Van die Hel tot die Hemel - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 43

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154.

Indiese wysheid oor Satan. Aansporing tot geduld. `n Klein plekkie word makliker skoongevee as die hele skepping

193 Cado gaan verder: “Kyk, ek het eens in `n boek oor Oud-Indiese wysheid `n baie gedenkwaardige paragraaf gevind, wat ongeveer so gelui het: 

[2] “In die oerewige wese was slegs God alleen. En die oneindigheid en ewigheid was Hyself in die helderste aanskouing van Homself. Aan Sy gedagtes en idees het geen einde gekom nie. Maar soos wat daar op `n bedompige aand tallose swerms eendagsvlieë van allerlei soort in ongebonde vryheid en sonder waarneembare orde deurmekaar vlieg, so het ook die gedagtes en idees in die Godheid af en aan gegaan, en heen en weer, maar nog het geen enkele wese hom in die eindelose ruimtes bevind nie. Slegs Sy groot gedagtes sien die eindelose Godheid in Homself in ongedwonge vryheid groot bewegings maak. Toe skei die Godheid die idee van die gedagtes en dit was `n eerste ordening in die Godheid Self. Die groot idee het Hy geleidelik aan vasgelê, slegs die gedagtes het Hy die vrye loop laat neem.  

[3] Toe die idee egter meer en meer vorm gekry het, en geblyk het dat dit nie volkome suiwer was nie, besluit die Godheid om Sy idee Self te louter en skei die suiwere van die onsuiwere. Nadat dit ten uitvoer gebring was, plaas die Godheid al die onsuiwere as te ware buite Homself, lê dit vas deur Sy almagtige wil en bring dit tot lewe deur die gees van Sy mees vrye gedagtes.

[4] En daaruit kom `n groot gees vol onsuiwerheid voort om gelouter te word deur sewe ander geeste, wat die Godheid uit Sy suiwer idees deur die mees vrye Gees van Sy gedagtes in die lewe geroep het.”

[5] “En kyk, broeder Robert, hier voor ons staan hierdie eerste, groot, onsuiwer gees, aan wie se loutering nog steeds gewerk word. Daarom moet ons nie dadelik twyfel as so-iets meer tyd verg as menige ander dinge nie. Hierdie gees is wel die onsuiwerste wat jy jou maar kan voorstel, maar te gelegener tyd sal sy in staat wees tot `n volledige suiwering. Ons mag daarom nie ongeduldig word, omdat ons makliker gelouter kan word as hierdie gees nie, want `n klein plekkie kan tog vooraf en makliker gevee word, as die bodem van `n hele wêreld. Hierdie gees is op haarself beskou die totale uitdrukking van die hele skepping, terwyl die hele aarde met al haar wesens nouliks as `n atoom van Sy eintlike wese gesien moet word. Dat `n nietige gesie eerder gesuiwer kan word as hierdie allergrootste, geskape oergees, die alomvattende begrip van al die geskapenes, sal jy netso goed kan insien as ek, maar omdat daar vir die loutering van so-iets groots meer vereis word, moet mens oor hierdie goddelike aangeleentheid ook baie goed nadink en jouself met alle geduld voeg volgens God se verordeninge. Beste vriend, hou `n bietjie rekening hiermee en jy sal jouself dan makliker na my handelswyse kan voeg. En nou na Minerva!” 


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205