|
Van die Hel tot die Hemel - Boek 2 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 111
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154. |
|
|
Toestroming van demone en natuurgeeste. Oor die wese van die berggeeste. Jakob Lorber, aan wie die Heer deur middel van sy engel dikteer, met sy troue vriende in die gesigskring van die heilige geselskap
261 Robert vra: “Waar kom hulle dan vandaan en wat wil hulle hê? O Heer en Vader, vergewe my dat ek U voortdurend met allerlei vrae lastig val, maar ek kan werklik nie anders nie, want wat ek nou al aan verskillende wesens gesien het, grens byna aan die ongelooflike. Waarlik, hier openbaar U U mag, waardigheid en heerlikheid op `n nog nie vooraf vertoonde wyse nie! Byna oral, het U Uself, tenminste in my oë, so passief as moontlik gedra. Alles moes ons, weliswaar uitsluitlik volgens U Woord, uitvoer. Maar hier lyk ons almal egter wel soos `n kyklustige volkie, wat die kunstenaar met verwondering aanstaar sonder om hom op die een of ander manier te kan bystaan. O Heer, sê my tog hoe dit gebeur in die bergland?”
[2] Ek sê: “My beste broeder, dit kom deurdat geeste uit bergstreke, op enkele uitsonderings na, steeds `n helderder insig het as die meer afgestompte geeste van die laaglande. Hierdie baie honderdduisende geeste, wat nou om ons heen swerm, weet baie goed dat hulle hulleself in die geesteswêreld bevind en benut hierdie toestand so goed as moontlik. Hulle is weliswaar nog wel in baie bygelowige dinge verstrik, maar dit is nie erg nie, want aan die ander kant het hulle dan ook meer bevattingsvermoë en begryp `n wenk vinniger.
[3] Waar sulke grof materiële mensegeeste derhalwe voorkom, moet julle eers die weg vir My baan, omdat, op grond van My orde, die oergeestelike nooit dadelik regstreeks met die materiële in aanraking mag kom nie. En kyk, juis daar is julle dan as `n tussenskakel nodig. Hier waar die geeste baie goed weet wat hulle is, kan Ek Self dadelik op passende wyse met hulle omgaan, sonder om hulle te skaad. Soos wat die bewoners van die berge op aarde is, wat al baie soberder lewe as die onversadigbare bewoners van die laaglande, so is ook die geeste wat die berge bewoon. As hulle vir iets vra, moet `n mens hulle altyd iets gee en hulle is dan dadelik tevrede. Dit sou verkeerd wees om hulle niks te gee nie, want dit sou hulle baie verdrietig, en ten slotte weer baie onstuimig maak en hulle alle vertroue ontneem.
[4] Om dié rede gebeur dit op aarde dan ook so nou en dan dat sulke mense in bedevaartplekke een of ander genade, wat hulle afgesmeek het, ontvang. Weliswaar is die verleen van sulke genade volstrek nie nuttig nie, omdat dit die biddende maar net versterk in sy bygeloof, maar laat Ek so-iets gladnie toe nie, dan verloor hulle ten slotte alle geloof en dit sou nog erger wees. As mens slegs die keuse het tussen `n groot of `n klein kwaad, dan is dit tog beslis beter om die kleinste van die twee te kies; dink jy nie ook so nie, broeder Robert?”
[5] Robert sê: “O liefdevolle Vader, dit kan inderdaad ook gladnie anders nie. Maar wat wil die twaalf dan hê, wat gisteraand so voor halfses vanuit die stad na ons toe gekom het? Die een, wat daar in U Naam brood en wyn saamgebring het, ken ek al goed. Dit is so `n swak, aardse kneggie van U, wat opskryf wat U hom deur middel van `n engel in U Naam dikteer, maar die ander was vir my heeltemal onbekend.
[6] Ek sê: “Dit was nou juis die paar vriende in hierdie stad vir wie ons hoofsaaklik vanuit Wenen hierdie omweg gemaak het.* Kyk, hulle het My lief en het `n vaste geloof, hoewel hulle My nie kan sien nie. As Ek aan hulle sou verskyn het, dan sou hulle, uit liefde vir My, onmiddellik die lewe by die berg gelaat het. Dit mag egter nie gebeur nie, want hulle het op aarde in My Naam nog baie werk te verrig, en Ek het hulle lief en sal hulle nog `n hele tyd vir hulle voltooiing op aarde laat. *[Die name van die twaalf is: Jakob Lorber, Andreas Hüttenbrenner, Anselm Hüttenbrenner en sy ses kinders: Wilhelmine, Julie, Alexandrine, Angelikan, Peter en Felix. Dan: Cölestin Hüttenbrenner en die twee vroue: Mathilde E. en Eleonore J.]
[7] Hulle sal ons handelinge hier binnekort aan die wêreld bekend maak. Dan sal baie hulle heil daarin vind. Maar baie suiwer kinders van die wêreld sal hulle ook vreeslik daaraan vererg en sal daardeur dan ook, sowél liggaamlik as geestelik ten gronde gaan. Sulke mense sal voortaan nêrens meer `n regstreekse lig uit die hemele ontvang nie. Het jy ook die twee vroue wat daarby was, gade geslaan? Sien jy hoe hulle harte gloei?”
[8] Robert sê: “O ja, Heer en Vader, dit was werklik `n paar van die skoonhede, wat ek sedert U aardse moeder Maria, nie meer gesien het nie. Waarlik, daarby vergeleke stel my Helena en Peter se Mathilde eintlik niks voor nie. Die ander vyf was ook hemelsmooi, maar die twee was egter uitsonderlik mooi. Maar een van die vyf kon ek nie so goed waarneem nie; sy het haar gesig telkens van my af weggewend. Wie was sy dan?”
[9] Ek sê: “Dit was die aardse moeder* van die vier dogters en die twee seuns van Anselm Hüttenbrenner. Hulle is egter geen burgers van die aarde meer nie, maar is suiwer burgers van die hemel. Daarom wend sy haar gesig telkens van jou af weg, omdat haar te groot skoonheid selfs vir jou kan skaad; want sy is `n uitsonderlike mooi engel! Sy wou by hierdie geleentheid ook deelneem aan die vreugde van haar gesin en het deur My besondere toestemming ook in hierdie kring verskyn.” *[ Elisabeth Hüttenbrenner, + 29 Nov. 1848.]
[10] Robert sê: “Wat was die jong bokkies dan tog, wat daarna baie wild na hierdie hoogte gekom het en enkele minute lank rondgespring het asof die hele wêreld aan hulle behoort?” Ek sê: “Dit was `n paar onryp natuursiele, wat nog enkele gedaanteveranderings moet ondergaan, voordat hulle siele die volledige menslike vorm sal verkry. Dergelike wesens het vir ons nog geen ander betekenis as die van parasiete op die takke van vrugtebome nie. Daarom geen woord meer oor dergelike nulle van `n laer bestaan nie.”
|
|
|
|
|