|
Van die Hel tot die Hemel - Boek 2 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 18
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154. |
|
|
Magte van die duisternis. Helse boosaardigheid en hemelse waaksaamheid
168 Die Fransiskaan Cypriaan gaan enkele treë na vore om die skouspel ongehinderd te kan bekyk, maar Ek sê vir hom: “Cypriaan, jy mag die plek van die gruwels nie te naby nader nie, want dit sou `n slegte invloed op jou kan hê! Staan daarom weer `n paar treë terug; jy sal die skouspel ook vanaf jou vorige plek goed kon oorsien.”
[2] Cypriaan tree na My waarskuwing dadelik terug en sê: “O Heer, ek dank U vir U vaderlike teregwysing! Daarsonder sou ek ten slotte heeltemal daarheen getrek gewees het, wat waarlik rampsalig vir my kon gewees het. Nou begin die helse eskapades `n totaal hopelose aansien te kry. Wel verdraaid, hierdie noordelike streek kry nou `n huiweringwekkende aansien! `n Donker gapende grot open hom wyd tussen die steil wande van `n gebergte met ravyne en reuse klowe, waaruit daar `n steeds nader en duisterder wordende walm ontwikkel. Ook hoor ek `n onheilspellende gebulder soos van `n veraf woedende storm op see. O, dit begin baie bedenklik lyk! Nou sien ek heeltemal bo-op die gebergte, bokant die huiweringwekkende grot, twee engele wat baie somber en ernstig lyk. Wie kan hierdie twee engele wees?”
[3] Ek sê: “Bekyk hulle maar ietwat beter, jy sal hulle maklik herken.” Cypriaan beskou hulle nou ietwat noukeuriger en herken baie gou vir Sahariël en Robert-Uraniël. Hy wil My hulle name noem, maar Ek verbied hom met die oog op Helena, omdat haar hart te teergevoelig is om, sonder om daarop voorberei te wees, die taak van haar gemaal op so gevaarlik lykende plek met die gewenste rustigheid te kan beskou. Cypriaan begryp hierdie wenk en swyg, maar Helena, wat met haar gesig teen My bors rus, vra Cypriaan tog of hy nog nie die twee engele herken het nie. Maar Cypriaan verontskuldig hom baie verstandig: “Ja wel, maar ek het nou te veel om te sien, sodat ek geen tyd het om hulle name vir jou te noem nie. Wees maar ietwat geduldig, hulle sal tog wel spoedig hierheen kom.” Helena is daarmee tevrede en verberg haar gesig teen My bors vanweë die aangekondigde gruwelike toneel uit die hel. `n Steeds toenemende raserigheid en getier kondig aan, dat die hel weer van plan is om iets baie boosaardig uit te voer.
[4] Dié donderende gedreun geval Cypriaan egter gladnie, daarom sê hy vir My: “Maar Heer, heiligste beste Vader, waarop sal die steeds onstuimiger wordende gebulder uitdraai? Selfs die grond waarop ons nou staan, begin te bewe en omhoog te kom! En daar, waar die huiweringwekkende grot - waar nou skoksgewys vlamme met massas rookwolke uitslaan - verder lyk om uit te dy, rol nou verskriklike onweerswolke soos losgeslane groot rotsblokke langs die gebergte omlaag. Hoewel die saak afgryslik begin te lyk, bevind die helse groepie hulle nog vredig en niks boos vermoedend voor die ingang van die afskrikwekkende grot en maak nie eens aanstaltes om iets te onderneem nie. Ek vra U, Heer, sê ons tog waarop hierdie merkwaardige voorbereiding ten slotte sal uitdraai. Ek ontdek niks anders as maar meer vlamme wat uit die grot slaan nie en sien ook steeds meer digte rook uit die grot en uit ander klowe van die gebergte kom en `n gedurige opstapeling van die onweerswolke. Beide die engele op die hoogste bergtop is baie rustig en skyn hierdie ysingwekkende voorbereiding gladnie op te merk nie. Die onverdraaglike lawaai van die storm lyk asof dit nie tot hulle ore deurdring nie.”
[5] Ek sê: “My beste vriend, die hel is nooit gevaarliker en onheilspellender as wanneer hy hom uiterlik heeltemal rustig hou nie, maar innerlik daarenteen met soveel groter woede begin te raas, soos dit nou die geval is. Dien ten gevolge is ook die hemel ten aansien van die hel nooit waaksamer as wanneer hy hom na so `n drukte in die hel rustig en gelykmoedig blyk te gedra nie. Solank die hel slegs innerlik gis en raas, gryp die hemel nie in nie, maar wanneer sy mettertyd moed skep en haar woede na buite toe in werking laat stel, dan sal ook die hemel sy teenmiddele op die mees nadruklike manier aanwend. Let maar goed op hoe die hel nou listig, onder die dekmantel van uiterlike rus, opnuut wil probeer om My te vang en tot `n val te bring. As jy nou `n blik op die aarde sou werp, waarvoor jy maar net oor jou linkerskouer hoef te kyk, sal jy sien hoe die hel nou ook op presies dieselfde wyse aan die bokant besig is om dit te bewerkstellig, dat die hele aarde in `n allesvernielende oorlog gestort word. Sy sal haar voornemens ook hier en daar ten uitvoer bring, maar let dan net op, op welke manier daar dan aan haar praktyke `n einde gemaak sal word! Bekyk daarom net na hierdie uitbarsting van die hel en sy gevolge, dan sal jy maklik daaruit kan aflei, hoe alles wat hom hier nou afspeel, op ooreenkomstige wyse op aarde ten uitvoer gebring word. Kyk, die rumoer word alweer harder, die vlamme in die grot word intensiewer en die rook word selfs gloeiend. Die horde voor die grot word talryker en begin hulle na ons toe te beweeg. Nou sal dit gou losbars!”
|
|
|
|
|