hê om die Heer Jesus te sien, dan sou ons geen ander saligheid meer verlang nie. Ons sou ons uit die diepste deemoed voor Hom in die stof werp en Hom prys met alle Psalms van Dawid en die hoogliedere van Salomo!” Dit sê hulle die Heer in die gesig, wat hulle wel kan sien en spreek, maar nie herken nie. Hulle wag steeds op Hom, terwyl hulle tog honderdmaal vlak voor Hom gestaan het.

[10] Maar wat baat die sien alleen, as die herkenning nie daarby is nie? Die herkenning word egter meestal daarom redelik bemoeilik, omdat daar diep in die menslike hart nog soveel hoogmoed sit. Hulle vind dit moeilik om die Godheid as iets mensliker vir hulle voor te stel, omdat die Godheid volgens die gangbare mening, iets baie buitengewoon dien te wees. As Hy na die uiterlike vorm al lyk soos `n volmaakte mens, dan sou Hy tog volgens die verwagting en verbeelding van die mens, ten minste moet straal soos `n son.

[11] Die mens kan hom die Godheid slegs voorstel as iets redelik buitengewoon. Die oorsaak daarvan lê in die beskouing van die materiële wêreld met al haar verskyningsvorms, sowél wat hoeveelheid, grootte as samestelling betref. Die sterrehemel getuig van `n reusagtige groot Godwese, die son van Sy lig, die aarde van Sy mag en sterkte. Ook die pous en die geestelike verteenwoordigers van alle godsdienste verkondig Hom as iets wat die mens hom nouliks durf voor te stel. Ten slotte kom daarby nog die hoogmoed van die eie hart en die wêreldverstand, waardeur die mens hom skaam vir `n onaansienlike God, en nie graag in `n vooraanstaande geselskap die Naam Jesus uitspreek en nog minder Sy goddelikheid standvastig verdedig nie.

[12] En so kom dit dan voor, veral hier in die geesteryk, maar ook af en toe op aarde, dat die Heer Self lank omgaan met origens wyse geeste, asook met mense op aarde, maar hulle Hom om genoemde rede nie herken nie. Die mens op aarde verlang groot wonders nog meer as geeste, want kleines deug tog nie vir hulle groot God nie. As daar al sprake is van God, dan sê mens slegs: Grote almagtige God, Skepper van die oneindigheid, Bestuurder van alle wêrelde, Vader van eons”, en dergeliks meer. Wanneer Jesus, wat `n mens is, nou af en toe op aarde as `n baie gewone, wat dalk selfs lyk om met enkele swakhede behep te wees, die mens tegemoet tree, wel baie wys spreek, met hulle eet en drink, maar geen wonders verrig nie, herken niemand Hom nie, hoewel Hy beloof het om tot aan die einde van die wêreld by Syne te bly.  

[13] Selfs in die kleed van die armoede kom die Heer dikwels na Sy kinders op aarde, maar hulle herken Hom nie, omdat hulle godsbegrip te hoogmoedig is - as iemand van die adel is, laat hy dit welgeval dat iemand van `n hoër adel met sestien of meer voorvaders oor hom regeer. Plaas hom egter net onder iemand wat nie van die adel is nie; dan is dit gedaan met sy gehoorsaamheid en sy respek. So gaan dit ook met die Godheid by die van hoogmoed opgeblase mens. Het die Heer in hulle oë niks wonderbaarlik in Hom wat beantwoord aan hulle hoë eise nie, gaan daar aan Sy verskyning geen vuur, stormwind, bliksem en donder vooraf nie, dan is dit gedaan met Sy Godheid!

[14] Ja, Ek sê vir julle dat dit die Heer op aarde sedert agtien­honderd jaar reeds dikwels oorgekom het dat Hy selfs deur origens geheel op God vertrouende mense daaruit gegooi was. Daarom word dit dan ook steeds moeiliker vir die Heer om die mens op aarde te benader. Kom Hy op Sy eenvoudige wyse, dan wil niemand Hom herken nie. Wat moet mens dan doen as mens graag herken wil word?

[15] Kyk, in die hemelryk is slegs Hy die eerste en voortreflikste, wat van almal die geringste en die onbeduidendste skyn te wees. Waarom sou na so `n ewige ordening van God, Hyself `n uitsondering op hierdie reël wil maak? Vra julle nou net self af, of daar by julle, met betrekking tot julle herkenning van God, ook nie dieselfde aan die gang is nie. Julle het Christus, die Heer miskien reeds `n geruime tyd gesien, maar wil Hom nie herken nie, omdat Hy nie goddelik en vernaam genoeg vir julle lyk nie.” 

[16] Nou eers begin die ligbloues die bode ietwat aandagtiger te bekyk en sê: “Dit sal tog nie dalk Jy self wees nie? Ag, dit sou werklik baie fataal wees! As jy dit is, wat gebeur daar dan met ons sondaars? Uit jou woorde kon ons egter haas agterkom, o God, dat dit werklik so is!” 


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205